The Children\'s Chapel - Award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Simson: 'n Verliefde Superheld

deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

Suddenly the Spirit of the Lord came over Samson giving him power to fight his enemies

Text Version | English | Italian

game farm in the African bush Die hele familie, insluitend grootouers, ouers, ooms, tantes en neefs en niggies het die skoolvakansie op 'n wildsplaas in die Afrika-bosveld deurgebring. Die seuns, Nicky, Billy en Danny, was mal daaroor om op safari-avonture te gaan en saam met almal deur die welige bosse stap, diere te bekruip en te kyk hoeveel verskillende soorte wilde diere hulle op een dag kon raaksien. Daar was olifante, kameelperde, renosters, buffels, seekoeie, baie soorte bokke, vlakvarke, sebras, hiënas, wildehonde, jagluiperds, luiperds en slange soos mambas en kobras, maar bowenal was daar leeus — die koning van die diereryk.

Eendag het die grootmense en meisies besluit om by die chalets te bly en te rus terwyl die seuns alleen gaan stap het. Vir beskerming, het hulle 'n haelgeweer by hulle gehad en net soos seuns is, wou hulle almal die geweer dra. Nicky was die oudste en hy het die eer gehad om dit eerste te dra. Hy het seker gemaak die veiligheidspen is in plek. Op pad deur die bosse, het hulle aandagtig op hulle hoede geloop en fyn na die geluide rondom hulle geluister vir enige teken van gevaar. Skielik, het hulle op 'n droë rivierbedding afgekom.

elephant “Kyk na hierdie groot voetspore in die sand!” het Danny na sy asem gesnak en dit met sy arms probeer meet.

“Dit is olifant-voetspore,” het Nicky geantwoord.

“Kyk daardie gat in die sand. Dit het water in,” het Billy 'n paar meter verder opgemerk.

“Jip,” Nicky gesê. “Die olifante het die gat gegrawe om by die water net onder die sand uit te kom.”

Voordat Billy nog 'n vraag kon vra, het Nicky hom haastig in die rede geval. “Ssj! Ek hoor iets.”

flowersflowersflowers

lion mother and cubs Die drie seuns het om die watergat bly staan en fyn geluister totdat hulle 'n UH-UH-geluid gehoor het. Hulle het die bosse met hul oë bespied vir 'n leidraad om uit te vind wat dit was. Nicky het dit eerste gesien. Twee leeuwelpies en hul ma het uit die bosse aan die rivieroewer te voorskyn gekom.

Eers het Nicky deur vrees oorweldig, in sy spore vasgesteek, want hy het geweet dat wanneer 'n leeuwyfie met welpies bedreig voel, sy uiters gevaarlik kan wees. Hy het ook baie goed geweet dat, indien nodig, die haelgeweer 'n stormende leeu net op 'n kort afstand sou kon doodmaak, en daarom het hy besluit om te vlug. Nicky het besef dat om met 'n geweer weg te hardloop hom aansienlik stadiger sou maak, en daarom het hy vinnig omgedraai en gesê, “Jou beurt met die geweer, Billy!” Daarmee het hy die geweer aan Billy oorhandig en vinnig weggehardloop voor Billy kans gehad het om te dink.

Terwyl Nicky in die bosse verdwyn het, het Billy eers na die geweer in sy hande gekyk en toe opgekyk. Hy het die leeufamilie nou ook raakgesien. Met 'n skielike bleek gesig en stywe lippe het hy omgedraai en op sy beurt vir Danny gesê, “Jou beurt, Danny!” Billy het die geweer haastig in Danny se hande gedruk voordat hy weggespring en ook in die bosse verdwyn het.

Terrified Danny ran after the other two boys Uiteindelik het Danny, met geweer in die hand, ook die vreesaanjaende leeus raakgesien. Hy het hulle een vinnige kyk gegee en die haelgeweer amper van pure skok laat val. Hy het dadelik omgedraai, agter die ander twee aangehardloop en met 'n bewende stem uitgeroep, “Wag vir my! Wag vir my! Die leeu gaan my verslind!”.

