The Children\'s Chapel - Award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Simson Deel 4: Afsprake met Onderduimse Delila

deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

Samson fell in love with Delilah

Text Version | English | Italian

Dit was naweek en 'n sneeustorm het almal binnenshuis gehou omdat die weer buite ysig koud was. Darryl, Andrew, Rocco, Ellen en Sandy het Monopoly langs 'n knus, warm kaggel gespeel. Toe Darryl 'n tweede keer agtereenvolgens wen, het die ander redelik verveeld geraak en na 'n bietjie opwinding begin smag. Hulle het besluit dat hulle eerder iets meer gewaagd wil speel. Andrew het Waarheid of Waag (Truth or Dare) voorgestel.

egg time Die speletjie het begin en gou is Darryl uitgedaag om 'n eier op sy kop te breek. Die kraakgeluid van die eierdop toe dit teen sy kop breek, het die ander laat uitbars van die lag terwyl die geel, klewerige eier van sy hare af oor sy voorkop gedrup het. Wat 'n gemors!

Volgende, was Ellen uitgedaag om 'n piesang met haar kaal voete af te skil. Sy het die snaaksste bewegings gemaak en haar bes probeer om nie 'n gemors te maak nie, maar maak nie saak hoe hard sy probeer het nie, die piesang het steeds as 'n natterige pappery tussen haar tone opgeëindig. Jig!

Toe word Andrew uitgedaag om vir een hele minuut te maak asof hy 'n gorilla is. Hy het sy bes probeer en in 'n hurkende posisie rondgedans, homself onder sy kieliebakke gekrap terwyl hy geskree het: “Hoe-hoe, hie-hie, ha-ha!” Almal behalwe Andrew het gekraai van die lag toe Darryl tergend sê dit pas hom goed en dat hy nou net sowel Ellen se piesang kan eet.

Sandy het “waarheid” gekies en sy moes sê of sy al ooit 'n seun op die lippe gesoen het. Sandy het blosend “Nee” gesê, maar die ander het haar nie heeltemal geglo nie, omdat sy so verleë was.

Uiteindelik is Rocco uitgedaag om met 'n slee teen die trappe af te gaan. Hy het 'n gevoel gehad dat iets verkeerd kan gaan, maar het dit geïgnoreer. Pleks daarvan, het bravade in hom opgerys en boonop wou hy hê dat almal (veral die meisies) moes weet dat hy — Die Baas — niks gevrees het nie! Hy het die slee bokant die trap neergesit, tot drie getel en laat waai.

Die reling van die eerste draai by die trap af het verby hom gesuis terwyl hy spoed opgetel het. Binne 'n paar sekondes het hy so vinnig afgegly dat hy nie meer die slee kon beheer nie. Dit het teen die reling gebots en omgeslaan en Rocco teen die oorblywende trappe afgeslinger. Hy het op sy arm beland en pynlik gegil.

Die ander het opgespring om hom te help. Pa en Ma, wat ook die gil gehoor het, het by die deur ingehardloop gekom.

Ag, nee! Rocco se arm was gebreek en hy moes hospitaal toe gaan om dit te laat spalk. Toe hy uiteindelik terug by die huis was, het Pa besluit om vir die kinders 'n Bybelstorie te vertel.

flowersflowersflowers

Vir twintig jaar het Simson die kinders van Israel bedags gerig, maar gedurende die lang en eensame nagte het hy verlang na geselskap — die geselskap van 'n vrou. Onthou, sy vrou is deur die wraaksugtige Filistyne vermoor. Ongelukkig het Simson op homself vertrou in plaas daarvan om God in gebed te soek oor die verlange van sy hart. Dit het veroorsaak dat 'n godvresende man soos hy, wat die sake van ander mense beslis het, 'n paar redelike dom besluite in sy eie lewe geneem het. Een daarvan was om betrokke te raak by die verkeerde vroue — en by gevaarlike dames te kuier — dames wat hom in die versoeking gelei het om te sondig.

Om te sondig is NOOIT 'n goeie idee nie, want die gevolge van sonde is altyd hartseer of pyn, slawerny of selfs die dood. Trouens, sonde is komplot van satan om God se kinders te vernietig. Moet dit nooit vergeet nie!

