The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Honger Harte
deur Sophia Prinsloo saam met Barbara Wilmerton Haas

The next morning dew covered the desert around the camp and when it disappeared flakey white stuff was left behind

Text Version | English | Italian


Gus het 'n honger in sy hart gehad wat hy nie kon stil nie. Hy was nie honger vir iets om te eet nie, maar vir iets anders. Hy het nie geweet wat om daaromtrent te doen nie of hoe om dit te hanteer nie, en dit het hom hartseer gemaak. Elke dag het hy skooltoe gegaan met 'n kosblik vol van die heerlikste toebroodjies, 'n sappige vrug of twee en 'n spesiale lekkerny vir die dag. Maar dit alles, kon die honger in sy hart nie stil nie.

In die klas, het Gus langs Frank gesit, maar Frank het 'n ander soort honger gehad wat hy nie kon stil nie. Sy pa het sy werk verloor en daar was skaars genoeg kos vir almal in die huis. Hulle het net-net oorleef.

Boys at lunch Soos die dae verbygegaan het, het die honger in Gus se hart erger geword en hy het amper nie meer geglimlag nie. Net so, het Frank se voorkoms versleg soos sy skoene al hoe meer gedaan gelyk, die kleure van sy ou klere begin verbleik en hy nie meer 'n kosblik skooltoe gebring het nie. Eendag, in die Wiskunde klas, het Frank se maag begin grom van die honger. Hy het vinnig sy arms oor sy maag gevou en 'n bietjie gebloos. Meneer Bakker, die Wiskunde onderwyser het niks gehoor nie, maar Gus het. Hy het onthou dat sy Ma sy kosblik tot oorlopens toe vol gepak het en hy het besluit om iets te doen aan Frank se maag.

So, gedurende pause, met sy kosblik in sy hand, het Gus oorgeloop na Frank toe waar hy alleen onder 'n boompie op die speelgrond gesit en met sy skoenveters gevroetel het. “Hi Frank. Gee jy om as ek by jou sit?” het Gus gevra met 'n vriendelike glimlag.

Frank het met 'n skaam glimlag, opgekyk en gesê, “Sekerlik Gus.”

Gus het opgelet dat Frank nie sy honger oë van sy kosblik kon afhou nie, en toe hy gaan sit, het hy gevra, “Sal jy omgee as ek my kos met jou deel? My ma het my kosblik volgepak met genoeg vir twee, en ek wil haar regtig nie teleurstel deur dit met oorskiet terug te neem huistoe nie.”

Dankbaar, het Frank Gus se aanbod aanvaar en hulle het die mondwaterende versnaperings verorber. Die volgende dag, het Gus weer dieselfde gedoen en terwyl hulle aan frikkadelle gesmul het, het hy besluit om sy diepste gedagtes met Frank te deel, “Frank, ek het 'n honger wat ek nie weet hoe om te stil nie. Dit is nie vir kos nie, maar vir iets diep binne-in my hart. Van gister af, toe ek my kos met jou begin deel het, voel ek 'n bietjie beter, maar iets skort steeds.”

Frank het geglimlag en gesê, “Miskien kan ek jou daarmee help.” Hy het geaarsel en toe heel onverwags gesê, “Jy moet God eet.”

Geskok, het Gus geantwoord, “WAT IS DIT? Wat op aarde sê jy?”

“Jy moet Jesus eet!” het Frank voortgegaan, “Jesus het self so gesê toe Hy op hierdie aarde gewandel het.”

Gus het gewonder of Frank nie 'n bietjie mal is in sy kop nie en het gesê, “Hoe kan ek Iemand eet wat dood is, opgestaan het en hemel toe gegaan het?”

“Nee, dommie!” het Frank geglimlag. “Om ‘Jesus te eet,’ beteken om in Hom te glo. Hoe meer jy Hom leer ken, hoe meer sal Hy die verlange in jou hart stil maak en hoe sterker sal jou geloof word. Wil jy nie vanaand saam kom na ons kerk se jeuggroep nie? Dan kan jy alles leer van hoe Jesus jou honger hart kan stil.”

Gus was gretig om saam met Frank na Sy jeuggroep te gaan daardie aand. Daar het hulle gehoor van die Brood uit die Hemel en die jeugleier het vir hulle 'n storie vertel:



striped bar


Moses followed the pillar of cloud leading the Israelites through the wilderness of Sin Was jy al ooit weg van die huis af vir 'n lang tyd? Wel, 'n maand en 'n half nadat hulle Egipteland verlaat het en wonderbaarlik verlos is toe hulle deur die Rooi See op droë grond getrek het, het Moses die Israeliete deur die woestyn Sin gelei. Daar was oral sand en klippe. Hulle kosvoorrade was besig om op te raak. Deur net hulle probleme raak te sien, het die Israeliete baie ongelukkig geword, omdat hulle die Here nie ten volle vertrou het nie.

Die volk was só ontevrede, dat hulle skoon vergeet het hoe swaar dit was om slawe in Egipte te wees. Hulle het selfs die ontsagwekkende wonderwerke vergeet wat God gedoen het om hulle uit Egipteland te verlos. Boonop, het hulle selfs getwyfel dat dit werklik die Here was wat hulle uit Egipte gelei het, en daarom het hulle onder mekaar begin murmureer.

Hulle het gekla, “Moses, dit is alles JOU skuld, nie ons s'n nie! In Egipte het ons vleis en brood, welige groen gewasse en vrugtebome gehad. Nou, hier in hierdie verlate plek, is daar niks anders as oneetbare sand en klippe nie. Waarom het die Here ons nie in Egipte doodgemaak met die plae nie? Dit sou baie beter gewees het as om 'n verskriklike dood van hongersnood te sterf hier in hierdie dorre woestyn.”

Moses and Aaron gathered all the people Moses, hulle liefdevolle leier, het nederig gaan bid en die Here het geantwoord, “Ek sal vanaand vir die volk vleis gee en môreoggend sal brood uit die hemel neer reën. Almal sal net soveel as wat hulle nodig het kan bymekaar maak. Ek sal hulle ook toets om te sien of hulle 'n eenvoudige bevel kan gehoorsaam: Hulle sal hierdie kos kan bymekaarmaak vir ses dae na mekaar. Op die sesde dag, moet hulle twee keer soveel bymekaarmaak, maar op die sewende dag, sal daar niks wees nie. Dan moet hulle rus van kos bymekaarmaak.”

Toe het Moses en Aäron al die mense laat saamkom en gesê, “Die Here het julle gekla gehoor en Hy het gesê julle murmureer nie regtig teen ons nie, maar teen Hom. Maar die Here het julle lief en wil hê julle moet sy heerlikheid sien. Dit is waarom Hy vir julle vleis sal stuur vanaand en vroeg môreoggend, sal Hy vir julle brood in oorvloed stuur. Hy wil hê julle moet Hom nader en sy heerlikheid sien, sodat julle kan weet dat Hy vir julle omgee en vir julle sal voorsien.”

They all stuffed their rumbling tummies with delicious roasted quails Terwyl die volk na Moses en Aäron geluister het, het die stralende heerlikheid van die Here skielik in die wolke verskyn. Die Israeliete was in verwondering en Moses het gehoop dat die heerlikheid van die Here wat hulle gesien het, hulle sou bemoedig om met hulle hele hart te glo dat die Here hulle liefgehad het en vir hulle sou sorg waar hulle ook al sou gaan. Hy het geweet dat as hulle nie geleer het om die Here te vertrou nie, sou hulle ontevrede slawe bly in hulle harte.

Daardie aand, het die Israeliete 'n suisende geluid gehoor in die verte. Dit kon nie die Egiptenaars wees wat aankom nie, want hulle leër was verwoes in die Rooi See. Die Israeliete het gewonder wat dit kon wees, en soos dit nader gekom het, kon hulle die flappende geluid van honderde duisende vlerke hoor. Ja, die Here was getrou aan sy Woord en, net soos Hy belowe het, het swerms kwartels in die laer ingevlieg gekom en op hulle tente, hulle besittings en op die grond geland. Hulle het met hulle eie oë gesien dat die Here vir hulle omgee en daardie aand, het hulle almal hulle grommende mae volgestop met heerlike, gebraaide kwartels.

