Die Lewe is Nie Regverdig Nie!
Die Storie van Rut
deur Jennifer Leigh Edwards
Text Version | English | Italian
Een reënerige aand het Tim en sy suster Jane op die rekenaar in die woonkamer gespeel. Tim het sy beurt geneem en gebots met sy ruimtetuig. Toe hy probeer om nog 'n beurt te kry, het Jane uitgeroep, “Nee, Tim! Dit is nou my beurt!”
![]()
“Dit is nie regverdig nie! Jy het veroorsaak dat ek bots en daarom moet ek dit weer doen!” het Tim gesê.
“Jy doen dit altyd!” het Jane uitgeroep.
“Doen wat?”
“Jy gee altyd vir my al die skuld en neem die meeste beurte! Jy is nooit regverdig nie.”
“Wat daarvan! Jy is my suster! Die lewe is nie regverdig nie!” het Tim kwaad teruggeantwoord.
Die argument het vir 'n rukkie aangegaan, maar dit het skielik opgehou toe die deurklokkie lui. “Wie sou dit wees?” het hulle albei gewonder.
Gou het Lisa, gevolg deur Brandon en Mike binnegekom. Hulle het almal opgedaag om by hulle vriende te kom speel.
Tim het saam met Mike en Brandon na sy kamer gegaan en hulle het videospeletjies gespeel, terwyl Jane en Lisa na haar kamer toe gegaan het en met die poppe gespeel het.
Gou het Mary ook daar aangekom. Sy het by die meisies aangesluit.
Die seuns het gou moeg geword om die videospeletjie te speel en het besluit om 'n poets te bak. Hulle het hulle watergewere en skilde uitgehaal. Toe het hulle in die meisies se kamer ingegaan en hulle bang gemaak.
![]()
Al die meisies het buitentoe gehardloop met die seuns wat kort op hulle hakke hulle agterna gejaag het. Toe hulle buite was, het die seuns geen genade gehad nie en na hartelus water gespuit. Dit is totdat die watergewere se water opgeraak het. Teen daardie tyd, het Mary en Lisa 'n paar waterballonne gemaak en daar was 'n volskaalse oorlog aan die gang!
Uiteindelik was al hulle ammunisievoorrade uitgeput en die wateroorlog was verby.
Papnat en moeg het al die kinders het teruggegaan huistoe en het begin afdroog en gesels oor hoeveel pret dit was.
“Ja, maar dit sou beter gewees het as ons meer as net water gehad het om mee te veg!” het Tim gesê.
“Maar ons wil niemand seermaak nie,” het Mike geantwoord.
“Wat se pret is dit om 'n oorlog te hê en nie te wen nie?” het Tim gevra.
“Almal wen as ons pret het,” het Brandon ook sy sê gesê.
“Ja, maar dit is nie regverdig nie!” het Tim gesê.
“Wat is nie regverdig nie?” het Lisa gevra.
“Niks is nou regverdig nie,” het Tim geantwoord.
“Waarom nie?” het Lisa gevra.
“Omdat ek nie kan wen nie!” het Tim geskree.
“Maar ons almal het gewen,” het Brandon geantwoord.
“Almal kan nie wen nie! Dit moet of die seuns of die meisies wees, nie albei nie; en ons is altyd beter, sterker en vinniger as wat hulle is, so laat ons dit bewys!” het Tim geskree en kwater en kwater geword.
“Maar ons moet vriendelik en goedhartig wees en vir die pret speel,” het Mike gesê.
“Ja!” het Lisal gesê.
“Uh-huh,” het Brandon saamgestem.
“Natuurlik is dit al wat tel!“ het Jane bygevoeg.
Hulle het saamgestem dat om goedhartig en regverdig te wees, al is wat tel wanneer 'n mens saamspeel. Dit is…almal behalwe Tim. Hy verstaan steeds nie.
