'n Arm Man Met 'n Magtige Roeping (Deel 1)
Deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas
Text Version | Arabic | English | Italian
'n Bybelstorie oor Gideon
Dertienjarige Yasha het deur die venster gekyk na die reën. Hoe geseënd was hulle met soveel druppels water wat uit die hemele val en damme en riviere vol maak en water voorsien vir die stad waar sy woon. Sy kon nie help om nie te dink aan 'n ander stad, amper 1,600 kilometer ver weg wat 'n ernstige droogte beleef het en die inwoners gedwing het om water baie spaarsamig te gebruik.
Terwyl sy gewonder het wat sy kon doen om te help, het sy 'n plan beraam, maar gedink, “Sal hulle ooit vir my luister? Ek is net 'n leerling; my familie is nie ryk nie; ek is nie een van die gewilde kinders in die skool nie en ek kry nie die hoogste punte in die klas nie. Sal my plan ooit werk?”
Sy het al haar twyfel afgeskud en vroeg die volgende oggend, het sy al haar moed bymekaargeskraap en na die skool se maatskaplike hoof gegaan om haar plan voor te stel. “Meneer,” het sy gesê, “As elke leerling by die skool net een gefiltreerde en geseëlde bottel water saambring, kan dit na die droogte geteisterde stad gestuur word om die dors van baie kinders te help les.”
Die skool se maatskaplike hoof het gedink Yasha se plan was briljant. Hy het nog meer opgewonde geraak toe hy die prinsipaal daarvan vertel het. Daarna, het hy al die leerlinge byeengeroep en hulle van Yasha se plan vertel. En, prys die Here, die volgende dag, het elke student hulle deel gedoen deur en het 'n geseëlde bottel vol kristalhelder drinkwater skooltoe gebring om weggestuur te word na dors kinders amper 1,600 kilometer ver weg.
![]()
Eendag, in die tyd van die rigters, het Gideon koring met die hand uitgewan in die bodem van 'n diep parskuip op sy pa Joas, se plaas. Hy durf dit nie gewaag het om die kaf van die koring te skei op die manier wat hulle dit gewoonlik gedoen het nie, want hy was bang dat hulle vyande, die Midianiete, hom sou sien en die klein bietjie van die oes wat hulle oorgehad het, sou kom plunder.
Terwyl hy gewerk het, het die woorde van God se profeet, wat deur die land gereis het, in sy ore weerklink. Die profeet het gesê, “Die Here God van Israel het julle uit slawerny uit Egipte gelei en julle vyande voor julle verdryf om vir julle hierdie land te gee. Hy het vir julle gesê om Hom alleen te aanbid en nie die afgode van enige ander nasie te aanbid nie, maar julle wou nie luister nie!”
Gideon het geweet die profeet was reg, want selfs sy eie pa het hout afgode reg langsaan sy huis gebou. Dit was geen wonder dat God hulle oorgegee het om geteister te word deur hulle afgodedienaar vyande nie. Hierdie vyande, die Midianiete, die Amalekiete en ander nasies was so wreed dat die kinders van Israel na die berge gevlug het. Daar het hulle honger, bang en hulpelose lewens gelei in grotte en lêplekke van diere omdat hulle vir daardie reisende rowers moes wegkruip.
Die Midianiete sou aangery kom met kamele, te veel om te tel, en dan die gewasse van Israel vernietig en niks oorlos vir vir die kinders van Israel om te eet nie, en dan sou hulle ook nog al hulle skape, osse en donkies steel en hulle daardeur baie arm maak. Dit het so aangegaan vir sewe jaar lank. Maar uiteindelik was daar hoop omdat die kinders van Israel begin het om te luister en tot die Here hulle God uit te roep om hulp.
Toe Gideon klaar was om die koring uit te wan, het hy eers by die put uitgeloer om seker te maak daar was geen vyande naby nie. Toe skielik, het hy teruggeduik in die put, want hy het die figuur van 'n man onder die akkerboom daar naby gesien. Hy het al sy moed bymekaar geskraap en weer versigtig oor die rand van die put geloer. Die vreemdeling het nie gelyk soos iemand wat hy geken het nie, maar dit het ook nie gelyk of hy 'n vyand was nie, en daar het Gideon besluit om uit die put te klim, graaf in die hand, gereed om homself te verdedig as hy moes, en hy het die vreemdeling tegemoet geloop.
Terwyl Gideon nader gekom het, het die Vreemdeling omgedraai en gesê, “Magtige kryger, die Here is met jou!”
