MOSES en die Brandende Bos
Wat Nie Uitgebrand Het Nie
deur Linda Sue Pochodzay Edwards
Text Version | English | Italian
![]()
Justin se vriende het rondom hom vergader terwyl hy 'n helder, blink nuwe munstuk opgehou het. “Ek kan hierdie munstuk laat verdwyn! Kyk net!” het hy vol bravade gesê. Nie een van die ander seuns het regtig geglo dat hy die munstuk kon laat verdwyn nie, maar hulle wou almal graag sien wat hy sou doen.
Die groep het stil geword toe Justin 'n klein sakdoekie uit sy sak gehaal het. Hy het dit sy towerdoek genoem. Hy het die muntstuk in die een hand gehou en die towerdoek in die ander, het hy vir die seuns, “Ek gaan 'n paar towerwoorde sê en ek wil hê julle moet agter my aansê. Dan sal ek die muntstuk laat verdwyn.” Party van die seuns het gegiggel en sommige het gelag, maar hulle het almal saamgespeel en herhaal, “Akra-ka-dabra; muntstuk verdwyn!”
Hy het sy hand oopgemaak en die munstuk was inderdaad weg. Hy het toe die sakdoek uitgeskud om te bewys dat die muntstuk nie daarin weggesteek was nie. Die seuns het op die grond gekyk of hy dalk die munstuk laat val het, maar hulle kon dit nie kry nie. Hulle kon nie hulle oë glo nie! Hulle was heeltemal verstom! Dit het gelyk of Justin regtig die muntstuk laat verdwyn het! Die seuns het hom gesmeek om vir hulle te vertel hoe hy dit gedoen het, maar hy het geweier. “'n Towenaar vertel nooit sy geheime nie,” het hy geantwoord. Die meeste van die seuns het opgehou vra en ander speletjies gaan speel, terwyl hulle steeds gewonder het hoe Justin dit gedoen het.
Jason, wat Justin se beste vriend was, wou nie moed verloor nie. “Ag, kom nou! Jy moet vir my vertel hoe jy dit gedoen het,” et hy gesmeek. “Ek is immers jou heel beste vriend.”
Uiteindelik het Justin gelag en sy hand in sy mou gesteek en die nuwe munstuk uitgehaal. “Hier is dit!” het hy uitgeroep. “Jy het nie gedink ek het dit regtig laat verdwyn nie, het jy? Dit was net 'n truuk!” Die twee seuns het gelag en die res van die middag saam geniet.
Die Bybel vertel vir ons van 'n man genaamd Moses, wat iets so wonderliks gesien het, dat hy skaars sy oë kon glo! Maar wat Moses gesien het, was NIE 'n truuk nie. Dit was 'n WARE wonderwerk! Trouens, hy het DRIE wonderwerk alles in dieselfde dag gesien!
![]()
Baie lang jare het verbygegaan sedert die Prinses van Egipte die mandjie-boot uit die water uitgehaal het en die baba Moses huistoe geneem het om saam met haar in die paleis gaan te bly. Moses het grootgeword en 'n groot, sterk man geword. Hy het gekies om die paleis te verlaat en toe 'n pragtige vrou getrou en het kinders van sy eie gehad.
Dit het gelyk of die lewe goed was vir Moses en sy familie. Hy het in Midian gewoon naby sy skoonvader en sy werk was om die skape op te pas. Elke dag het hy seker gemaak dat die skape oorgenoeg goeie groen gras gehad het om te eet en vars water gehad het om te drink. Elke aand sou hy op 'n sekere manier roep en al die skape sou hulle ore spits en rondom hom bymekaarkom. Moses sou sy skape tel en hulle by die naam noem. Hy het elkeen versigtig ondersoek. As daar enige beserings of sere was, het hy presies geweet wat om te doen om dit te help genees. Hy was 'n baie goeie skaapwater.
Eendag, terwyl Moses die skape opgepas het naby Berg Horeb, het hy 'n lig sien skitter in die verte. “Hmm,” het hy gedink. “Dit is baie vreemd. Wat kan dit wees?”
Omdat 'n herder nooit sonder sy stok en sy staf wou wees nie, het hy een in elke hand opgetel en nader na die lig geloop. Terwyl hy gekyk het, kon hy sien dat daar 'n bos aan die brand was. Dit was vreemd, maar nog vreemder was dat daar net vuur was, maar geen rook nie en hoewel die bos aan die brand was, was dit steeds groen en het nie swart geword of uitgebrand nie. 'n Baie verbaasde Moses het omgedraai en nog nader geloop, toe hy skielik 'n stem hoor.
Die stem het sy naam geroep . . . maar die stem het nie van 'n mens gekom nie. Daar was nie ander mense nie. Die stem het gekom uit die bos wat gebrand het . . . maar, natuurlik, het die bos nie gepraat nie. Die stem wat Moses gehoor het, was eintlik die stem van die Here wat hom geroep het en vir hom gesê het, “Moses... Moses.”
Moses het teruggeantwoord, “Hier is ek. Ek luister.”