Nicky het eerste by die huis aangekom met Billy kort op sy hakke. Hulle het gewag en gewag. Uiteindelik, na 'n hele ruk — en toHoekom het julle altwee vir my weggehardloop? Ek het gedog vriende is veronderstel om saam te staan en mekaar te help! WAT SE VRIENDE IS JULLE!”.

“Jammer, Danny. Ons was net te bang!” het Nicky en Billy het gedwee gebieg.

Daardie aand, met die sterre wat helder onder die wolklose Afrika-hemel skyn, het die seuns langs 'n kampvuur gesit en amper asof gehipnotiseer na die flikkerende vlamme gestaar. Die eentonige gedreun van sonbesies wat onophoudelik in die warm nag sing, het die lug gevul. Toe Oupa 'n veraf jakkals sy maat hoor roep, het hy sy keel skoongemaak en vir hulle 'n storie begin vertel.

“Julle weet, seuns, die duiwel is soos 'n brullende leeu wat iemand soek om te verslind. Hy brul en probeer mense SO bang maak om seer te kry, dat hulle vergeet om mekaar lief te hê en te help. Laat ek julle die verhaal van Simson en die brullende leeu vertel.” (Gebaseer op 'n ware verhaal uit die middel '60's.)

flowersflowersflowers

Manoag en sy vrou het hulle allerbeste probeer om hulle spesiale seun, Simson, in die weë van die Here groot te maak. Toe hy oud genoeg was, het hulle vir Simson vertel van die plan wat God met sy lewe gehad het. Om hom vir sy taak voor te berei, het hulle seker gemaak dat hy die gesondste kosse eet en die ongesondes vermy, alles volgens die Here se opdrag.

Simson se liggaam het sterk en gespierd geword omdat hy sy ma en pa met moeilike take gehelp het, soos om swaar emmers water van die put na die huis te dra, om te ploeg, te plant en hul gewasse in die lande te oes. Sy ouers het hom alles geleer wat hulle kon om hom te help toerus vir die lewe.

Samson grew strong and muscular Behalwe die kweek en oes van gewasse, het Simson geleer lees en skryf. Hy sou binnekort die vaardigheid bemeester om diere te versorg. Die belangrikste van alles, was dat sy ouers hom van die Here hulle God geleer het en vir hom baie stories vertel het oor die magtige wonders wat Hy vir die kinders van Israel gedoen het. Simson het dit geniet om te leer omdat God hom met 'n skrander verstand geseën het. Vir die pret, het hy daarvan gehou om raaisels saam met sy vriende uit te dink en op te los.

Simson het geweet dat God hom geroep het om Israel van die Filistyne te verlos. Toe hy oud genoeg was, het sy pa hom begin leer hoe om te veg. Hy het geoefen en geoefen, en het gou so flink en vaardig soos 'n superheld geword. Die geheim van sy krag was egter nie in sy spiere of in sy gevegsvaardighede nie. Hy was so ontsaglik sterk, want hy was van sy geboorte af vir die Here afgesonder, as 'n Nasireër.

Simson het sy roeping baie ernstig opgeneem, maar daar was een probleem — hy het geen leër gehad om te lei in die stryd teen hul vyande nie, want tot sy uiterste ontsteltenis, was die ander Israeliete so bang vir die Filistyne dat hulle niks gedoen het om Simson te probeer help nie.

Samson decided to go on a one-man spying trip to Philistine country “Simson, jy is mal!” Hulle het hul koppe in ongeloof skud toe hy voorgestel het dat hulle op 'n strooptog teen hul onderdrukkers gaan. “Ons kan nie teen daardie magtige Filistyne oorlog maak nie! Hulle is ons meesters in elke aspek van oorlogvoering. Hulle sal ons verslaan as ons hulle probeer teëstaan!” het hulle met harte vol vrees gekla.

“Julle is bang lafaards!” het Simson met hulle geraas en sy kop in ongeloof geskud, terwyl hy toekyk hoe hulle wegsluip.