Gideon was geskok en verward, “Maar Meneer,” het hy gesê, “As die Here met ons is, waarom gebeur al hierdie slegte dinge aanhoudend met ons? Ons voorvaders het vir ons vertel van al die wonderwerke wat God gedoen het toe Hy ons uit Egipte gelei het. Waarom laat Hy toe dat die Midianiete ons vernietig?”
Die Vreemdeling het nie Gideon se vraag beantwoord nie, want in sy hart het Gideon reeds geweet het dat die antwoord dieselfde sou wees as wat die profeet gesê het. In plaas daarvan, het die Vreemdeling vir hom gesê, “Ek sal jou sterk maak! Gaan verlos Israel van die Midianiete! EK IS stuur jou!”
![]()
Gideon was uit die veld geslaan, “Maar Meneer, hoe kan ék Israel verlos? My familie is die armste in die hele stam van Manasse. Boonop is ek die geringste lid in my hele familie!”
Die Vreemdeling het geantwoord, “EK IS sal met jou wees en jy sal die Midianitiese hordes gou-gou verwoess!”
Gideon het stil gewonder, “Hoe weet ek dat hierdie Vreemdeling werklik God is wat met my praat? Hoe weet ek ek gaan nie my lewe waag vir 'n leuen nie?”
Toe het Gideon vir die Vreemdeling gevra, “Meneer, as U my werklik gaan help, doen dan een of ander wonderwerk om dit te bewys! En ook, sal U asseblief hier bly totdat ek vir U 'n geskenk bring?”
“Reg so,” het die Vreemdeling geantwoord, “Ek sal hier bly totdat jy terugkeer!”
Gideon het hom huistoe gehaas om 'n jong bokkie te braai en van 'n bak meel ongesuurde brood te bak. Toe alles gaar was, het hy terug gehaas na die Vreemdeling met die braaivleis in 'n mandjie, die ongesuurde brood en 'n pot sous. Hy het sy geskenk naby die Vreemdeling neergesit.
Toe sê die Vreemdeling vir Gideon, “Sit die vleis en die brood daar op daardie rots en gooi die sous daaroor uit.”
Gideon het presies gedoen wat die Vreemdeling vir hom gesê het. Toe het die Vreemdeling sy staf uitgesteek en, tot Gideon se verbasing — net toe hy die vleis en brood met sy staf aanraak — het 'n vuurvlam uit die rots opgevlam en die laaste krieseltjie kos verteer. Terselftertyd, het die Vreemdeling in die niet verdwyn en kon nêrens gevind word nie.
Gideon het nou besef wie daardie Vreemdeling moes gewees het en vreesbevange dat hy kon doodgaan, het hy uitgeroep, “Sowaar! O Here God! Ek het die Engel van die Here van aangesig tot aangesig gesien!”
Maar toe het hy die stem van die Here vir hom hoor sê, “Vrede vir jou! Moenie bang wees nie. Jy sal nie sterf nie!”
Gideon was so verlig om daardie woorde te hoor, dat hy dadelik 'n altaar vir die Here gebou het en toe noem hy dit, “Die Altaar van Vrede met die Here.”
Nou het Gideon verseker geweet dat die Here met hom was. Hy het geweet dat die Here hom 'n doelwit gegee het, maar hoe presies hy dit moes uitvoer, sal ons in die volgende storie moet uitvind.
![]()
ONTHOU!
Dit maak nie saak of jy ryk of arm, sterk of swak, oud of jonk is nie. Die Here kan jou gebruik as jy 'n gewillige hart en 'n nederige gees het.
DINK!
1. Waarvoor was Gideon geroep?
2. Wat het Gideon in die parskuip gedoen?
3. Waarom het hy weggekruip?
4. Wie het onder die akkerboom gesit?
5. Waarom het die Engel van die Here Gideon dapper genoem?
6. Watter wonderwerk het plaasgevind?
7. Wat het Gideon die altaar wat hy gebou het genoem?
'N VERS OM TE LEER
“En die Engel van die HERE het aan hom verskyn en
vir hom gesê: Die HERE is met jou, dapper held” (Rigters 6:12).
ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER:
“Want dit is God wat in julle werk om te wil
sowel as om te werk na sy welbehae”
(Filippense 2:13).
“Want ons is sy maaksel, geskape in Christus
Jesus tot goeie werke wat God voorberei het,
sodat ons daarin kan wandel”
(Efésiërs 2:10).
PRAKTIESE TOEPASSING
Watter verskonings het Gideon gemaak by God? Wat is jou verskoning? Wil jy graag dapper wees en genoeg geloof hê om God se wil sonder verskonings te doen? Hoe kan u die moed en geloof vind wat jy nodig het?