* * *
Sonde sal jou verder bring as wat jy wil gaan,
jou langer hou as wat jy wil bly,
en jou meer kos as wat jy wil betaal.
* * *

Samson went to the town of Gaza Die aantreklike Simson is deur sy ouers opgelei om 'n lewenslange Nasireër te wees, net soos God beveel het, omdat God hom vir 'n spesiale doel wou gebruik: Om die kinders van Israel van die Filistyne te begin verlos. Dit is hoekom hy nie enige bose ding kon aanraak of verkeerde dinge mag gedoen het nie, en sy hare moes nooit gedurende sy hele leeftyd gesny word nie. Maar die dinge van hierdie wêreld het die oorhand oor Simson gekry, en dit het veroorsaak het dat hy belangstelling verloor het in God se doel met sy lewe en toe het hy sy krag vir sy eie doeleindes begin gebruik.

By een geleentheid, het hy heel gewaagd afgegaan na die Filistyne se land, na die dorp Gasa. Daar het hy 'n vrou besoek wat 'n slegte reputasie gehad het. Ons kan onsself indink dat die Gees van die Here hom diep in sy hart gewaarsku het: “Simson, moenie dit waag om soontoe te gaan nie!”

Die probleem was, Simson was te selfsugtig en te eensaam om na God se waarskuwing te luister. Om sake te vererger, het hy selfs besluit om by die vrou te oornag. Filistynse spioene het opgemerk waar Simson was. Hulle het 'n leër bymekaargemaak en die stad omsingel met die hoop om hom in die oggend te vang, maar Simson was te slim en te sterk vir hulle.

Samson carried the gates all the way up a high mountain Om middernag, terwyl die soldate geslaap het, het Simson stilletjies opgestaan en die vrou se plek verlaat. Toe hy by die stadspoorte kom, was dit gesluit. Geen probleem nie! Met bultende spiere en brute krag het Simson die hekke met hulle pale en al afgebreek. Toe dra hy die hele gedoente tot op 'n hoë berg asof dit niks was. Simson was baie ingenome met sy prestasie dat hy steeds die krag, wat die Here aan hom gegee, gehad het om vyandelike magte te ontsnap, en daarom het hy gedink dat hy onaantasbaar was en dat God sy sonde oorgesien het.

Ná daardie voorval was ons gespierde superheld nog nie gereed om die wêreld met sy sondige plesiere prys te gee nie. Hy het dolverlief geraak op 'n vrou in die vallei van Sorek. Ons weet nie verseker of sy 'n Hebreër of 'n Filistyn was nie, maar haar Hebreeuse naam, Delila, beteken “ongelowige.” Waarom op aarde sou Simson verlief raak op so 'n vrou — een sonder geloof? Het hy nie geweet dat God ernstig daaroor was dat hy met 'n gelowige vrou getroud moes wees nie? Hoekom het hy vir haar geval?

Dalk was Delila asemrowend mooi....

Miskien het sy hom gelok met heerlike etes vir sy groot eetlus en sy soet tand....

Of dalk het sy hom ingekatrol met vleiende praatjies oor die grootte van sy massiewe spiere en sy pragtige lang hare....

Hoekom sou sy vir Simson op haar wou verlief maak? Was dit omdat sy wou hê iemand moes vir haar sorg? Of wou sy bekend staan as die vrou met die aantreklikste, sterkste en belangrikste man in Israel? Sou sy getrou wees aan Simson of het sy verborge, onderduimse motiewe gehad?

Philistine lords offered Delilah money if she turned Samson over to them Kort voor lank, het haar motiewe duidelik geword toe vyf sameswerende Filistynse leiers Delila in die geheim besoek het. Hulle het haar genader met 'n spesiale aanbod en gesê: “Delila, ons sal elkeen vir jou 1 100 silwerstukke gee as jy Simson aan ons oorgee.” In daardie dae was dit baie geld en die gierige Delila kon nie die aanbod weerstaan nie. Vir hierdie gevaarlike vrou, was dit niks om Simson te verraai nie. Sy lewe het niks vir haar beteken nie, solank sy kon kry wat sy wou hê.