Die lafhartigheid van sy mede-Israeliete het Simson so gefrustreer dat hy dapper besluit het om op 'n eenman-spioenasietog na die Filistyne se land te gaan. Naby die buitewyke van die dorp Timna, het Simson die verrassing van sy lewe gekry toe sy skerp, bespeurende oë iets heel onverwags raakgesien het.

SJOE! Hy kon dit nie glo nie! Daar, net 'n paar meter van waar hy agter 'n wingerdstok weggekruip het, was die mooiste meisie met die vriendelikste glimlag wat hy nog ooit gesien het. Sy hart het 'n klop oorgeslaan en sy gespierde bene het soos jellie gevoel toe hy haar pragtige gelaat aanskou. Binne een oomblik was hy smoorverlief. Dit was liefde met die eerste oogopslag. Simson het heeltemal van sy spioenasietog vergeet en hom dadelik huis toe gehaas.

Samson burst through the door and yelled with excitement “Ma! Pa!” het hy van opgewondenheid uitgeroep toe hy by die deur inbars. “Ek het 'n meisie gesien, so mooi as kan kom, en ek wil bitter graag hê sy moet my vrou word. Julle MOET haar vir my kry!”

Sy ouers was eers bly dat Simson 'n vrou wou hê, maar toe hulle hoor sy is van Timna, was hulle glad nie gelukkig nie.

Sy pa het hom ernstig gewaarsku, “Samson, jy soek moeilikheid deur met 'n Filistynse meisie te wil trou. Jy weet baie goed dat die kultuur van hierdie onbesnede heidene totaal anders is as ons s'n. Boonop dien hulle nie ons God, die Magtige van Israel, die groot EK IS nie. Buitendien weet jy dit is teen God se wette.”

“Hoekom, Simson? Is daar nie eers een meisie in die hele Israel van wie jy hou nie?” het sy ma met 'n sweempie van teleurstelling in haar stemtoon gevra. Sy het heimlik gewonder hoe op aarde sy met 'n heidense skoondogter oor die weg sou kom. Nog erger, wat as sy Simson se kinders allerhande heidense gebruike sou leer?

His dad and mom earnestly warned him against mixing with a Philistine girl Ongelukkig was Simson so halsoorkop verlief op die Filistynse meisie dat hy nie na een van hul bekommernisse wou luister nie. “Ek is MAL oor haar. Kry haar net vir my, ASSEBLIEF!” het hy daarop aangedring.

Nadat hulle besef het dat Simson nie van plan sou verander nie, het sy ouers besluit om te doen wat hy gevra het. Hulle het voortgegaan en reëlings getref om na Timna te gaan sodat hulle die meisie en haar ouers kon ontmoet om te onderhandel vir 'n troue. Hulle het nie op daardie tydstip geweet dat Simson se verliefdheid die Here se plan was nie. Trouens, God het dit gebruik om Simson se roeping in werking te stel en was van plan om die Filistyne te straf omdat hulle die kinders van Israel onderdruk het.

Terwyl hulle drie al nader aan Timna gekom het, het hulle deur welige wingerde net buite die dorp gestap. Sy ouers het so hard nagedink oor wat hulle vir hul moontlike skoonfamilie sou sê, dat hulle nie die geluide in die wingerd gehoor het nie — die geritsel van blare in die briesie en die gezoem van bye wat soek na soet druiwesap om heuning van te maak.

Simson, wat altyd waaksaam was en 'n skerp gehoorsintuig gehad het, het iets ongewoons gehoor. Eers het hy takkies gehoor breek en toe ... ja, daar was dit weer ... die dowwe gegrom van 'n honger leeu wat in die wingerde wegkruip. Terwyl sy niksvermoedende ouers verder gestap het, het hy homself vir 'n oomblik verskoon en suutjies in die rigting van die gromgeluid gesluip.