Na 'n paar weke waarin Tim nooit regverdig gespeel het nie en altyd gekla het, wou niemand by hom wees nie. Wanneer die res van hulle gaan speel het, het hulle opgehou om vir Tim te nooi.
Hulle het almal saamgestem dat as hy geleer het om vriendelik en goedhartig te wees en regverdig te speel, kon hy saamkom. Maar as hy nie, sou hulle hom nie toelaat nie.
Toe het Mike eendag vir hulle gevra, “Is dit regtig hoe 'n mens vriendelik en goedhartig is? Dink julle nie Jesus sou hom laat saamspeel nie?”
Hulle het almal ingestem om Mike se idee 'n kans te gee.
![]()
Toe Tim sien hoe vriendelik hulle met hom was, selfs nadat hy hulle al die moeilikheid gegee het, het hy begin om sy gesindheid teenoor sy vriende te verander. Dit was nie lank nie voor hy ook regverdig teenoor sy suster was.
Gou was daar minder woede en meer gelag by hulle almal.
![]()
Die Storie van Rut
Tydens 'n lang reis, het Naomi se man gesterf. Daarna het sy en haar twee seuns voortgegaan om in die land waardeur hulle gereis het, Moab, te woon. Naomi se seuns het getrou — een met 'n vrou genaamd Rut en die ander met 'n vrou genaamd Orpa. Hulle het almal saam in Moab gewoon vir tien jaar. Uiteindelik het altwee mans gesterf en vir Naomi, Rut en Orpa as weduwee's agtergelaat.
Naomi het toe besluit om terug te gaan na haar eie land, omdat sy gehoor het dit was geseën met volop voedsel. Naomi het Rut en Orpa saam met haar geneem. Op pad het sy vir Rut en Orpa gesê om terug te gaan na hulle eie huise.
![]()
Rut en Orpa het altwee gesê, “Ons sal saam met jou gaan.”
En Naomi het weer vir hulle gevra: “Asseblief, gaan na julle eie huise en mag God julle seën. Het ek nog seuns met wie julle kan trou?” Toe het sy uitgeroep, “Gaan asseblief en kry 'n ander huis en 'n ander man. Ek is oud en kan nie weer trou nie, maar julle is nog so jonk, so gaan!”
Na al Naomi se pleidooie, het Orpa uiteindelik geluister. Sy het haar skoonmoeder gesoen en huilend vertrek, maar Rut het steeds geweier om weg te gaan.
Naomi het toe vir Rut gesê, “Jou skoonsuster het teruggegaan na haar huis. Wil jy nie maar dieselfde doen nie?”
Rut het geantwoord, “Asseblief, moenie my vra om weg te gaan nie! Waar u ook al gaan, sal ek volg en waar u ook al bly, sal ek bly en u volk sal my volk wees en u God sal my God wees.” En sy het bygevoeg, “Waar u sterf, daar sal ek sterf, en dit is waar ek begrawe sal word. Mag God ons bymekaar hou totdat ons albei sterf.”
Toe Naomi besef het dat Rut nie van plan gaan verander nie, het sy dit aanvaar en hulle het beide saam na Betlehem gereis. Toe hulle in Betlehem aankom, het Naomi en Rut in die stad gebly vir 'n rukkie voordat hulle teruggegaan het Moab toe. Op pad terug, het hulle net buite die stad, naby die huis van 'n man genaamd, Boas, gebly.
Elke dag het Rut uitgegaan na die lande en die oorskiet are van die koring, gars en ander grane van Boas se lande opgetel. Boas was 'n vriendelike en goedhartige man. Toe hy een aand vir Rut sien koring optel, het hy vir sy maaiers gesê, “Wanneer julle die goeie graan maai, laat 'n paar are op die grond val vir die armes om op te tel.” Hy het ook vir hulle gevra, “Wie is daardie vrou? Het sy 'n man?”
