Spioene,Tjankbalies & Dooies
deur Sophia Prinsloo saam met Barbara Wilmerton Haas
Text Version | English | Italian
“Ek wil nie gaan nie!” het Jenny gehuil.
“Ag, my liewe kind, ek sal jou nooit forseer om iets te doen wat jou sal skade aandoen nie! Dit is vir jou eie beswil,” het Ma geantwoord.
“Maar die tandarts gaan my seermaak!” het Jenny geprotesteer.
Ma het probeer om haar te troos deur te sê, “Daardie seer tand moet reggemaak word. Anders kan dit jou hele liggaam siek maak! Kom nou! Wees dapper! Laat my vir jou 'n storie vertel wat jou kan help om jou vrese te oorwin.”
![]()
Toe die Israeliete moeg van reis by Kades in die woestyn van Paran aangekom het, het hulle uiteindelik die grens van die Beloofde Land bereik. Die Here het vir Moses gesê om die mense solank te laat kamp opslaan terwyl hy 12 spioene, een man van elke stam, uitstuur om die terrein te gaan verken. Hy wou hê die spioene moes met hulle eie oë die oorvloed en goedheid van die land sien en 'n goeie verslag bring vir die mense om te hoor met hulle eie ore. Dit was bedoel om hulle vol moed te maak.
Moses was gretig om die Here te gehoorsaam en hierdie spioene uit te stuur, want hy wou ook graag alles weet van die Beloofde Land. Buitendien, dit is altyd goed om soveel as moontlik te weet van die vooruitsige en uitdagings wat voorlê in jou lewe en om te weet of dit vir jou die moeite werd sou wees. Die Israeliete sou moes weet hoe die land lyk — riviere, berge, valleie; hoe vrugbaar dit was — die oorvloed van gewasse, bome en vee; sy huidige inwoners — sterk of swak, baie of min, groot of klein, ryk of arm; die stede — versterk met mure of nie. Dit sou baie help om te weet waarteen hulle moes veg, sodat hulle slaggereed kon wees, om met die Here se hulp en leiding, die grond as hulle kosbare besitting, hulle ewige erfdeel te kon inneem.
Toe het Moses vir Josua, die seun van Nun, uit die stam Efraim — sy vertroude dienaar en Generaal van Israel se leër — aangestel om 11 ander sterk leiers op 'n 40-dae spioenasietog deur die land te neem. Die name van die spioene was Sámmua, Safat, Kaleb, Jígeal, Palti, Gáddiël, Gaddi, Ammíël, Setur, Nagbi en Géhuel. Hulle het almal heel skaflik gelyk, want die Here het gesorg dat hulle klere en skoene nie eens 'n klein bietjie verslete geraak het na maande se reis deur 'n klipperige, stowwerige woestyn nie. Hierdie geheime spioene kon maklik deurgaan as ryk handelaars wat deur die land reis, sonder dat enige van sy inwoners agterdogtig sou raak.
Vol opwinding, het die spioene hulle reis begin. Soos hulle gereis het, het hulle oë lieflike, rustige tonele aanskou van welige gewasse en vrugbare weivelde in die valleie, wat God se grootheid vertoon het! Digte woude en olyfbome op die berge het tot eer van God geritsel, en heuwels het van blydskap gesing terwyl plaasdiere rustig gewei het. Daar was groot getalle wild in die platteland, voëls het getjirp en gekwetter in die bome, en riviere het gewemel met visse. Terwyl hulle oor 'n groen heuwel geloop het, het hulle skielik op 'n kudde beeste afgekom wat in die welige, groen weiveld gewei het.
“Kyk na daardie koeie!” het Sámmua uitgeroep.
“Vergeet die koeie. Kyk na die grootte van hulle uiers!” het Safat na sy asem gesnak. “Hulle is enorm!”
Die spioene het gekyk hoe 'n jong meisie met 'n emmer in haar hand na 'n koei gestap, haar 'n krap op die rug gegee en haar begin melk het. Met bekwame hande, het sy die warm melk in die emmer gespuit totdat die skuim bo-op die ryk, romerig melk amper oor die rand geloop het. Twaalf dors spioene het hulle lippe afgelek en Jígeal het gou voorgestel, “Laat ons bietjie melk by haar koop om te proe hoe lekker dit is!”