Suddenly the young lion attacked Samson Skielik, het die jong leeu van agter die lowerryke wingerde uitgespring en Simson aangeval. Hy het wapens by hom gehad nie behalwe sy vertroue in God, en God het hom nie teleurgestel nie. Die Gees van die Here het kragtig oor Simson gekom en hom dapperder en sterker gemaak as die leeu. Hy het die springende leeu aan sy kakebeen gegryp en terwyl hy sy walglike stink asem op sy gesig gevoel het, het hy sy kakebeen uitmekaar geskeur en hom amper sonder moeite doodgemaak. Daarna het hy weer sy ouers ingehaal en niks vertel van wat gebeur het of dat hy eintlik hul lewens gered het nie.

Toe hulle die huis bereik van die pragtige jong meisie met wie Simson wou trou, het haar ouers hom toegelaat om met haar te gesels, en raai wat? Hulle het ontdek dat sy baie van hom hou en bereid is om sy vrou te word. Simson was natuurlik verheug oor haar reaksie. Die egpaar se ouers het planne bespreek en 'n troudatum vasgestel voordat Simson en sy ouers huis toe vertrek het.

Samson shared the honey with his parents Na 'n rukkie, het Simson weer na Timna gegaan, hierdie keer om met die meisie te trou. Op pad het hy gewonder wat met die karkas van die leeu wat hy doodgemaak het gebeur het en het gaan ondersoek instel. Tot sy verbasing het 'n swerm bye 'n nes in die karkas van die leeu gemaak. Hy het agtergekom dit was vol soet, goue heuning. Njammies!

Om die leeu dood te maak, was voorwaar 'n soete oorwinning! Hy het die heuning met sy kaal hande uit die leeukarkas verwyder terwyl kwaai bye om hom geswerm het. Terwyl hy die heuning uit die heuningkoek gelek en geëet het terwyl hy loop, het hy haastig sy ouers ingehaal en van die heuning vir hulle gegee. Die geheimsinnige Simson het egter nooit vir hulle gesê waar hy die heuning gekry het nie.

Vol energie vir die troue het Simson en sy pa na Timna gegaan om saam met 30 manne van die dorp 'n partytjie te hou, soos die gebruik van die dag was. Toe vra Simson vir die manne, “Sou julle graag 'n raaisel wou hoor?”

flowersflowersflowers

Samson gave the men a riddle to solve Hulle het gedink dat hulle soveel slimmer as Simson was en daarom het hulle geantwoord, “Natuurlik!”

Simson het toe 'n prys bygesit en gesê, “As julle die raaisel oplos binne die sewe dae van die bruilofsfees, sal ek vir julle 30 linne-onderklere en 30 deftige klere gee. Maar as julle dit nie kan oplos nie, moet julle instem om vir my 30 stelle klere te gee.”

Vol vertroue dat hulle dit sou kon oplos, het hulle geantwoord, “Laat ons jou raaisel hoor, Simson.”

Simson het die raaisel heel vindingryk aan hulle gestel: “Daar het kos uit die eter gekom en soetigheid uit die sterke!”

Vir die eerste drie dae van die bruilofsfees het die 30 Filistynse mans van Timna probeer om die antwoord op Simson se raaisel uit te dink, maar hulle het geen benul gehad nie. Hulle het besef dat hulle nie betyds die antwoord sou hê nie en daarom het hulle baie selfsugtig 'n goddelose plan beraam

The men began to harass Samson\'s new wife Op die vierde dag het die mans Simson se nuwe vrou begin teister. Hulle het haar gedreig en gevra, “Was hierdie huweliksuitnodiging 'n lokval om ons arm te maak? Kry vir ons die antwoord by jou man of ons brand jou pa se huis tot op die grond af met julle daar binne-in!”

As sy nuwe vrou tog maar net geweet het hoe sterk Simson was met God se hulp — sterker as al daardie mans en hulle dreigemente — sou sy nooit na hulle geluister het nie en sou sy Simson alles vertel het. Sy was egter so bang vir die nare dreigemente van die heidense, Filistynse manne dat sy vir Simson gesê het, “Jy het my glad nie lief nie, maar jy haat my. As jy my regtig liefgehad het, sou jy vir my die antwoord op die raaisel, wat jy aan my dorpsmense gegee het, vertel het.”