[Na bespreking:] Gideon het gedink hy en sy gesin was te arm en nie belangrik genoeg vir God om hom aan te stel as die een wat Israel van red die nare Midianiete. Hy was nie eers seker of dit regtig God was wat met hom gepraat het nie.
Miskien voel jy te jonk, te klein, te arm of te bang en onseker om die wil van God te doen. Gee jou vrees aan God oor. Vertrou Hom om vir jou die geloof en moed te gee om dapper te word. God het in sy woord belowe om jou alles te gee wat jy nodig het om sy wil te doen.
LAAT ONS BID
![]()
****************************************************
Hemelse Vader, dankie dat U my kan gebruik of ek
nou ryk of arm, sterk of swak, slim of nie so slim is nie.
Help my om 'n gewillige hart en 'n nederige, maar dapper gees te hê.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************
KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Rigters 6:1-24
![]()
![]()
Gideon was afraid coloring page (online)
Gideon memory verse coloring page (online)
Bible Heroes: Gideon Coloring Book
Color by number (online)
Draw the Scene (online)
Gideon coloring page (online)
Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books Children's Bible Coloring Books
![]()
Jigsaw Puzzle (online)
Crossword puzzle (online)
Cryptogram (online)
Double puzzle (online)
Fill In the Blanks (online)
Maze (online)
Word Search (online)
Fear in a Hat game (online)
Gideon Activities Ages 3-5 (online)
Gideon Activities Grades 1-3 (online)
Gideon Activities Grades 4-6 (online)
Gideon Take Home Paper (online)
God Sends Gideon Fear Factor Game (online)
Matching Game (online)
Memory Verse Activity (online)
Sense how you feel: Imagine you are Gideon (online)
The Calling of Gideon (online)
What Did Gideon Do? Decoder Puzzle (online)
Word Scramble (online)
Worksheet (online)
Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles Sticker Books
![]()
Angel Crafts (online)
Angel Pen or Coin Holder (online)
Cube Craft (online)
Gideon Craft Ideas (online)
God Helped Gideon Craft (online)
Mighty Man of Valour Craft (online)
Scissors Skill Torch Craft (online)
Toilet Paper Roll Craft (online)
Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]
Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)
The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible
![]()
Giddy-Up, Gideon - Split Track [Music Download]
Gideon Had the Lord (online)
God Is With Us (online - scroll way down)
I Can Be Your Friend, VeggieTales Sing-Alongs DVD
Let Your Light Shine (online)
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids
Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
Sunday School Song Medley (online)
The Bible in a Minute (online)
25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music
![]()
God Provides Victory through Gideon
Heroes of Faith: Gideon (online)
Kingstone: Judges 2 Comic Book
Moody Bible Stories: Gideon (read online)
Walls, Brawls, and the Great Rebellion - eBook
365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)
![]()
Adventures in Odyssey® 461: B-TV: Obedience [Download]
Bible Comes Alive: Your Story Hour Vol. 2 Audiobook on CD
Bible on the Go Vol. 13: The Stories of Gideon and Samson
(Judges 6-8, 13, 16) - Unabridged Audiobook [Download]
Bugtime Adventures: Scare Tactics (Gideon) (watch online)
Gideon brings a meal to the angel (watch online)
Gideon: God's Unlikely Choice (watch online)
Gideon hiding from the Midianites (watch online)
Gideon: Tuba Warrior, VeggieTales DVD
Gideon Video Story Signed for the Deaf
God Loves You Very Much, DVD
Holy Tales: The Call of Gideon Animated (watch online)
Moody Bible Stories: Gideon (watch online)
Mr. Phil Show with Phil Vischer: Season 2 Premiere (watch online)
Read and Share DVD Bible Volume #4
Samson and Gideon DVD
Superbook: Gideon, DVD
The Lord is with you (watch online)
The Outrageous Bravery of Gideon as Told by Kids (watch online)
All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs
Resources for Parents and Teachers
Jesus Was the Angel of the Lord (online)
The Calling of Gideon (online)
The Story of Gideon Leader's Guide Grades K-1 (online)
The Story of Gideon Leader's Guide Grades 2-3 (online)
The Story of Gideon Leader's Guide Grades 4-5 (online)
The Story of Gideon and his 300 Sodiers (online)
The Sword of Gideon (online)
Who Was Gideon? (online)
Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)
FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide (online)
52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me
God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs
Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles
Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings
Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry
Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know
Children's resources (online)
![]()
Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.
Free Bible Stories!
To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at
You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.
AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html
Webmaster
Last updated September 4, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images
Welcome! *
What's Here *
Bible Stories
E-Mail Us *
Around the Piano *
4 Things
Events *
Children's Chapel *
Adult Chapel
Missing Link *
Links *
Resources