Die maaiers het geantwoord, “Sy is 'n Moabitiese vrou wat saam met Naomi teruggekom het.”
Eendag kort daarna, het hy haar in die lande ontmoet en vir haar gesê, “Moenie na 'n ander land gaan om are op te tel nie, omdat daar altyd graan in my lande sal wees.” Om sy vriendelikheid en goedhartigheid verder aan haar te betoon, het hy vir haar gesê, “En wanneer jy dors is, kom haal vir jou water uit die kanne wat die manne uit my put geskep het.”
Rut het op haar knieë geval van dankbaarheid en gevra, “Waarom behandel jy my so goed? Ek is immers vir jou 'n vreemdeling.”
Hy het geantwoord, “Ek het gehoor watter goedhartigheid jy aan jou skoonmoeder betoon het sedert jou man doodgegaan het en hoe jy by haar gebly het in plaas daarvan om na jou eie huis toe terug te keer. Mag die Here jou daarvoor seën en jou 'n groot beloning gee.”
Sy het hom bedank vir sy vriendelikheid en goedhartigheid aan haar. Toe het Boas haar verras deur haar te nooi vir 'n maaltyd by sy huis. Sy het gebly vir die maaltyd. Daarna het sy vertrek en nog are in die lande opgetel soos Boas haar beveel het.
Sy het voortgegaan om are op te tel tot die aand en dit toe verwerk en huistoe geneem. Toe Naomi die groot hoeveelheid graan sien, het sy uitgeroep, “Waar het jy vandag are opgetel”
Rut het geantwoord, “In die lande van Boas.”
Naomi het God geprys en gesê, “Geseënd is die Here wat ons nie verlaat het nie!” Toe het sy verduidelik dat Boas 'n familielid van haar was.
Rut het opgewonde die storie van die dag verder vertel. “Hy het vir my gesê om naby sy werkers te bly en are op te tel in sy lande. Hy het vir my gesê om nie water te gaan haal nie, want dit sou deur sy dienaars voorsien word! Boas het my vir middagete genooi! Hy het vir my alles gegee wat ek nodig gehad het. Hy het gesê, 'Omdat ek gesien het hoe jy jou tuisland verlaat het en vir jou skoonmoeder sorg, het ek besluit om ook die Here se seën met jou te deel.'”
![]()
ONTHOU: Wees altyd vriendelik en goedhartig.
DINK!
1. Dink jy wat Tim gedoen het, was reg?
2. Moes Tim kon saamspeel?
3. Wat dink jy sou Jesus doen?
4. Sou jy dit doen?
5. Wat sal jy dieselfde doen? (Anders?)
6. Is die lewe altyd regverdig? Wat moet jy daaromtrent doen?
7. Sou jy by Tim wou wees? (Die ander?)
8. Waarom of waarom nie?PRAKTIESE TOEPASSING
Op watter maniere het Rut haar goedhartigheid bewys?
Kan jy op soortgelyke maniere goedhartigheid en vriendelikheid betoon aan mense wat jy ken?
Aan wie het Boas goedhartigheid betoon en hoe?
[Na bespreking:] Weet jy dat God ook goedhartig is? In sy groot goedhartigheid het Hy vir jou Jesus gegee sodat jy vergifnis vir al jou sondes kan kry, wat onvriendelikheid teenoor ander insluit. As jy sy goedhartigheid aanvaar en Hom as jou Verlosser aanneem, dan het jy die reg om 'n kind van God te word. Wil jy dit graag doen?
Het jy ook geweet dat goedhartigheid deel is van wat liefde is? Dit is ook een van die vrugte van die Gees. Wanneer jy goedhartig is, dan weet jy dat God in en deur jou werk.
Kies ten minste een persoon, jonk of oud, met wie jy vandag vriendelik en goedhartig kan wees. Bepaal wat jy gaan doen en gaan, maak hul dag.
'N VERS OM TE LEER
“Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar” (Efésiërs 4:32).
LAAT ONS BID
![]()
****************************************************
Liewe God, Ons dank U vir ons vriende en familie.
Help ons asseblief om altyd te onthou on vriendelik
en liefdevol teenoor hulle te wees.
In Jesus se Naam bid ons. Amen.
****************************************************KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Rut, hoofstukke 1 en 2
![]()
![]()
Ruth Will Not Let Go (online)
Traveling to Bethlehem (online)
A Picture of Ruth (online)
God Helped Ruth and Naomi (online)
Ruth & Naomi (online)
Bible Heroes Coloring Book
Ruth Gleans in the Field (online)
Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
God Cares for Me Coloring Book by Shirley Dobson
My Bible Coloring Book: Genesis to Revelation by Shirley Dobson
God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Favorite Bible Stories Coloring Book (reproducible)
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books
![]()
Ruth: A Love Story
The Adventure Bible: Ruth and Naomi, I Can Read!
Arch Books Bible Stories: Ruth and Naomi
Ruth and Naomi (Candle Little Lambs)
Legends of Faith Vol. 3: Women of God
365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)
![]()
Jigsaw Puzzle (online)
Online Fun Quiz (online)
Word Puzzles (online)
Word Search Puzzle (online)
Memory Verse Activity (online)
All About Ruth (online)
Ruth - Fill in the Blanks (online)
Bible Phrase Worksheet (online)
Crossword Puzzle (online)
Help Ruth Glean Maze (online)
Important Message from Boaz (online)
Ruth and Boaz Coded Words (online)
Ruth and Boaz Grain Maze (online)
Ruth and Boaz Printable Word Search (online)
Ruth and Boaz Spot the Differences (online)
Ruth and Boaz Word Tiles (online)
Ruth Chooses to Stay With Naomi (online)
Ruth Gleans in the Fields (online)
Ruth's Family Tree (online)
Ruth Word Search (online)
Spot the Difference (online)
Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles Sticker Books
![]()
Ruth Sunday School Craft (online)
Ruth Toilet Paper Roll Craft (online)
Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]
Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)
The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible
![]()
Donut Man: We're Following Jesus (online)
I Have Decided to Follow Jesus (online sing along)
Donut Man: I Will Give My All (online sing along)
Kindness (online sing along)
Music Machine: Kindness (online)
Ruth's Song (online Tune: Bring Them In)
Show Kindness (online)
Thy Loving Kindness (online sing along)
Try a Little Kindness (online)
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
Illustrated Songs
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids
Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
Sunday School Song Medley (online)
The Bible in a Minute (online)
25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music
![]()
Bible in Animation: Ruth (watch online)
God's Story: Ruth (watch online)
Music Machine: The Fruit Of The Spirit CD
Ruth (watch online)
Ruth and Boaz: Bible Stories for Kids (watch online)
Ruth and Naomi (story) [Audio Download]
The Book of Ruth
The Story of Ruth and Naomi (online)
The VeggieTales Show: What Would Love Do (listen online)
What's in the Bible: The Story of Ruth (listen online)
All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Resources For Parents And Teachers
Be Committed: Ruth and Esther (Warren Wiersbe)
Discussion Questions (online)
Ruth and Naomi [Eikon Bible Art Download]
Ruth Chooses to Stay With Naomi (online)
Ruth Gleans in the Fields (online)
Sunday School Teacher's Guide - Ruth & Naomi (online)
Thru the Bible Commentary: Ruth (J. Vernon McGee)
Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)
FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide (online)
52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me
God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs
Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles
Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings
Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry
Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know
Children's resources (online)![]()
Copyright © 2024 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.Permission is granted to reproduce this page
for ministry purposes only. Not for resale.
Free Bible Stories!
To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at
You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.
AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.htmlWebmaster
Last updated December 2, 2024
Pictures Courtesy of Free Bible ImagesWelcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources * Donate