Every time Samson came near his wife she started to cry Simson het geantwoord, “Ek het dit nie eers vir my pa of my ma vertel nie. Hoekom moet ek dit vir jou vertel?”

Uit vrees vir haar lewe was Simson se nuwe vrou baie knaend. Elke keer as Simson naby haar gekom het, het sy begin huil. Sy het dit op die vierde dag knaend gedoen,

…en op die vyfde dag

…en op die sesde dag

…en op die sewende dag

Simson het waarskynlik vermoed dat daar iets agter haar gehuil was, maar hy kon dit nie meer uithou nie. Hy wou regtig hê sy moes weet dat hy haar liefgehad het, en daarom het hy vir haar die antwoord gegee. Sy het opgehou huil en vir die 30 jong mans gaan vertel wat Simson gesê het.

Samson killed 30 Philistine men and gave their clothing to the 30 men who gave him the answer to his riddle Voor sononder, aan die einde van die sewende dag, het die manne van Timna, vol vertroue dat hulle nou die antwoord op Simson se raaisel geweet het, vir hom gesê, “Wat is soeter as heuning? En wat is sterker as 'n leeu?”

Simson was woedend en het hulle geroskam en gesê, “As julle nie my vrou gedreig het nie, sou julle nie die antwoord op my raaisel gehad het nie!” Simson het regtig nie 30 onderklere of 30 deftige klere gehad om te gee nie.

Skielik het die Gees van die Here oor hom gekom. Hy het afgegaan na die stad Askelon, waar hy 30 Filistyne doodgemaak het, hulle klere geneem en na Timna teruggekeer om die klere aan die 30 manne te gee wat hom die antwoord op sy raaisel gegee het.

Simson het sy einde van die ooreenkoms nagekom, maar hy was glad nie gelukkig nie. Hy het gevoel dat sy vrou hom verraai het en hy was so woedend dat hy haar verlaat het en teruggegaan het huis toe om by sy ma en pa te gaan woon. Sy skoonpa het gedink Simson het sy dogter vir altyd verlaat en daarom het hy haar laat trou met die man wat Simson se strooijonker by sy troue was.

flowersflowersflowers

ONTHOU:

Vra God om jou hart so te vul met sy liefde dat dapperheid en lojaliteit vrees sal oorwin wanneer ander jou hulp nodig het, maak nie saak wat in die lewe gebeur nie. Streef daarna om ander lief te hê net soos Jesus jou liefhet.

DINK!

1. Op pad na watter dorp is Simson deur 'n leeu aangeval?
2. Wat het oor Simson gekom om hom te help om die leeu dood te maak?
3. Hoeveel mans was by Simson se partytjie?
4. Hoekom was Simson se vrou bang?
5. Was sy meer lief vir Simson of was sy meer bang vir die dreigemente van haar dorpsmense?
6. Dink jy Simson was vir enigiets bang?
7. Toe Jesus na die kruis gegaan het om te sterf, wat het oorwin? Sy vrees of sy liefde?


'N VERS OM TE LEER

“Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing” (2 Timótheüs 1:7).


ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER

“Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie” (1 Johannes 4:18).

Of

“Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind” (1 Petrus 5:8).


PRAKTIESE TOEPASSING

Jesus het gesê dat mense in die laaste dae so vol liefde vir hulself sou wees dat hulle maklik 'n vriend of geliefde sou verraai. Wat beteken dit om iemand te verraai? Het iemand jou al ooit verraai? Het jy al ooit 'n vriend of geliefde verraai uit vrees of omdat iemand jou gedreig het?

Wat dink jy moes Simson se vrou gedoen het toe die dorpsmense haar gedreig het? Wat kan jy doen as iemand jou dreig tot op die punt waar jy gereed is om 'n geliefde te verraai?

[Na bespreking:] Om iemand te verraai is om dislojaal teenoor hulle te wees en toe te laat dat hul vyande hulle seermaak. Soos 'n brullende leeu kan Satan dinge soos vrees gebruik om jou te kry om jou geliefdes te verraai. Simson se vrou het geval vir die dreigemente van haar dorpsmense. Sy het die fout gemaak om die dreigemente vir Simson weg te steek. As sy vir hom daarvan vertel het, kon Simson hulle uit die moeilikheid uitgehaal het een hulle almal beskerm het met die krag wat God hom gegee het.