Die volgende oggend, het dou die woestyn bedek rondom die laer en toe dit verdwyn, het krummelrige wit goed agtergebly. Dit het gelyk soos ryp, maar dit was nie koud nie en dit het nie gesmelt as jy daaraan raak nie. Dit was die eerste keer in hulle hele lewe wat die Israeliete so iets gesien het. Die nuuskierige kinders het gesê, “Pa! Ma! WAT IS DIT?”

What is it Pa's en ma's het gefrons, vraend na mekaar gekyk en gesê, “WAT IS DIT? Ons weet nie. Laat ons vir Moses gaan vra.”

Moses het aan hulle verduidelik, “Dit is die brood wat die Here belowe het om aan julle te gee. Julle sal hierdie brood eet vir solank as julle deur die woestyn trek, totdat julle die Beloofde Land binnegaan. Die Here het gesê dat julle soveel moet bymekaarmaak as wat julle nodig het vir elke dag, maar Hy het gewaarsku om dit nie oornag te laat lê nie, want dit sal sleg word.”

Die mense het toe die wit goed bymekaargemaak. Die wit, korrelrige goed was dieselfde grootte as koriandersaad, of omtrent so groot soos 'n pêrel, maar plat, en hulle het dit “MANNA” genoem, wat beteken, “WAT IS DIT?” Hulle moes dit vroeg in die oggend insamel voordat dit in die son gesmelt en verdwyn het, en daar was presies die regte hoeveelheid vir elkeen.

There was exactly the right amount for everyone Versigtig, het hulle dit geproe en, SJOE! Hulle was aangenaam verras want dit het net soos heuningbrood geproe. Die Israeliete het 'n resep uitgedink, dit gemaal soos graan en dan gaargemaak deur pannekoeke te maak. LEKKER!

Party van die mense was 'n bietjie lui. Hulle wou nie elke oggend vroeg opstaan om manna op te tel nie, en hulle was ongehoorsaam aan die Here en het besluit om van die manna te bêre in 'n kruik tot die volgende dag. Die volgende oggend, het hulle laat geslaap terwyl die ander mense manna gaan optel het. Toe die hongerpyne hulle uit die bed uit jaag en hulle die kruike oopmaak om pannekoeke vir ontbyt te maak, POEF! Die walglikste reuk ooit het hulle getref. Die oorskiet manna was vol stinkende, kruipende maaiers en hulle moes dit weggooi, buite die laer. So moes die ongehoorsame mense honger bly daardie dag!

Op die sesde dag, was daar twee keer soveel manna as gewoonlik en die volk wou weet hoekom. Moses, die geduldige leermeester wat hy was, het vir die mense gesê dit was omdat die sewende dag 'n Sabbat was, 'n dag van rus, en dat daar geen manna sou wees daardie dag nie. Hulle moes in hulle tente bly, rus en nie uitgaan om manna op te tel die volgende oggend nie.

They were met with the most disgusting smell ever Daardie Israeliete wat gehoorsaam was aan die Here, het wyslik twee keer meer as gewoonlik op die sesde dag ingesamel, sodat hulle genoeg oorgehad het vir die Sabbat. Toe hulle hul kruike oopgemaak het op die sewende dag, was die manna nog heeltemal reg om te eet en pannekoeke van te maak, en kon hulle rus van manna optel daardie oggend. Party van die mense was egter ongehoorsaam en het slegs die gewone hoeveelheid vir een dag op die sesde dag opgetel, omdat hulle gedink het daar sou ook manna wees op die sewende dag. Maar hulle was verkeerd!

Toe hulle uitgegaan het om manna op die Sabbat op te tel, kon hulle nêrens manna kry nie en hulle moes honger ly die hele dag. Deur honger te bly, het hulle vinnig geleer dat die Here ernstig was oor wat Hy beveel. Hulle het geleer dat hulle gehoorsaam moes wees as hulle nie weer wou honger ly nie.

Die Here het Moses ook beveel om vir Aäron te sê om 'n monster van twee liter van die manna te neem en dit in 'n kruik te bêre op 'n heilige plek as 'n museum eksemplaar vir toekomstige geslagte. Dan sou hulle ook kon sien hoe lyk die bonatuurlike kos wat hulle voorvaders geëet het in die woestyn.

Aäron het presies gedoen wat hom beveel was en, later, toe die tabernakel van die Here gebou was, het hulle die manna in 'n spesiale houer gesit en binne-in die Ark van die Verbond gebêre. Vir 40 jaar lank het die Israeliete in die woestyn rondgetrek en nooit was dit vir hulle nodig om bekommerd te wees dat hulle weer sou honger ly nie.



striped bar


Daardie aand by die jeuggroep, het Gus en Frank ook geleer dat, net soos die Here sy liefde bewys het deur vir die Israeliete brood uit die hemel te gee om hulle honger mae vol te maak om aan die lewe te bly in die woestyn, het Hy ook sy liefde bewys deur Jesus Christus te stuur om ons honger harte vol te maak en vir ons die ewige lewe te gee wanneer ons begin om in Hom te glo en te gehoorsaam. Net soos die Israeliete die manna elke dag moes optel en eet, moet ons daagliks tyd deurbring saam met Jesus deur tot Hom te bid, sy Woord te lees en te doen wat dit sê.

Die beste manier om jou Bybel te lees, is om eerste die Here te vra om jou te help verstaan wat jy gaan lees, en te glo dat Hy jou sal help, selfs voor jy begin te lees. Net soos kos verskillende smake het soos soet, suur, souterig, en so aan, kan die gedeeltes in die Bybel jou hart verskillende gevoelens gee soos blydskap, oortuiging van sonde, jou tugtig en waaksaam maak — hoe om op te tree in 'n situasie — en baie meer.

Ook, net soos sommige kosse maklik is om te eet en in jou mond smelt, soos roomys, is sommige gedeeltes maklik om te verstaan. Ander gedeeltes is moeilik om te verstaan en is meer soos om 'n stuk taai biefstuk te kou, wat beteken jy moet jou tyd neem en hard daaroor nadink, sodat jy dit kan verteer. Ons noem dit bepeins.

Soms sal jy iemand moet vra om jou te help verstaan, maar net soos biefstuk baie voedsaam is en jou sterk maak, sal dit, as jy 'n poging aanwend om die Bybel te verstaan, jou geestelike spiere bou en jou sterk en wys maak, sodat die Here jou in sy Koninkryk kan gebruik, net soos Hy met Moses gedoen het. God hou daarvan om te weet dat jy ernstig is oor Hom en 'n poging aanwend om Hom te leer ken.



striped bar

ONTHOU!

Net Jesus kan jou honger hart versadig wanneer jy in Hom begin glo, tyd neem om van Hom te leer en Hom te gehoorsaam.



DINK!

1. Waarom het die Israeliete gemurmureer in hierdie storie?
2. Het die Here hulle gekla gehoor?
3. Hoe het die Here hulle probleem opgelos?
4. Waarna het die manna geproe?
5. Dink jy die Here het hulle liefgehad en vir hulle omgegee?
6. Dink jy die Here het jou lief en gee om vir jou?
7. Het almal God gehoorsaam en die manna vir ses dae opgetel en die sewende dag gerus?
8. Waarom moet jy in Jesus glo en tyd maak om elke dag van Hom te leer?



'N VERS OM TE ONTHOU:

“Want die brood van God is Hy wat uit die Hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee” (Johannes 6:33).



'N ALTERNATIEWE VERS OM TE ONTHOU:

“En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie” (Johannes 6:35).

PRAKTIESE TOEPASSING

Kom ons hoor. Wat is jou gunsteling kos? Was jy al ooit so honger dat jou maag gegrom of seer was? Of het jy al ooit swak en geīrriteerd gevoel, maar nie geweet hoekom nie totdat jy iets lekkers gesien het om te eet? Toe het jy geweet dat jy honger was, nê?

Sê nou vir my, hoe weet jy wanneer jou hart honger is? Kan dit wees dat jy 'n diep verlange in jou hart het om in iets te glo wat die moeite werd is of miskien het jy 'n begeerte om reg te wees met God? Aan die ander kant, miskien het jy nie eers besef hoe honger jou hart is nie, totdat jy gehoor het hoe lief Jesus jou het en toe kom jy agter dat jy graag meer van Hom wou weet.

[Na bespreking:] Net soos jy jou honger kan stil met gemorskos, net so kan jy probeer om jou hart tevrede te maak met verkeerde dinge, soos wêreldse dinge wat jou vir 'n rukkie laat goed voel, maar jou ná die tyd slegter laat voel en jou met 'n skuldige gewete agterlaat. Die enigste manier om die honger in jou hart te stil, is om Jesus as jou Here en Verlosser te aanvaar en dan alles wat jy kan van Hom uit die Bybel te leer, Hom te gehoorsaam, tot Hom te bid en Hom te vereer elke dag. Die Woord van God sê: “Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil” (Psalm 34:9).

Neem 'n oomblik in gebed en dank Jesus dat Hy gekom het om jou honger hart te versadig. Vra Hom om jou deur die dag te leer, te lei en te help. Onthou altyd om tot Hom te bid en Hom te vereer elke dag sodat jou geloof sterk kan word.


LAAT ONS BID:

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, dankie dat U Jesus Christus, die ware Brood
uit die Hemel, vir ons gestuur het om my honger hart te versadig.
Leer, lei en help my deur hierdie dag. Help my
om te bid en tyd te maak om van U te leer
elke dag sodat ek kan sterk word in my geloof.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************



KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

Exodus 16:1-36


BIBLE STORY ARCHIVE
www.childrenschapel.org/bibstory2.html


crayons

God Sends Manna Coloring Page (online)
Food from Heaven Coloring Page (online)
Moses Coloring Page (online)
Ancient Egypt Coloring Pages (online)
Israel's Enslavement in Egypt (online)
Plagues of Egypt Coloring Pages (online)
Bible Heroes: Moses Colouring Book
Colouring The Old Testament: Colour Your Own Bible Comics

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
God Cares for Me Coloring Book by Shirley Dobson
My Bible Coloring Book: Genesis to Revelation by Shirley Dobson

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Favorite Bible Stories Coloring Book (reproducible)
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle (online)
Word Search (online)
Fill in the Blanks (online)
Crossword Puzzle (online)
Cryptogram (online)
Maze (online)
Bread from Heaven (online)
Life of Moses Bingo Game
Moses and Exodus Games and Puzzles (online)
Moses and the Ten Plagues Activity Book (online)
Moses and the Ten Plagues Tales of Glory Play Set
Moses (Exodus) Printable Worksheets (online)
Moses Game Board (online)
Moses Trading Cards (online)
Ten Plagues Games (online)
Ten Plagues of Egypt Activity (online)
Crossing the Red Sea Activities (online)
The Ultimate Passover Reusable Sticker Book

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles Sticker Books



crafts

God Parts the Red Sea Paper Craft (watch online)
God Provides Manna Craft (watch online)
Make the Scene in a Bottle (watch online)
Manna from Heaven Craft (online)
Manna in the Desert Craft (online)
Moses and Exodus Crafts (online)
Moses and the Israelites Crossing the Red Sea Paper Plate Craft (watch online)
Moses and the Red Sea Bible Craft (watch online)
Moses and the Red Sea Paper Craft (watch online)
Moses Clothespin Figure with Sandbox Bible Scene Display (online)
Moses' Snake Staff (online)
Moses' Special Staff Craft for Preschoolers (online)
Moses' Staff (watch online)
Paper Roll Quail (watch online)
Shepherd Toilet Paper Roll Craft (online)

Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)

The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible



child reading a book

A People on the Move: Moses, Miriam, Aaron, & the Exodus of the Hebrew People
God Is the One in Charge! (read online)
Good and Evil: The Bible As Graphic Novel
HOBC Bible Big Book: Moses
Kingstone Bible Series: Moses Comic Book
Moses and the King (I Can Read)
Moses and the Long Walk
Moses' Big Adventure: Lift-the-Flap
Moses' Dry Feet
Moses/John Flip-Over Book
Moses God's Brave Servant
Moses the Shepherd: Chosen by God
Moses the Traveler: Guided by God

Power Bible: Bible Stories to Impart Wisdom
# 2 - Moses, Leader of the Israelites


Read-Aloud Bible Stories, Volume 3
The Story of Passover Board Book

365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)



CDs and DVDs

Abeka Bible Truth DVD #12: Plagues & Passover; Marah, Elim & Manna
Adventures in Odyssey® 191: Moses, the Passover, Part 2 of 2 [Download]
Bible Comes Alive, Volume 1 Your Story Hour, CD

Bible on the Go Vol. 07: The Ten Plagues on Egypt;
the First Passover; and the Exodus (Exodus 7-12) - Unabridged Audiobook [Download]


Escape from Egypt: Moses and the Ten Plagues (watch online)
Food in the Desert (watch online)
Gideon Films: Manna and Quail - God gave Manna to Israelites in the Wilderness desert (watch online)
God Gives Manna (watch online)
God Provides Food and Water (watch online)
God's Story: Wilderness (watch online)
God vs. Pharaoh Kids' Bible Theatre (watch online)
Greatest Heroes: The Story of Moses (watch online)
I Am the Bread of Life (watch online)
Israelites in the Desert (watch online)
Kindergarten: Pillars of Cloud and Fire (watch online)
Let My People Go! The Story of Exodus Superbook DVD
Manna from Heaven (listen online)
Manna in the Wilderness (watch online)
Moody Films - Parting of the Red Sea (watch online)
Moses: Miracles in the Wilderness (watch online)
Moses Speaks to the Pharaoh (watch online)
Passover and the Final Plagues (watch online)
Passover Bible Lesson Made Easy (watch online)
Sharefaith Kids: Red Sea Crossing (watch online)
Superbook: Let My People Go! Season 1 Episode 4 (watch online)
The Pillars of Fire and Cloud (watch online)
Ten Plagues Drama with Children (watch online)
The Passover Story (watch online)
The Passover Tradition (watch online)
The Plague on the Firstborn: Angel of Death Is Coming (watch online)
10 Plagues of Egypt for Kids Exodus 7-11 (watch online)
The Greatest Adventure Stories from the Bible: Moses (watch online)
The Holy Tales Bible: Escape From Egypt (watch online)
The Ten Commandments: Moses Turns Water into Blood (watch online)
The Ten Plagues of Egypt Exodus 1—11 Sharefaith Kids (watch online)
The Prince of Egypt Final Scene (watch online)
What's in the Bible: The Passover Explained (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs



birds singing

Manna From Heaven [Music Download]

For God So Loved the World by Alfred B. Smith and Frances Townsend (c) 1938 (online)
(online Sheet Music and Lyrics)

Have Patience (watch online)
Manna and Quail (online sing along)
Manna Song (online sing along)
Moses Songs (online)
The Manna Song (listen online)
The Prince of Egypt: When You Believe (watch online)

What's in the Bible:
Chuck Waggin Sings The Exodus Song
(watch online)

100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
Illustrated Songs
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
Sunday School Song Medley (online)
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

Bread from Heaven Activities (online)
Bread from Heaven Lesson (online)
God Provides Manna and Quail (online)
LIFEPAC: The Story of Moses
Manna from Heaven (online)
The Story of Moses for Kids (online)

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)


striped bar


The Childrens Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2024 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.

Permission is granted to reproduce this page
for ministry purposes only. Not for resale.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated October 1, 2024
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources * Donate