Daardie aand, voordat Simson opgedaag het, het sy haar mooiste klere aangetrek en Simson se gunsteling maaltyd voorberei. Na 'n lang dag se werk was Simson bly om so 'n lieflike dame te hê om na te kyk terwyl hy haar smaaklike geregte genuttig het. Omdat hy baie versadig was nadat hy hom knuppeldik geëet het, het hy vaak geword en op haar bed gaan lê.

Terwyl Delila sy gespierde skouers masseer, het sy hom speels gevra: “O liewe Simson! Jy is die sterkste man wat ek nog ooit geken en bewonder het. Niemand op aarde kan met jou vergelyk nie. Maar wat maak jou so ongelooflik sterk? Is daar enige manier waarop 'n mens jou kan vasmaak om jou te vang?”

Die gees van die Here diep in sy hart moes hom gewaarsku het: “Simson, verlaat hierdie plek en hierdie vrou op die daad!”

Maar Simson het nie na die waarskuwing geluister nie, want onderduimse Delila het hom heeltemal in haar mag gehad. Boonop het hy gedink hy is spesiaal en sterk genoeg om enigiets te kon weerstaan, veral iemand so broos soos 'n vrou. Hy het verslap in sy waaksaamheid omdat hy volkome veilig by haar gevoel het. Hoewel hy miskien onthou het hoe sy eerste vrou hom verraai het, was hy seker dat hy hierdie keer slim genoeg sou wees om nie sy geheim so maklik weg te gee nie.

Pleks daarvan om daarvandaan weg te gaan, het Simson gelieg en tergend gesê: “O, liefling Delila! As mens my vasbind met nuwe, vars, klam boogsnare van skaapderms, dan sal ek net so swak wees soos 'n gewone mens.”

Samson easily broke free Bedrieglike Delila het die Filistynse leiers in die geheim laat weet wat Simson gesê het en hulle het vir haar sewe nuwe, vars boogsnare gebring. Terwyl Simson soos 'n klip geslaap het, het sy hom met daardie sewe boogsnare vasgebind. Filistynse soldate het in die kamer langsaan gewag. Dadelik nadat Simson vasgebind was, het sy uitgeroep: “SIMSON! Die Filistyne is op jou!”

Haar deurdringende gil het Simson wakker laat skrik. Hy het opgespring van waar hy geslaap het en toe hy sy spiere bult, het die boogsnare van hom losgebreek soos stukke garingdraad wat vlam vat. Niemand kon hom aanraak nie. Hierdie keer het Simson gewen en sy geheim het verborge gebly.

Delila was glad nie gelukkig met hom nie en het gekla: “Simson, jy het met my gespot en vir my 'n leuen vertel! Vertel my nou die waarheid. Hoe kan jy gevang word?” Hierdie keer het sy nie speletjies gespeel nie.

Simson het alle waarskuwings van God af diep in sy hart geïgnoreer en gemaak asof hy doof was daarvoor. Hy was egter steeds nie bereid om sy geheim te openbaar of die plan wat God vir hom gehad het, te laat vaar nie. Nog erger, hy was ook nie bereid om Delila en sy wêreldse plesiere te laat staan nie, en daarom hy het probeer om kompromieë aan te gaan met nog 'n leuen. Hy het geantwoord: “Liefling Delila, as hulle my met vars, nuwe toue bind, wat nog nooit gebruik is nie, sal ek net so swak wees soos 'n gewone mens.”

When Samson fell sound asleep again, she bound him with fresh Toe Simson weer diep aan die slaap raak, het sy hom met vars nuwe, ongebruikte toue vasgebind. Weer was daar soldate wat stil-stil in die kamer langsaan gewag het. Toe skree sy soos voorheen, “SIMSON! Die Filistyne is op jou!”

Haar bloedstollende gil het Simson uit sy diep slaap wakker gemaak. Hy het opgespring en maklik die toue stukkend gebreek asof dit maar net spinnerakke was. Teen hierdie tyd was Delila besig om van binne te kook van woede.

Terwyl sy steeds gedink het aan die beloofde geld wat haar nog ontwyk het, het sy gekerm: “Hoekom speel jy speletjies met my, Simson? Hou nou op om my te probeer flous en vertel my die eerlike waarheid oor hoe jy vasgebind kan word.”

Delila se woede het Simson begin onderkry, want hy wou haar nie verloor nie. Weereens het hy die stem van die Here in hom, wat vir hom gesê het om weg te gaan, stilgemaak. In plaas daarvan, het hy nader daaraan gekom om sy geheim bekend te maak. Hy het geantwoord: “Liefling Delila, as jy my hare in jou wewersbalk inweef, dan sal ek net so swak wees soos 'n gewone mens.”

Samson was fast asleep Terwyl Simson dus met sy kop op haar skoot geslaap het, het Delila sy hare in haar wewersbalk ingegeweef en dit met 'n pen vasgemaak. Terwyl soldate in die kamer langsaan weggekruip het, het sy weer uit volle bors geskree: “SIMSON! Die Filistyne is op jou!”

Delila se skril gil het Simson laat wakker skrik en met 'n ruk van sy kop het hy die wewersbalk stukkend gebreek en sy hare losgeruk.

flowersflowersflowers

Toe Delila sien dat hy haar duur wewersbalk, wat sy gebruik het om pragtige matte mee te weef, gebreek het, het sy in trane uitgebars. Simson het weer vir haar gelieg. “Jy het my nie lief soos jy gesê het nie, Simson. Hoekom anders sal jy drie keer na mekaar 'n gek van my maak? Net 'n hartelose man sal so iets aanvang!”

Delilah kept on nagging Samson Vir die volgende paar dae het Delila Simson aanhou druk. Oor en oor het sy hom amper mal gemaak totdat hy so geïrriteerd geraak het dat hy amper kon sterf. Let op, Simson kon haar enige tyd uit sy eie vrye wil verlaat het, maar hy wou nie. Satan het hom gehad net waar hy hom wou hê en het beplan om al Simson se krag en weerstand af te breek om hom te verslaaf. Teen hierdie tyd was die stem van die Here in sy hart heeltemal stil. Kort voor lank sou Simson ontdek dat om 'n vriend van hierdie wêreld te wees, hom God se vyand sou maak en dit sou God se beskerming van hom af wegneem.

Delila het aan Simson bly torring. Uiteindelik, het hy so siek en sat geword van haar voortdurende geneul dat hy toegegee het en vir Delila die volle waarheid vertel het, deur te sê: “Van my geboorte af, het ek as 'n Nasireër vir die Here geleef en daarom het 'n skeermes nog nooit aan my kop geraak nie. As my hare afgeskeer word, sal ek net so swak wees soos 'n gewone mens.”

Uit sy hele lyftaal en stemtoon, sowel as die blote vermelding van die Here se Naam, wat hy nog nooit ydellik gebruik het gedurende sy hele leeftyd nie, het Delila besef dat Simson uiteindelik die waarheid gepraat het. Gewetenloos en sonder enige agting vir Simson se lewe, het Delila die Filistynse leiers laat weet dat Simson sy ware geheim aan haar geopenbaar het. Hulle het haastig gekom en die beloofde geld saamgebring.

Soos voorheen, het Filistynse spioene in die donkerte van die kamer langsaan weggekruip, maar hierdie keer was daar ook 'n haarkapper wat saam met hulle weggekruip het. Uitgeput en uiteindelik verlig dat Delila opgehou het om hom te teister, het Simson met sy kop op haar skoot aan die slaap geraak, totaal onbewus van die gevaar wat om hom gedreig het.

* * *
Sonde het Simson tot in 'n diepe slaap gesus en laat dink
dat hy steeds sterk genoeg was om enigiets te kon hanteer.
* * *

The Philistine soldiers grabbed Samson easily overpowering him Toe Simson begin snork, het Delila vir die mans in die kamer langsaan beduie om te kom. Die haarkapper het op sy tone die kamer binnegekom en sy skerp skeerlem uitgehaal. Almal het hul asems in absolute stilte opgehou terwyl die lem in die flou lamplig geflikker het. Omdat die uiters versigtig was om hom nie wakker te maak nie, het hy Simson se sewe vlegsels maklik afgesny. Simson het niks eers gevoel nie.

Skielik het Delila se deurdringende gil sy droomlose slaap binnegedring: “SIMSON! Die Filistyne is op jou!”