Die stem van die Here het gesê, “Stop! Moenie nader kom nie! Trek jou skoene uit! Die plek waarop jy staan, is heilige grond.” Moses het gedoen wat hom beveel is en hy het aangehou luister. Hy het die stem hoor sê, “Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob.”
Toe Moses hierdie woorde hoor, het hy sy gesig toegemaak, want hy was bang om na God te kyk.
Die Here het voortgegaan om met Moses te praat en hom vertel van Sy plan om al die mense van Israel uit Egipte te lei en vir hulle hul eie land te gee, waar hulle nie meer slawe sou wees nie. Dit sou 'n pragtige land wees met alles wat hulle sou nodig hê om gesonde, gelukkige lewens te geniet.
![]()
Dit het alles na 'n goeie plan geklink en dit WAS 'n baie goeie plan, want dit was God se plan. Maar toe die Here vir Moses vertel het dat Hy HOM wou gebruik om die leier van die mense te wees en met Farao, die koning van Egipte, te praat, het Moses bang geword en begin verskonings maak.
Na 'n baie lang gesprek met die Here wat beloftes gemaak het en Moses wat verskonings gemaak het, het die Here vir Moses gevra, “Wat is in jou hand?”
“'n Stok,” het Moses geantwoord.
Toe beveel die Here vir Moses, “Gooi dit op die grond.” Moses het sy stok op die grond gegooi. Verskrik het hy agteruit gespring en begin weghardloop. Die STOK het in 'n SLANG verander!
![]()
Die Here, was nie van plan om Moses te laat weghardloop nie. Hy het vir Moses gesê, “Tel dit aan die stert op.” Moses het versigtig vooroor gebuk en die stert van die slang opgetel. Toe hy dit doen, het die slang terug verander in sy stok! Wat 'n wonderwerk — die TWEEDE wonderwerk van die dag!
![]()
Maar die Here was nog nie klaar met Moses nie. Hy het toe vir Moses beveel om sy hand in sy hemp te steek. Natuurlik het Moses gehoorsaam. Toe hy sy hand uit sy hemp uithaal, was hy verskrik om te sien dat sy hand melaats was en wit geword het. Die Here het Moses beveel om weer sy hand in sy hemp te steek, so hy het dit gedoen. Hierdie keer toe hy sy hand uithaal, was hy baie bly dat dit weer normaal was. Dit was die DERDE wonderwerk van die dag.
Die Here het 'n doel gehad vir die wonderwerke wat Hy gedoen het. Hy het vir Moses gesê dat as die volk van Israel nie geglo het dat hy deur God gestuur was nie, was hy veronderstel om sy stok neer te gooi en dit sou in 'n slang verander. As hulle hom steeds nie geglo het nie, moet hy sy hand in sy hemp steek en dit melaats maak en dit dan weer gesond maak. As hulle STEEDS nie geglo het nie, moes hy opstaan en 'n beker water uit die rivier neem en dit op die grond gooi en die water sou in bloed verander.
Nadat Moses die brandende bos wat nie uitgebrand het nie en die stok wat in 'n slang verander het en sy eie hand wat melaats en toe weer gesond geword het, gesien het, was Moses steeds nie seker dat hy die werk kon doen wat die Here hom beveel het om te doen nie. Hy het 'n verskoning gemaak by die Here en gesê dat hy nie 'n goeie spreker was nie en dat hy nie gedink het hy kon met die koning van Egipte praat nie. Die Here het ingestem dat hy sy broer, Aäron kon saamneem sodat hy die praatwerk kon doen.
Die gesprek met die Here het tot 'n einde gekom en Moses het teruggegaan om met sy skoonvader te praat. Hy het toestemming gevra om sy werk as herder te los en na Egipte terug te keer. Hy en sy vrou het hulle besittings opgepak, hulle diere gereed gekry en saam met hulle kinders, het hulle die lang reis na Egipte begin om deel te wees van God se plan om die volk van Israel uit slawerny te verlos en vir hulle hul eie, spesiale land te gee.
![]()
DINK!
1. Watter werk het Moses in Midian gedoen?
2. Watter werk wou die Here hê moes Moses doen?
3. Wat was die drie wonderwerke wat Moses gesien het?
ONTHOU!
God het 'n plan vir jou, net soos Hy vir Moses gehad het.
'N VERS OM TE LEER:
“Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee” (Jeremia 29:11).
PRAKTIESE TOEPASSING
Kan jy aan 'n paar dinge dink wat Moses geleer het toe hy sy skoonpa se skape opgepas het? Hy het byvoorbeeld nie net geleer hoe om skape op te pas, om op te let wanneer hulle siek word, wanneer hulle wegraak, of waarheen om hulle te neem vir weiding en water in die woestyn nie, maar hy het ook geleer om hulle vertroue te wen en om baie geduld te hê. Hy het ook geleer om God se stem te herken en om gehoorsaam te wees aan Hom. Dink jy dat wat hy geleer het hom gehelp het om die Israeliete met al hulle besittings en diere deur die woestyn te lei?
Het jy of jou gesin 'n troeteldier of ander diere? Moet jy help om hulle te versorg? Of is daar ander werkies in die huis wat jy moet doen, soos om jou kamer skoon te maak of die gras te sny of die skottelgoed te was? Hoe getrou is jy daarin om jou huiswerk te doen?
[Na bespreking:] God wil hê dat jy altyd getrou moet wees in hierdie dingetjies, sodat Hy groter en groter dinge aan jou kan toevertrou. Hy wil hê dat ons alles moet doen asof ons dit vir Hom doen.
Laat ons 'n oomblik in gebed neem en die Here vra om ons te help om gehoorsaam en getrou te wees in alles en om ons te help om Hom te vertrou om nog groter dinge in ons lewens te doen, sodat ons getroue getuies van Hom kan wees in woord en in daad.
LAAT ONS BID:
![]()
****************************************************
Liewe Here, ek is bly dat U 'n goeie plan
vir my lewe het en dat U weet wat die beste vir my is.
Help my om te leer om na U te luister en U te gehoorsaam.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************
KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Exodus 3:1-4:20
BIBLE STORY ARCHIVE
www.childrenschapel.org/bibstory2.html
![]()
Moses takes off his shoes (online)
Moses and the Burning Bush Coloring Page (online)
Moses' Rod Turns to a Snake Coloring Page (online)
Moses and the Burning Bush (online)
Burning Bush Coloring Page (online)
Moses Coloring Pages (online)
Ministry to Children: Moses and the Burning Bush Coloring Page (online)
Bible Heroes Coloring Book: Moses
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles
Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
God Cares for Me Coloring Book by Shirley Dobson
God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Favorite Bible Stories Coloring Book (reproducible)
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books
![]()
Jigsaw Puzzle
Word Search (online)
Fill in the Blanks (online)
Crossword Puzzle (online)
Decoder (online)
Life of Moses Bingo Game
Moses and Exodus Games and Puzzles (online)
Moses (Exodus) Printable Worksheets (online)
Moses Game Board (online)
Moses Trading Cards (online)
The Burning Bush (online)
Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles Sticker Books
![]()
Burning Bush Name Tags (online)
How to Make a burning bush without using fire (online)
Moses and Exodus Crafts (online)
Moses and the Burning Bush Craft (online)
Sermon4Kids: Moses and the Burning Bush Craft (online)
10 Minutes of Quality Time: Moses and the Burning Bush Craft (online)
Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]
Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)
The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible
![]()
Good and Evil: The Bible As Graphic Novel
HOBC Bible Big Book: Moses
Kingstone Bible Series: Moses Comic Book
Moses and the Burning Bush Sermon for Kids (online)
Moses and the King (I Can Read)
Moses and the Long Walk
Moses' Big Adventure: Lift-the-Flap
Moses' Dry Feet
Moses/John Flip-Over Book
Moses God's Brave Servant
Moses the Shepherd: Chosen by God
Moses the Traveler: Guided by God
365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)
![]()
Bible Comes Alive Volume 1 Your Story Hour CD
God Speaking to Moses from the Burning Bush (watch online)
Greatest Heroes: The Story of Moses (watch online)
Let My People Go! The Story of Exodus Superbook DVD
Moses Prince of Egypt: The Burning Bush Scene (watch online)
My First Bible: Moses and the Burning Bush (watch online)
The Greatest Adventure Stories from the Bible: Moses (watch online)
What's in the Bible: Way Back in the Bible (watch online)
All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
![]()
Burnin' Bush (online)
Have Thine Own Way, Lord (online)
Here Is My Life, Lord (online)
I Surrender All (online)
I Want to Be a Worker for the Lord (online)
Moses and the Burning Bush (watch and sing along)
Moses and the Burning Bush Sheet Music (online)
Moses and the Burning Bush MP3 (listen online)
Moses Songs (online)
Signs for Moses (watch and sing along)
What's in the Bible:
Chuck Waggin Sings The Exodus Song (watch online)
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
Illustrated Songs
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids
Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
Sunday School Song Medley (online)
The Bible in a Minute (online)
25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music
RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS
LIFEPAC: The Story of Moses
Burning Bush Group Activities (online)
God Speaks With Moses (online)
Moses and the Desert story ideas (online)
Moses and the Burning Bush resources (online)
The Burning Bush activities (online)
The Call of Moses (online)
The Story of Moses for Kids (online)
Trueway Kids: Burning Bush Bible Lesson (online)
Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)
FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide (online)
52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me
God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs
Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles
Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings
Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry
Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know
Children's resources (online)
![]()
Copyright © 2024 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.Permission is granted to reproduce this page
for ministry purposes only. Not for resale.
Free Bible Stories!
To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at
You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.
AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html
Webmaster
Last updated August 6, 2024
Pictures Courtesy of Free Bible Images
Welcome! *
What's Here *
Bible Stories
E-Mail Us *
Around the Piano *
4 Things
Events *
Children's Chapel *
Adult Chapel
Missing Link *
Links *
Resources *
Donate