Hulle het nader gegaan en gevra of sy melk aan hulle sou verkoop. Sy het ingestem en hulle het haar met 'n blink, goue armband betaal. Josua het vir elke man 'n beker vol van die ryk, romerige melk geskink en hulle het gretig gedrink. “Heerlik!” het Palti glimlaggend gesê, met 'n wit melksnor wat sy boonste lip toegemaak het. Die ander het heelhartig saamgestem.
Met hulle mae vol melk, het hulle verder gestap, maar dit was nie lank nie voor hulle op 'n byenes in 'n skeur van 'n rots afgekom het. “Enigeen lus vir heuning?” het Gáddiël gevra, terwyl hy reeds besig was om 'n vuur te maak. Hy het 'n rokende fakkel aangesteek en die bye daarmee verdryf sodat hy by die heuning kon uitkom. Gaddi en Ammíël het hom gehelp en gou-gou het elke man gesmul aan die soet, goue heuning uit 'n stuk heuningkoek.
“Dit is sowaar 'n land wat oorloop van melk en heuning net soos die Here belowe het. Ek sou veg met al my krag om dit in besit te neem ek en is seker die Here sal ons help om dit te verower,” het Kaleb vol geloof gesê. Die ander het saamgestem.
![]()
Nadat hulle die oorvloed van die platteland behoorlik geniet het, het die spioene verder getrek en die stede besoek van die Amalekiete in die suide, asook die Hetiete, die Jebusiete en Amoriete in die heuwels, plus die Kanaäniete aan die kus van die Mediterreense see en in die Jordaanriviervallei. Dit was toe dat 10 van die spioene baie stil geraak het. Waarom? Hulle het bang geraak, omdat sommige van die stede versterk was met sterk, dik mure tot 20 voet dik en 25 voet hoog. In hierdie stede, was daar wagte op die mure gestasioneer, wat die stad dag en nag gepatrolleer het vanuit 'n baie goeie uitsig hoog daarbo. “Hoe sal ons ooit in staat wees om deur daardie mure te kom?” het die 10 spioene in stilte gewonder.
Behalwe vir die ondeurdringbare mure, het die spioene het ook opgelet dat die meeste van die inwoners van die stede sterk, gesond en heeltemal bekwaam was om oorlog te voer. Nog erger, in Hebron, het 10 bang spioene nog 'n groot skok gekry toe hulle die Enakiete gesien het! Hierdie mense was reusagtig, tussen 6 en 9 voet lank, en hulle het 10 van die spioene laat voel soos sprinkane langs hulle. Dit was net Josua en Kaleb wat nie omgegee het oor die sterk, hoë mure of die magtige reuse nie, omdat hulle geweet het dat, met die Here aan hulle kant, kon hulle oor enige muur spring en enige reus verslaan. Kon daar enigiets wees wat te moeilik is vir die Here?
Op hulle pad terug ná 40 dae, het die spioene van die vrugte langs die pad gepluk as 'n voorbeeld vir die Israeliete in die kamp. In 'n vallei, het hulle die grootste tros uitgeswelde druiwe gekoop wat hulle nog ooit gesien het. Die tros was so massief, dat twee spioene dit tussen hulle op 'n houtpaal moes dra. Hulle was so beïndruk met die tros druiwe dat hulle die vallei “Eskol” genoem het, wat “Tros” beteken. Verder langs die pad, het hulle hulle sakke vol gestop met sagte, soet, sappige vye en groot, ronde, rooi granate met skitterende helder rooi pitte vol gesonde vitamiene en anti-oksidante binne-in.
Die ontdekkingstog van die spioene was 'n dawerende sukses, maar hoe sou die mense reageer op hulle verslag? Soos hulle nader aan die kamp gekom het, was hulle tegemoet gegaan met 'n gegons van dansende kinders en die opgewonde geklets van grootmense. Almal het rondom hulle vergader toe die spioene verslag gebring het aan Moses en die vrugte wat hulle saamgebring, vertoon het.