Simson het wakker geword en gedink hy sou homself kon bevry soos voorheen. Maar hierdie keer was anders. Dit was duidelik dat die salwing van die Here hom verlaat het, want al het hy so hard probeer as wat hy kon, was hy magteloos toe die Filistynse soldate hom gegryp het. Hulle het hom nie doodgemaak nie, maar die wrede, smalende gesigte van die Filistynse soldate en die uitdrukkinglose gesig van Delila, sou die laaste dinge wees wat Simson ooit sou sien, want daardie goddelose Filistyne het sy oë uitgesteek en hom na die gevangenis in Gasa geneem. Daar het hulle hom met twee koperboeie geboei en hom die werk van 'n donkie laat doen deur by die meule graan te maal.

Verbasend genoeg, ten spyte van alles wat Simson verkeerd gedoen het en al die straf wat hy daarvoor gekry het, het hy gou uitgevind dat God nie klaar was met hom nie. Solank Simson nog asem gehad het, was daar hoop en kon God hom nog gebruik.

flowersflowersflowers

“ulle sien,” het Pa gesê, “soms word ons dalk deur mense of omstandighede versoek om iets gevaarlik of dwaas te doen of te sê, net ter wille van pret. Julle lewens is kosbaar in God se oë en Hy het 'n doel vir julle elkeen om te vervul, maar Satan wil nie hê julle moet dit vervul nie. Besluit nou in julle harte om eerder weg te loop wanneer jy in die versoeking kom om te sondig of wanneer jy uitgedaag word om iets gevaarliks te doen as om jouself of die plan wat God met jou het in gevaar te stel. Dit is baie beter om veilig te wees as om spyt te wees. Berei julleself nou voor om waaksaam te wees teen die gevare van dwelms, alkohol, rook, verhoudings met die verkeerde mense en enigiets wat jou van God sal weglok. Vandag gee ek julle 'n “Waarheid EN Waag (Truth AND Dare)” uitdaging.

“Waarheid en Waag?” het die kinders gevra?

“Ja,” het Pa gesê. “Waag dit om iemand uit te daag om sy of haar lewe aan Christus te gee. Waag dit om die Waarheid oor God en Jesus te vertel. Waag dit om ten volle op God te vertrou. Waag dit om 'n seën vir ander te wees. Waag dit om iemand met iets lekker te verras. Waag dit om opreg en getrou aan God te wees. Waag dit om die Waarheid van die Bybel te ken en waag om dit uit te leef.

* * *
Waag dit om so te leef dat jou lewe ander na God toe trek.
* * *

“Kan jy aan nog waag uitdagings dink?”

flowersflowersflowers

ONTHOU:

Selfs helde moet God gehoorsaam en getrou aan Hom wees. Met die Here se hulp, kies jou vriende met wysheid en moenie toelaat dat plesier of mense jou uitlok om sonde te doen nie.

DINK!

1. Wat was die uiterlike teken dat Simson 'n Nasireër was?
2. Wat beteken Delila se naam?
3. Wat het die Filistynse leiers haar belowe?
4. Hoeveel keer het Simson vir haar gelieg?
5. Wat het Simson laat val vir Delila se mooipraatjies?
6. Watter goeie raad sou jy vir hom gegee het?


'N VERS OM TE LEER

“Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God” (Jakobus 4:4b).


ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER

“Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes” (1 Korinthiërs 15:33).

Of

“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis” (2 Korinthiërs 6:14).

Of

“My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie” (Spreuke 1:10).

Of

“Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan verdra” (1 Korinthiërs 10:13).


PRAKTIESE TOEPASSING

Weet jy hoe om 'n muis te vang? Is jy al ooit deur 'n broer of suster of 'n vriend uitgelok om die verkeerde dinge te doen? Het hulle jou probeer oortuig dat daar geen gevolge sal wees nie en dat jy nie gestraf sal word nie? Kon jy die versoeking weerstaan of het jy geweier om na jou gewete te luister en gesondig? Is jy gestraf of het jy daarmee weggekom? Hoe kan jy vermy om dieselfde foute te maak wat Simson gemaak het?

[Na bespreking:] Luister altyd na jou gewete en leer wat die Woord van die Here sê oor hoe om 'n regverdige lewe te leef. Onthou, versoekings sal oor jou pad kom, net soos met Simson. Selfs Jesus is in die woestyn deur Satan versoek, maar al was Hy versoek, het Hy nie gesondig nie. Dis hoekom Hy jou kan help om versoeking te weerstaan. Lees die Woord van God en vra die Heilige Gees om jou krag en wysheid te gee. God sal jou help om die versoeking om te sondig te weerstaan en te oorwin.



KOM ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, leer my om op U te vertrou om my wys
en waaksaam te maak sodat ek nie deur goddelose mense
of sonde mislei sal word nie. Help my om my lewe so
te leef dat dit ander na U sal aantrek.
In Jesus se Naam bid ek. Amen!
****************************************************


WAAR KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Rigters 16:1-21



crayons

Samson Visits Delilah coloring page
Samson Asleep
Samson Breaks the Cords
Samson Destroys the City Gates
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles
Bible Colour and Learn: 01 The Old Testament
My Bible Stories Coloring Book 2

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle (online)
Crossword Puzzle
Fill-in-the-Blanks
Word Search
Break the Code - Samson’s Strength
Delilah Scissors and Samson Hair Snack
Preschool Bible Activity: Samson, Samson!
Samson and Delilah Activities
Samson and Delilah Maze
Some Stats About Samson
Your Spiritual Strength Activity

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



birds singing

Be a Faithful Friend (sing along)
Be Kind and Compassionate to One Another (sing along)
Be Kind to One Another Scripture Memory Song (sing along)
Ephesians 4:32 - Be Ye Kind One to Another (online)
Hey There Delilah by Tim Hawkins (sing along)
Keep Me True, Lord Jesus (listen online)
Pow Pow Power to Live God's Way (sing along)
Samson Songs (online)
Think! by Helen McAlerney Barth (listen online)
What a Friend We Have in Jesus (online)

When Mr. Satan knocks at my heart's door,
And says, "May I come in?"
I say, "No! No!" for Jesus loves me so,
And He took away my sin.
Then he turns around and runs away.
I hope he's gone away to stay.
When Mr. Satan knocks at my heart's door,
I just say, "No! No! No!"

Listen to tune here

You've Got a Friend in Me with Claire Ryann and Dad (online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



CDs and Videos

Be Courageous (watch online)

Bible on the Go Vol. 13: The Stories of Gideon and Samson
(Judges 6-8, 13, 16) - Unabridged Audiobook [Download]


Desired: The Untold Story of Samson and Delilah
Unabridged Audiobook


Judges 16 (dramatized audio)
Judges 16: Samson and Delilah (watch online)
Rat Trap Object Lesson- Temptation (watch online)
Samson and Delilah (watch online)
Samson and Delilah for Kids - Judges 16 (watch online)
Samson and Gideon DVD
Samson DVD
Samson, Sight & Sound Theater Musical DVD
Samson Destroys the Gaza Gates (watch online)
The Story of Samson and Delilah (watch online)
What to Do When You're Tempted (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



child reading a book

Desired: The Untold Story of Samson and Delilah
Lessons We Can Learn from Samson (online)
Long and Strong (online)
Samson and Delilah for Younger Children (online)
Samson and Delilah for Older Children (online)
Samson: Chosen. Betrayed. Redeemed.
Samson: Strong and Faithful
Samson: The Strong Man of Faith

The Judge of God, Volume 1
Z Graphic Novels / Son of Samson comic


The Story of a Strong Man Who Judged Israel (online)
The Story of Samson (online)
The Story of the Bible: Samson and Delilah (online)
VeggieTales SuperComics: Minnesota Cuke
and the Search for Samson's Hairbrush


Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



crafts

Easy Bible Crafts for Samson
Make Samson's Headband
Paper Chain Craft

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



Resources for Parents and Teachers

Character by God's Design: Volume 4 (Courage, Wisdom, Loyalty)
Samson Loses His Strength (online)
Samson - Part 2 (online)
What the Bible Says About Samson (online)
Your Friends Matter to God by David Wilkerson (online)

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources

flowersflowersflowers

The Children\'s Chapel - Award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated April 2, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources