Jou Wens Is Toegestaan!
Deur Linda Sue Pochodzay Edwards
Text Version | English | Italian
Lara het in die middel van die sirkel gestaan met haar oë geblinddoek. Dit was haar beurt om in die rondte te tol, om en om. “Pens . . . pens . . . WENS!” het sy opgewonde geskree toe sy opgehou draai en na Jimmy gewys het.
Nadat hy gewens het vir 'n nuwe fiets, het Lara die blinddoek om sy kop vasgemaak en dit was sy beurt om in die rondte te tol. “Pens . . . pens . . . WENS!” Jimmy het na Dawn gewys.
Almal het geweet waarvoor Dawn gaan wens, omdat sy altyd vir dieselfde ding gewens het. Hulle het almal gegiggel toe hulle saam met Dawn geskree het, “EK WENS EK HET 'N HONDJIE GEHAD!”
Natuurlik het al die kinders geweet dat hulle wense nie waar sou word nie, maar hulle het sekerlik 'n heerlike tyd gehad om die speletjie saam te speel!
![]()
Koning Dawid het die Here baie liefgehad en was 'n wonderlike koning oor die volk van Israel, maar hy het baie oud geword en het geweet dat hy nie meer lank gehad het om te lewe nie. Hy het vir sy vrou, Bátseba gesê, “Roep vir Sadok die priester en Natan die profeet en Benája om my te kom spreek.”
So sy het . . .
. . . en hulle het gekom.
Dawid het vir hulle opdragte begin gee.
“Laat my seun Salomo ry op my eie muil.”
“Sadok! Natan! Julle moet Salomo salf as die volgende Koning van Israel.”
“Die musikante moet hulle trompette blaas en die mense moet uitroep: ‘GOD SEËN KONING SALOMO!’”
“Dan moet julle Salomo volg in die paleis in waar hy op die troon sal sit.”
HOE OPGEWONDE was die manne nie! Dit sou 'n optog soos geen ander wees nie! Hoe trots en bly was hulle dat hulle gekies om die planne uit te voer. Hulle het vinnig rondgeskarrel om die reëlings vir die groot parade te tref.
Die musikante het bymekaargekom om hulle trompette te blaas op net die regte oomblik.
Daar was 'n oproer van geraas en gelag soos wat die skare in die strate bymekaargekom het, met die hoop om 'n kykie te kry van die nuwe koning as hy verbygaan.
Die mense het op die toppunt van hulle stemme geskree: “GOD SEËN KONING SALOMO! GOD SEËN KONING SALOMO!”
Sadok die priester het Salomo gesalf met olie en hom Koning van Israel verklaar.
Die mense het gesing, musiekinstrumente gespeel en met groot blydskap gejuig. Die geraas was SOOOOOO HARD, dat dit geklink het of die grond vibreer. Die partytjie in die strate het tot diep in die nag geduur. Wat 'n jubelende dag was dit nie!
![]()
Gedurende die weke wat gevolg het, het Koning Salomo baie tyd deurgebring om by sy vader te leer. Dawid het Salomo beveel om na sy raadgewers te luister. Hy het vir hom belangrike lesse geleer hoe om die volk te regeer. Maar die belangrikste van alles, Dawid het vir Salomo geleer om die Here lief te hê en God te aanbid.
Salomo wou 'n goeie koning wees en daarom het hy baie noukeurig geluister na die woorde van sy vader. Hy het geleer om die Here met sy hele hart lief te hê.
Koning Salomo het toe gereis na 'n plek genaamd Gibeon om God te aanbid en sy offergawes te bring. Terwyl hy daar was, het GOD in 'n droom aan hom verskyn daardie nag. God het vir Salomo gesê om vir ENIGIETS WAT HY WOU HÊ te vra en Hy sou dit vir hom gee.
Salomo het met die Here gepraat oor hoe sy vader Dawid 'n regverdige man was en hoe die Here hom geseën het en hom genadig was. Salomo het vir die Here gesê dat hy ook regverdig wou wees en die volk van Israel op 'n goddelike manier wou regeer net soos sy vader dit gedoen het.
Toe . . . het Salomo vir die Here gesê wat die een ding was waarvoor hy gewens het.
Salomo het die Here gevra om vir hom WYSHEID te gee. Hy wou 'n WYSE koning wees en wou goeie besluite maak. Hy wou billik en eerbaar teenoor die mense wees oor wie hy regeer het. En bo alles, wou hy regverdig wees.
God was BAIE BLY oor Salomo se versoek. Trouens, God het vir Salomo selfs baie meer gegee as waarvoor hy gevra het. God het vir Salomo gesê, “Jy het vir wysheid gevra in plaas van ander dinge en Ek sal dit vir jou gee. En . . . omdat jy nie selfsugtig was en vir groot rykdom, of 'n lang lewe, of roem, of dat jou vyande vernietig word, gevra het nie, sal Ek vir jou al hierdie dinge gee EN die wysheid wat jy WEL vir My gevra het, as jy My sal eer en my gebooie gehoorsaam.”
Salomo het wakker geword uit sy slaap. “SJOE! Wat 'n wonderlike droom!” het hy gedink. Toe het hy opgestaan en gegaan om sy offers aan die Here te bring.
Wat hy nie besef het nie, was dat dit meer as net 'n droom was. God was waarlik by hom en het gedurende die nag met hom gespreek. God het REGTIG vir Salomo sy wens vir wysheid gegee en al daardie ander dinge wat Hy belowe het.
God het Koning Salomo met groot rykdom geseën. Hy het 'n lang lewe gelei. Gedurende die tyd wat Salomo koning oor Israel was, het hy geen vyande gehad nie.
Koning Salomo het bekend geword as die wysste man wat ooit geleef het!
![]()
DINK!
1. Wie was Koning Salomo se vader?
2. Waarom het Koning Salomo na Gibeon gegaan?
3. Wat het Koning Salomo gedroom?
4. Wat het Koning Salomo van God gevra?
5. Was dit net 'n droom of was dit werklik?
ONTHOU:
Die belangrikste ding in die hele lewe is om God lief te hê.
'N VERS OM TE LEER
“En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid…” (Jakobus 1:5).
ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER
“Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins” (Jakobus 3:17).
PRAKTIESE TOEPASSING
Maak 'n lys van dinge wat jy graag wil hê. Gebruik nou 'n geel merker of potlood om die dinge uit te lig of te onderstreep wat net vir jouself goed of lekker sal wees. Volgende, merk of onderstreep dan in rooi die dinge wat vir ander mense goed of aangenaam sal wees. Laastens, merk of onderstreep in blou die dinge wat God sal behaag. Sommige wense kan met meer as een kleur onderstreep word. Hoeveel geel lyne, rooi lyne en blou lyne het jy? Met watter wense dink jy sal God die meeste tevrede wees? Waarom dink jy was God tevrede met Salomo se wens?
[Na bespreking:] God was so tevrede met koning Salomo se wens, want hy het nie net aan homself gedink nie, maar ook aan sy volk. Hy wou met wysheid en regverdigheid oor hulle regeer net soos God wys en regverdig oor alle mense regeer. Dit is hoe Salomo sy liefde vir God getoon het.
Het jy geweet dat God ook 'n wenslys het? Bowenal, wens Hy dat jy sy Seun, Jesus Christus, as jou Here en Verlosser moet ken. Hy wil hĂȘ jy moet Hom liefhê met jou hele hart, verstand, siel en krag, terwyl jy jou naaste liefhet soos jouself. Daar is baie ander wense wat Hy vir jou wil hê. Jy kan alles daaroor in die Bybel leer. Besluit om Jesus te volg en leer uit sy Woord alles wat jy kan oor die lewe wat Hy jou toewens. Dit is hoe jy al die seëninge kan ontvang wat kom wanneer jy God gehoorsaam.
LAAT ONS BID
![]()
****************************************************
Liewe God, help my om te onthou dat om U lief
te hê en U Woord te bewaar belangriker is as
enigiets anders en as ek dit doen, sal U my
oorvloedig seën met alles wat ek waarlik nodig het.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************
KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
1 Konings 1-3
JUST FOR FUN
![]()
Color the Bible Verse 1 (online)
Color the Bible Verse 2 (online)
King Solomon Prays for Wisdom (online)
King Solomon (online)
Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
Jesus Storybook Bible Coloring Book
Jumbo Coloring Pad
My Bible Coloring Book: A Fun Way for Kids to Color Through the Bible--
from Genesis to Revelation by Shirley Dobson
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books
![]()
Jigsaw Puzzle (online)
Fill-in-the-Blanks (online)
Multiple Choice (online)
Word Search (online)
Online Bible Quiz (online)
Crossword Puzzle (online)
Best Book of Bible Activities
Big Book Of Bible Puzzles
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Do U Know? Game
Games
God is A-Maze-ing
itty-bitty Bible Word Search Puzzles
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Games
The Super Sized Book of Bible Puzzles
![]()
Online Fill in the Blanks Bible Story (online)
Solomon (online)
God's Wisdom for Little Boys
God's Wisdom for Little Girls
Moody Bible Story: The Wisdom of Solomon (watch online)
Solomon, The Wise King (online)
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
Spanish Children's Books
365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
![]()
Make a Bookmark (online)
Seek Wisdom craft (watch online)
Bible Crafts
Big Book of Bible Crafts for Kids of All Ages
Crafting the Word of God
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Puppet Crafts For Kids
![]()
Bible Collection: Solomon (watch online)
DouglasTalks: Choose Your Friends Wisely (watch online)
DouglasTalks: The Fear of the Lord (watch online)
Solomon Asks for Wisdom (watch online)
Solomon's Wisdom (dramatized audio)
The Wisdom of King Solomon (watch online)
Virtual Sunday School: King Solomon's Wisdom (watch online)
All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Bible story DVDs
Children's DVDs
![]()
Be Not Wise in Your Own Eyes (online sing along)
The Wise Man Built His House (online sing along)
Walk with the Wise (online sing along)
Audio Memory Bible Songs DVD
Cedarmont Kids: Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids
The Bible in a Minute Books of the Bible song (sing along)
25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music
Resources For Parents and Teachers
Make a Treasure Box - Class Activity (online)
Solomon Asks God For Wisdom (online)
The Wisdom of Solomon (online)
Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer
FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me
God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs
Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles
Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know
Children's resources![]()
Copyright © 2025 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.Permission is granted to reproduce this page
as student handouts for ministry purposes only. Not for resale.
Free Bible Stories!
To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at
You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.
AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html
Webmaster
Last updated Febuary 11, 2025
Pictures Courtesy of Free Bible Images
Welcome! *
What's Here *
Bible Stories
E-Mail Us *
Around the Piano *
4 Things
Events *
Children's Chapel *
Adult Chapel
Missing Link *
Links *
Resources *
Donate