Josua het langs Moses gaan staan en die skare beduie om stil te bly, “Die land waarheen ons gestuur is, is inderdaad 'n pragtige land van oorvloed, 'n land wat oorloop van melk en heuning net soos die Here belowe het. Kyk net na die vrugte wat ons saam met ons gebring het — 'n ware weerspieëling van hoe oorvloedig God ons wil seën. Omtrent die mense….”
“Ja, die mense,” het Setur bang onderbreek. “Die Amalekiete woon in die suide, die Hetiete, Jebusiete en Amoriete in die heuwels met die Kanaäniete langs die kus en die Jordaanriviervallei. Hierdie volke is so MAGTIG! Hulle is almal gespierde, bekwame krygers!”
Nagbi kon nie sy angs beteuel nie en het senuweeagtige uitgeblaker, “En hulle stede is versterk met dik, hoë mure met wagte wat hulle dag en nag bewaak! Ons sal nie in staat wees om eens naby daardie stede te kom en hulle te probeer verower nie, wat nog probeer om 'n duik in daardie mure te maak.”
“Nog erger,” het Géhuel uitgeroep, merkbaar ontsteld, “ons het die Enakiet reuse daar gesien! Hulle sal ons soos sprinkane onder hulle voetsole vertrap!”
“NEE! Dit is NIE waar nie!” het Kaleb geskreeu, duidelik kwaad oor die lafhartigheid van hulle woorde. “Ons kan regtig hierdie volke te verower, reuse of nie! Laat ons opgaan en die land onmiddellik in besit neem! Die Here sal ons help, omdat Hy dit belowe het!”
Maar die tien vreesagtige spioene het hulle ongelowige opinies gelug en uitgeroep, “Hoegenaamd nie! Hulle sal ons verslaan en slawe van ons vroue en kinders maak!”
Toe die volk van Israel die vrees hoor in die stemme van die 10 bang spioene — hulle woorde van nederlaag, dood en slawerny — het hulle begin huil. Hulle het gesanik en geween, en met ongeloof en vrees die hele nag lank gekerm asof hulle reeds getreur het oor die gesneuweldes, “As ons tog net in Egipte of in hierdie woestyn gesterf het, eerder as om in hierdie land geneem te word! Die Here HAAT ons en Hy wil hê ons moet doodgemaak word in hierdie land. Ons sal sterf en ons vroue en kinders sal weer slawe word. Dit is net te erg om te verdra!”
Nog 'n dwase idee het soos 'n warrelwind deur die laer getrek daardie nag en die mense het geskreeu, “Laat ons 'n nuwe leier kies en terugkeer na Egipte!”
Toe Moses en Aäron dít hoor, het hulle plat op hulle aangesigte geval voor die mense. Die enigste twee dapper spioene wat die Here ten volle vertrou het, Josua en Kaleb, het hulle klere geskeur van ontsteltenis oor die mense se ongeloof en het probeer om die volk gerus te stel deur te sê, “Kan julle nie verstaan nie? Die Beloofde Land is 'n pragtige, vrugbare land wat die Here vir julle wil gee omdat Hy julle LIEFHET en julle wil SEËN. Julle is sy uitverkore volk. Moet asseblief nie teen die Here rebelleer nie, en moet glad nie die inwoners vrees nie omdat die Here met ons is en nie met hulle nie. Hy het hulle beskerming weggeneem en hulle kan ons nie skade doen nie want hulle vertrou op hulleself en in hulle lewelose afgode.”
Dit was so jammer dat die huilende volk hulle fokus net op die negatiewe dinge gehou het. Hulle was so ontsteld dat hulle klippe begin optel het om Josua en Kaleb te stening maar die Here het ingegryp en sy heerlikheid het in die hemelruim verskyn. Skielik, het Hy met Moses gepraat en gesê, “Wat is verkeerd met hierdie mense? Waarom verag hulle My soveel? Sal hulle My nooit glo nie, selfs nie na al die wonderwerke wat Ek vir hulle gedoen het nie? Laat Ek hulle liewer doodmaak en jou 'n groot nasie maak wat baie magtiger is as hulle!”
“Nee! Asseblief, Here! Wat sal die Egiptenaars sê as hulle hoor dat U die Israeliete uit Egipte verlos het net om hulle dood te maak sonder dat hulle die doel bereik het wat U voor ons gestel het? Hulle sal sê U was nie magtig genoeg om u belofte na te kom en ons veilig in die Beloofde Land te bring nie. En wat van die waarskuwings wat die Egiptenaars na die inwoners van Kanaän gestuur het dat U 'n magtige God is en van aangesig tot aangesig met ons praat? Wat van die wolkkolom en die vuurkolom wat hulle sien ons lei? Asseblief, Here, toon tog u krag, u geduld, u genade en onwrikbare liefde en vergewe ons ons sondes soos U al soveel kere tevore gedoen het!”
Die Here het geantwoord, “Reg, Moses. Ek sal doen soos jy sê en hulle vryspreek. Maar verstaan mooi: Hierdie volk het my wonderwerke in Egipte en in die woestyn gesien; tog het hulle geweier om My te gehoorsaam en te vertrou vir tien keer in 'n ry. So, luister nou mooi! Nie een van hulle, ouer as 20 jaar oud, sal ooit die land sien wat Ek aan hulle voorvaders belowe het nie weens hulle ongehoorsaamheid, ongeloof en gebrek aan liefde vir My. Hulle sal almal sterf in hierdie woestyn maar hulle kinders, wat hulle gedink het slawe sou word, sal die mense wees wat die Beloofde Land erf. Van die mense ouer as 20 jaar oud, sal net Josua en Kaleb, wat van 'n ander gees is, die land binnegaan, want hulle het my vertrou en gehoorsaam en het My lief met hulle hele hart en siel en verstand en krag. So, draai om, gaan terug na die woestyn. Vir elke dag wat die spioene in die Beloofde Land was, sal die mense 'n jaar in die woestyn deurbring totdat hulle almal gesterf het. Ja, hulle sal doelloos in die woestyn dwaal vir 40 jaar lank.”
Toe die Here sy sin afgesluit het, het die 10 bang spioene wat die volk laat vrees en teen God rebelleer het, skielik dood neergeval voor die Here. Net Josua en Kaleb het lewendig gebly.
Toe Moses vir die volk sê wat die Here gesê het, was hulle baie jammer en 'n gevoel van diepe droefheid het dwarsdeur die kamp versprei. Daar was egter steeds onbeantwoorde vrae. Was hulle regtig jammer omdat hulle ongehoorsaam aan die Here was of was hulle jammer dat hulle nie die Beloofde Land sou beërwe nie, maar eerder moes teruggaan woestyn toe?
Vroeg die volgende oggend, het die Israeliete opgestaan en gereed gemaak om die Beloofde Land binne te gaan. Dit was asof hulle heeltyd alles wat die Here hulle beveel het om te doen, weerstaan het. Vir 'n oomblik het hulle by Moses se tent gestop en geskreeu, “Moses, hier is ons! Ons het gesondig, maar nou is ons gereed om die Beloofde Land binne te gaan en dit te beërwe.“
“NEE!” het Moses gewaarsku. “Julle is te laat! Kan julle nie sien julle is weer ongehoorsaam aan die Here se bevele nie? Die Here is nie met julle nie en as julle sounvoortgaan, sal julle vyande julle verslaan!”
Ongelukkig, wou die hardkoppige volk nie luister nie. Hulle het nog nie hul les geleer nie. Vol bravade het hulle die heuwelland binnegegaan sonder Moses of die Ark van die Verbond, so asof hulle die Beloofde Land met hulle eie krag kon binnegaan. Maar hulle het gou genoeg uitgevind dat om aan die Here ongehoorsaam te wees altyd lei tot ellende. Die Amalekiete en Kanaäniete, wat in die heuwels gewoon het, het hulle opgemerk, van die heuwels afgekom en die hele ongehoorsame klomp van hulle al die pad tot by Horma gejaag. Verslaan, het hulle teruggekeer na die laer en Moses het hulle teruggelei in die woestyn in.
![]()
ONTHOU!
Weet soveel as wat jy kan oor elke uitdaging wat jy beleef, maar moet nooit die krag van God onderskat om jou deur te dra nie, want Hy het jou regtig baie lief.
DINK!
1. Hoeveel spioene het Moses uitgestuur na die Beloofde Land?
2. Wie het 'n goeie, geloof-gevulde verslag gegee?
3. Waarom het die ander spioene 'n slegte verslag gegee?
4. Vir hoeveel dae lank het die spioene die Beloofde Land verken?
5. Na watter spioene het die Israeliete geluister en hoe het hulle reageer?
6. Hoeveel jaar sou die Israeliete in die woestyn moes ronddwaal?
7. Waarom dink jy die Israeliete was jammer? Omdat hulle God ongehoorsaam was of omdat hulle gestraf is?
8. Wat ons ons doen om nie so ongehoorsaam soos die Israeliete te wees nie?
'N VERS OM TE LEER:
“Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie in een van julle miskien 'n bose of ongelowige hart is deur dat hy van die lewende God afvallig word nie” (Hebreërs 3:12).
ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER:
“Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie” (Lukas 1:37).
“Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing” (2 Timótheüs 1:7).
PRAKTIESE TOEPASSING
Wat maak jou die bangste? Miskien is dit spinnekoppe, slange of kastige monsters. Wat van hoogtes of water, of nou plekke of die donker, of om tandarts of dokter toe te gaan? Miskien word jy bang as jy sien hoe jou ouers of ander mense met vrees optree wanneer hulle slegte nuus kry. Wat het vrees ingeboesem in die harte van die Israeliete in hierdie verhaal?
[Na bespreking:] Behalwe dat hulle bang was om die Beloofde Land binne te gaan met nuus van al die groot reuse, opgeleide soldate en massiewe mure, was die Israeliete bang om God se wil te doen. “Hoekom?” vra jy. Want hulle het hul vertroue in God verloor omdat hulle Hom nie heelhartig liefgehad het nie. Hulle het nie besef hoe lief God vir hulle was, hoe baie Hy vir hulle omgegee het en hoe graag Hy vir hulle die beste van die lewe wou gee nie.
Het jy al ooit toegelaat dat ander mense jou moedeloos maak of jou uitpraat om Jesus te vertrou vir wat ook al jou behoefte was? Het ander veroorsaak dat jy geloof verloor terwyl jy diep binne-in jou hart geweet het dat God alles vir jou ten goede kon laat meewerk? Om bang te wees om God se wil te doen, is nie 'n sonde nie. Wat sondig is, is wanneer jy ophou glo in God se krag om jou te help. Selfs Jesus was baie angstig voordat Hy gekruisig is, maar Hy het steeds gekies om God se wil te doen ten spyte van hoe Hy gevoel het. Waarom het Hy gekies om God se wil te doen? Omdat Hy sy Vader in die hemel vertrou en liefgehad het met alles wat binne-in Hom was, en boonop het Hy jou ook liefgehad. Hy het na die Kruis gegaan vir jou. Sy groot liefde het alle vrees oorwin om God se plan uit te voer.
Miskien lê God dit op jou hart om vir iemand van Jesus te vertel, of om iemand om vergifnis te gaan vra vir iets wat jy verkeerd gedoen het. Of miskien keer vrees jou om jou talente tot sy eer te gebruik? Miskien is jy bang om in geloof uit te stap en God te vertrou. Of dalk luister jy na ander stemme wat jou laat vrees en God laat wantrou.
Onthou, God is nie teen jou nie, maar VIR jou, en jy kan vertrou dat sy plan vir jou lewe volmaak en goed is. Hy wil hê jy moet sy plan volg sodat jy al die goeie dinge kan ontvang wat sy Woord belowe. Wees vasbeslote om God se wil te doen soos Josua en Kaleb. Spits jou daarop toe om 'n baken van hoop en geloof in hierdie vreesvervulde wêreld te wees. Neem 'n oomblik in gebed en vra God om alle vrees en twyfel weg te neem, en jou te leer om Hom volkome te vertrou sodat jy sy beloftes kan verkry.
LAAT ONS BID:
![]()
****************************************************
Hemelse Vader, dankie vir al die beloftes in u Woord.
Help ons om te bang te wees vir ons omstandighede of vir
uitdagings nie maar in plaas daarvan, help ons om U te
glo om ons deur te dra en u beloftes te beërwe.
In Jesus se Naam bid ons. Amen.
****************************************************
KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Númeri 13:1 - 14:45
AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html
![]()
Moses and Spies Coloring Page (online)
Promised Land Grapes Coloring Page (online)
Moses Coloring Page (online)
Bible Heroes Coloring Book
12 Spies Coloring Page (online)
Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
God Cares for Me Coloring Book by Shirley Dobson
My Bible Coloring Book: Genesis to Revelation by Shirley Dobson
God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Favorite Bible Stories Coloring Book (reproducible)
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books
![]()
Jigsaw Puzzle (online)
Word Search (online)
Fill in the Blanks (online)
Crossword Puzzle (online)
Cryptogram (online)
Maze (online)
Find the Objects in the Picture (online)
Ten Sad, Two Happy Faces (online)
The 12 Spies Activities - Calvary Curriculum (online)
Wandering in the Wilderness Activities - Calvary Curriculum (online)
Life of Moses Bingo Game
Moses and Exodus Games and Puzzles (online)
Moses (Exodus) Printable Worksheets (online)
Moses Game Board (online)
Moses Trading Cards (online)
Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles Sticker Books
![]()
12 Spies Bible Crafts (online)
12 Spies Binoculars (online)
12 Spies Yes and No Sign (online)
Moses Crafts (online)
Moses' Special Staff Craft (online)
Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]
Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)
The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible
![]()
God Is the One in Charge! (read online)
Good and Evil: The Bible As Graphic Novel
HOBC Bible Big Book: Moses
Kingstone Bible Series: Moses Comic Book
Moses and the Long Walk
Moses' Big Adventure: Lift-the-Flap
Moses/John Flip-Over Book
Moses God's Brave Servant
Moses Leads the People
Moses the Traveler: Guided by God
Power Bible: Bible Stories to Impart Wisdom
# 2 - Moses, Leader of the Israelites
Read-Aloud Bible Stories, Volume 3
365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)
![]()
Bible Comes Alive Volume 2 Your Story Hour 4 CDs
Bible on the Go Vol. 09: The Holy Tent and the Golden Calf
(Exodus 26, 32, 40) - Unabridged Audiobook [Download]
Greatest Heroes: The Story of Moses (watch online)
Joshua and the Spies (watch online)
Spies in Canaan - Action Bible (watch online)
Superbook: Joshua and Caleb DVD 12 Spies - Skit Guys (watch online)
12 Spies in Canaan - Kids Bible Time (watch online)
All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
![]()
My God Is So Big So Strong and So Mighty (online sing along)
12 Went Down (watch online)
Two Said God - Donut Man (online sing along)
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
Illustrated Songs
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids
Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
Sunday School Song Medley (online)
The Bible in a Minute (online)
25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music
RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS
LIFEPAC: The Story of Moses
The Story of Moses for Kids (online)
The 12 Spies Activities - Calvary Curriculum (online)
The 12 Spies - Sunday School Sources (online)
The 12 Spies Bible Lesson - Trueway Kids (online)
Wandering in the Wilderness Activities - Calvary Curriculum (online)
Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)
FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide (online)
52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me
God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs
Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles
Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings
Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry
Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know
Children's resources (online)
![]()
Copyright © 2024 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.Permission is granted to reproduce this page
for ministry purposes only. Not for resale.
Free Bible Stories!
To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at
You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.
AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html
Webmaster
Last updated November 11, 2024
Pictures Courtesy of Free Bible Images
Welcome! *
What's Here *
Bible Stories
E-Mail Us *
Around the Piano *
4 Things
Events *
Children's Chapel *
Adult Chapel
Missing Link *
Links *
Resources *
Donate