As iemand jou dreig om 'n geliefde of vriend te verraai, wees wys en vertel eers vir God daarvan. Vra Hom om sy Heilige Gees in jou te laat opstaan om jou die wysheid en vrymoedigheid te gee wat jy nodig het om op te staan vir jou vriende en familie en getrou aan hulle te wees. As jy hulp nodig het, vertel 'n vriendelike en behulpsame volwassene daarvan.

As jy ooit 'n geliefde of vriend verraai het, vra hulle om jou te vergewe. As iemand jou verraai het, vergewe hulle en vra God om hulle te help om ook vergifnis by Hom te kry. Vra ook vir God om vir jou vriende te gee wat lojaal aan jou sal wees en selfs 'n lojale, vriendin of kêrel wat God liefhet.



KOM ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, dankie dat U my so lief het dat U bereid
was om u Enigste Seun, Jesus, te gee om vir my aan
die kruis te sterf. Laat u Heilige Gees my vul met
liefde om die vrees uit te dryf sodat ek nooit my
geliefdes sal verraai nie. Gee my die moed om vir
hulle op te staan, volgens u Woord. Help my om U
nooit te verraai nie. Vul my met u liefde sodat ek
aan U getrou bly en U meer liefhet as enigiets anders.
Mag u liefde elke dag dieper in my hart groei en vrees
uitdryf sodat ek alles kan word wat U wil hê ek moet wees.
In Jesus se Naam bid ek. Amen!
****************************************************


WAAR KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Rigters 14:1-19



crayons

Delilah Cried for Riddle Answer coloring page
Do Not Fear
Samson Destroys a Lion
Samson Fought a Fierce Lion
Samson Grows Strong
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles
Bible Colour and Learn: 01 The Old Testament
My Bible Stories Coloring Book 2

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle (online)
Crossword Puzzle
Fill-in-the-Blanks
Word Search
Samson and the Lion Maze (lead Samson to God’s Word)
Your Spiritual Strength Activity

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



birds singing

God's People Aren't Superheroes (sing along)
Samson’s Marriage (sing along)
Samson’s So Big!
Samson Songs
What a Friend We Have in Jesus

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



CDs and Videos

Be Courageous (watch online)

Bible on the Go Vol. 13: The Stories of Gideon and Samson
(Judges 6-8, 13, 16) - Unabridged Audiobook [Download]


Buzzing Bees
Chicken Egg Bible Object Lesson

Desired: The Untold Story of Samson and Delilah
Unabridged Audiobook


Judges 14 (dramatized audio)
Love Is Stronger Than fear (watch online)
Samson and Gideon DVD
Samson, honey, a lion, a riddle and a wedding (watch online)
Samson Kills a Lion with His Bare Hands (watch online)
Samson DVD
Samson Sets a Riddle (watch online)
Samson, Sight & Sound Theater Musical DVD
Samson Slays 30 Soldiers
Samson Sunday School - Lesson 1
The History of Samson Part 1

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



child reading a book

Desired: The Untold Story of Samson and Delilah
Lessons We Can Learn from Samson
Long and Strong
Samson Chooses a Wife
Samson: Chosen. Betrayed. Redeemed.
Samson: Strong and Faithful
Samson: The Strong Man of Faith
The Story of Samson (online)

The Judge of God, Volume 1
Z Graphic Novels / Son of Samson comic


VeggieTales SuperComics: Minnesota Cuke
and the Search for Samson's Hairbrush


Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



crafts

Easy Bible Crafts for Samson
Make Samson's Headband

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



Resources for Parents and Teachers

Character by God's Design: Volume 4 (Courage, Wisdom, Loyalty)
God Gives Samson Strength
Samson - Part 2
What the Bible Says About Samson

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources

flowersflowersflowers
The Children\'s Chapel - Award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated March 31, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources