The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Handige Helpers
deur Sophia Prinsloo saam met Barbara Wilmerton Haas

hot dog

Text Version | English


"Goeie nuus, ouens. Ons het die groen lig!" Darlene het by die deur ingebars. "Ons kan die worsrolstalletjie kry by die Sendingbasaar."

"Worsrolle!" het Jeremy uitgeroep. "Lekker! Ek is klaar honger!"

"Wie sal vrywillig kom help?" het Darlene gevra. "Daar gaan baie ander stalletjies wees met versnaperings en die enigste manier waarop ons gaan indruk maak en al ons worsrolle verkoop, gaan wees met ons smaaklike souse."

"Ek sal help proe," het Art geantwoord en sy lippe afgelek. "Ek hou van rissiesous."

"Ek hou daarvan ekstra warm," het Ben 'n bietjie grootgepraat.

Tom het nie saamgestem nie. "Myne moet nie brand nie, maar geurig wees."

"Ek hou van tamatie en uie," het Steve gesê en sy mond het reeds gewater.

Eddie het gegiggel. "Mostert vir my asseblief!"

Darlene het gelag. "Julle ouens kan nie net aan eet dink nie, julle moet eers help om die stalletjie op te stel. Ons gaan 'n banier ook nodig hê, sodat almal kan weet waar om die heerlikste, smaaklikste worsrolle by die basaar te kry! Ná die tyd kan julle dalk net beloon word met julle gunsteling super spesiale worsrol, heeltemal gratis."

"Dan is ons defnitief in," het die seuns gretig ingestem.

"Ek sal help om die wors te braai!" het Ann gesê.

"En ek sal die broodjies help sny," het Marie aangebiedn.

"Ek sal help om die souse te kook voor die tyd en hulle tydens die basaar te bedien," het Joan gesê.

"Ek sal die verkope doen," het Rupert aangebied.

"O, dankie julle almal. Julle hulp sal baie waardeer word!"

Op die dag van die Sendingbasaar, het almal gehelp. Die seuns het gehelp om die stalletjie met gasbranders op te stel en ook die banier opgesit. Dit het gelees, "Smaaklikste Worsrolle Ooit!" Die meisies het gehelp om die worsrolle te maak en Rupert en Darlene het die verkope gedoen. Aan die einde van die dag, het hulle nogal 'n groot som geld bymekaargemaak om vir sending te gee en net 'n paar worsrolle het oorgebly, net genoeg vir almal wat gehelp het.

"Ek wil myne nie verniet hê nie," het Ben skielik gesê. "Ek sal liewer daarvoor betaal en die geld vir die Here se werk skenk."

"Dit is 'n wonderlike gebaar, Ben!" het Darlene gesê en hulle almal het onmiddellik ingestem om dieselfde te doen.

Terwyl die ander lekker aan hulle heerlike worsrolle gesmul het, het Steve sy worsrol geneem en verdwyn in die rigting van die boomryke steeg. Daar, buite sig, het hy sy tamatie en uie worsrolle vir 'n hawelose man gegee en teruggekeer na sy vriende. "Kom nou ouens, laat ons 'n lied sing tot eer van die Here, om hierdie wonderlike dag af te sluit!"

Hy het sy keel skoongemaak, begin sing en die ander het ook ingeval:

"Ons wil so graag Jesus hoog oplig
Soos 'n banier wat vlieg deur die lu
Sodat almal die waarheid kan sien en weet
Hy is die weg na die Hemel."



striped bar



A group of desert nomads, known as the Amelekites, came up behind the travelling Israelites and started attacking the weak and elderly people travelling at the back of the convoy Terwyl die Israeliete by Ráfidim laer opgeslaan en die koel, verfrissende water wat uit die rots gestroom, geniet het, was iets boos aan die broei. Dit was iets waaraan hulle glad nie gedink het sedert hulle die Rooi See oorgesteek het nie, want hulle te besig was om te kla oor gebrek aan kos en water. Agter die heuwels, was die wrede Amalekiete op die loer en hulle gierige oë het van 'n afstand op hulle gespioeneer, en opgelet dat hulle oorvloed water ontdek het.

Die Amalekiete was wrede nomade, 'n stam wat heeltyd deur die woestyn getrek het op soek na water terwyl hulle mense vir die plesier doodgemaak het sonder om 'n oog te knip. Eintlik was hulle verlangs familie van die Israeliete, omdat hulle afstammelinge was van Esau, die broer van hulle voorvader, Jakob. Ongelukkig, het die Amalekiete nie eers 'n bietjie omgegee vir hierdie of enige ander familieverband nie, omdat hulle 'n bestaan gemaak het deur ander stamme aan te val en te plunder en hulle besittings as buit te neem. Behalwe dat hulle hul oë op die water gehad het, het hulle twee en twee bymekaargesit en besef dat die Israeliete duur en kosbare ornamente van silwer en goud besit het wat hulle by die Egiptenaars gevat het. Daar was nie 'n kans dat die Amalekiete hierdie geleentheid om ryk te word sou laat verbygaan nie, en daarom hulle het 'n slim plan beraam en bespreek hoe hulle die Israeliete sou doodmaak en al hulle goed sou vat.

Moses quickly called Joshua and commanded him to get the army ready to fight against the Amalekites Die Amalekiete het regtig nie besef teen Wie hulle te staan sou kom nie, want die Here het heeltyd gewaak oor sy geliefde Israeliete. Hy het Moses gewaarsku oor hierdie beplande aanval. Moses het gou vir Josua laat roep en beveel, "Joshua! Kry jou leër gereed om teen die Amalekiete te veg die eerste ding môreoggend. Ek sal teen die heuwel opklim met die staf van die Here, en waak en bid van daarbo af."

Vroeg die volgende oggend, terwyl Josua en sy leër uitgetrek het in die rigting van die Amalekiete, het nie een nie, maar drie vasbeslote figure geleidelik teen die naaste heuwel opgeloop. Moses het die staf van die Here in sy hand gehad terwyl Aäron en Hur, wat daarop aangedring het dat hy nie alleen gaan nie, hom vergesel het. Uitasem, het die 80-jarige Moses en sy metgeselle die top van die heuwel bereik, terwyl die geveg onder onder in die vallei begin het. Die geklap van swaarde, spiese en stokke, sowel as harde geskreeu, kon tot op die top van die heuwel gehoor word soos die skrikwekkende klanke skerp deur die koel oggendlug geklief het.

Toe hulle teen die heuwel afgekyk het, het Aäron en Hur gesnak na hulle asems, "O NEE!" Josua en sy manskappe was aan die terugval en het grond verloor! Dit was heel verstaanbaar want Josua en sy manne het nie veel van oorlog geweet nie, want hulle was nie opgeleide soldate nie. Al wat hulle geken het, was hoe om slawe in Egipte te wees. Buitendien, die laaste keer wat hulle in gevaar van 'n aanval was, het die Here hulle vyande in die Rooi See verdrink sonder dat die Israeliete 'n vinger hoef te gelig het. Wat sou nou gebeur? Hoe sou hulle ooit wen?

Moses het presies geweet wat om te doen. Hy het die staf van die Here in gebed opgelig na die Here. Wonderbaarlik, het Josua het sy manskappe weer begin grond wen. So lank as wat Moses se arms in die lug was, het die Israeliete gewen. Na 'n rukkie, het die spiere in Moses se arms begin te pyn en hom gedwing om sy arms te laat sak om te rus. Hy was nie gewoond daaraan om sy arms in die lug te hou vir so 'n lank nie. Nes sy arm sak, het Josua en sy manskappe weer grond verloor. Moses het besef sy arms moes weer opgaan so, na 'n kort ruspose het hy sy arms weer in die lug op geforseer omdat dit pynliker was om te sien hoe die Israeliete verloor as om die pyn in sy arms te verduur. Net sodra Moses se arms weer bo was, het Josua-hulle weer begin gewen.

The people were irritated Aäron en Hur het gesien hoe Moses sukkel om sy arms bo te hou en hulle het geweet hy sou hulle nie kon bo hou vir veel langer nie. Hulle het ook besef dat Josua en sy manskappe sou verloor as Moses die staf van die Here vir te lank onder sou hou, en hulle kon nie verdra om te dink wat dán sou gebeur nie. Vasbeslote om iets daaromtrent te doen, het hulle vinnig 'n plan gemaak. Hulle het daar naby 'n klip gekry, dit nader gerol sodat Moses met gemak daarop kon sit. Toe het hulle langs hom gaan staan, een aan die linkerkant en die ander aan die regterkant, en elkeen het Moses gehelp deur een van sy arms bo te hou. Moses was so verlig en bly dat die Here Aäron en Hur gelei het om saam met hom te kom en hom te help. Sonder hulle, sou hy nooit sy arms die hele tyd kon bo hou nie. Terwyl die drie manne die geveg dopgehou het, het hulle aanhou bid.

Vanaf die vallei doer onder, het Josua en sy manskappe opgekyk na die heuwel na waar die drie manne was. Hulle het gesien hoe die arms van Moses die staf van die Here hoog gehou het soos 'n banier vir almal om te sien. Vir hulle, was dit 'n teken van die Here se teenwoordigheid, wat oor hulle gewaak en hulle beskerm het. Dit het hulle baie moed gegee en hulle selfs nog dapperder gemaak, omdat hulle geweet het die Here was met hulle, en daarom sou geen wapen teen hulle gesmee iets sou kon uitrig nie.

Golf na golf vyandige soldate het aangeval, maar die hele tyd was Moses se arms met die staf van die Here hoog in die lug gehou. Josua en sy manne het aanhou grond wen totdat hulle die Amalekiete se leërs verpletter het met die Here se hulp. Teen sononder, het die oorblywende Amalekiete gevlug, en het weggeskarrel soos 'n trop wilde varke voor 'n trop leeus. Die Here het Josua en sy manne die oorwinning gegee, omdat Aäron en Hur Moses gehelp het om sy arms heeltyd in die lug te hou. Dit was die Here se manier om hulle almal te leer om saam te werk om dinge op sy manier gedoen te kry.

Toe het die Here met Moses gespreek en vir hom gesê om die gebeurtenis in 'n boek te skryf om Josua heeltyd daaraan te herinner dat Hy die Amalekiete heeltemal sou vernietig. Hy sou hulle uitwis omdat hulle nie net oorlog teen die Israeliete gemaak het nie, maar ook teen die Here omdat hulle so 'n wrede volk was, mense doodgemaak het en hulle besittings gesteel het.

Moses built an altar Ná hulle oorwinning het Moses 'n altaar gebou vir die Here, om Hom te bedank vir sy beskerming en vir die oorwinning oor hulle vyande. Hy het die altaar, Jehova-Nissi genoem, wat beteken, "die Here is my Banier." Vandag, is Jesus ons Banier want ons weet dat Hy sy lewe aan die kruis gegee het sodat ons oorwinning oor sonde kan hên.

Gou sou Moses nog hulp ontvang by sy skoonpa, Jetro, die priester van Midian, wat gehoor het van die wonderlike dinge wat die Here vir Moses en die Israeliete gedoen het en besluit het om te kom kuier. Hy het Moses se vrou, Sippóra, en sy twee seuns, Gersom en Eliëser, saam met hom gebring. Moses het vir hom vertel van al die wonderwerke wat die Here vir Israel gedoen het toe Hy hulle uit Egipte verlos het, en vir hulle gesorg en beskerm het in die woestyn. Jetro was regtig verwonderd en oorstelp van blydskap oor wat die Here vir Moses en die Israeliete gedoen het. Deur Moses se getuienis, het Jetro begin glo dat die Here regtig groter was as al die gode. Met dankbare harte, het hulle 'n offer gebring en Hom saam aanbid.

Die volgende dag, het Moses aangegaan met sy werk soos gewoonlik toe hy in sy tent gaan sit het om oor die sake van die mense te oordeel. Met die twaalf stamme van Israel wat saam getrek het met al hulle besittings en al hulle diere, was dit onvermydelik dat allerhande moeilikheid onder hulle sou uitbroei. Moses was die hele dag lank besig om die klagtes en probleme wat die mense met mekaar gehad het uit te sorteer. Teen sononder was Moses pootuit en die lang ry mense wat steeds sy raad wou hê, moes huistoe gaan. Dit was net te veel vir Moses om te hanteer.

Met aandete, het 'n wyse Jetro met 'n moeë Moses gepraat en gesê, "Moses, jy kan nie so aangaan nie. Jy doen soveel vir die kinders van Israel, maar jy gaan jouself heeltemal uitbrand en die mense gaan moeg word om vir jou te wag. Hulle kan onder mekaar begin baklei terwyl hulle vir jou wag. Dit is wat jy moet doen: Jy moet wyse manne as rigters aanstel om jou te help om die mense se probleme op te los. Hulle kan die maklike sake hanteer, maar as die probleem te groot is vir hulle, kan hulle jou vra."

Moses het gedink dit was 'n baie goeie idee, so net die volgende oggend, is eerlike, wyse manne wat omkopery gehaat het, gekies uit elke stam. 'n Rigter was aangestel vir elke 1,000 mense en onder hulle was 10 rigters aangestel, elk vir 100 mense. Onder hulle was 2 rigters aangestel, elkeen vir 50 mense en onder hulle, 5 rigters was aangestel, elk vir 10 mense. Hierdie rigters het sommer dadelik begin werk, en mense se klagtes hanteer en hulle probleme uitgesorteer. Op hierdie manier, het Moses al die hulp gekry wat hy nodig gehad het, en vrede en harmonie is gou herstel in die laer. Kort hierna, het Jetro teruggekeer na sy eie land, en Moses se gesin by hom gelos, met die wete dat hulle in die veilige hande was van die Lewende, Liefdevolle, Sorgsame, Almagtige God.



striped bar



ONTHOU!

God hou baie daarvan as ons mekaar help terwyl ons ons oë op Hom en op sy voorbeeld hou.



DINK!

1. Wie het die Israeliete in die geveg teen die Amalekiete gelei?
2. Wat het gebeur toe Moses sy arms laat sak het?
3. Wie het hom gehelp om sy arms in die lug te hou?
4. Wat het dit vir Josua en sy manskappe beteken toe hulle sien Moses hou die staf van die Here in sy hande?
5. Wat beteken Jehova-Nissi?
6. Wie is vandag ons Banier?
7. Sal jy na Jesus kyk wanneer jy hulp nodig het?
8. Kan jy aan maniere dink hoe jy jou ouers, jou sibbe, jou vriende, jou onderwysers, jou dominee of pastoor en ander mense wat hulp nodig het, kan help?



'N VERS OM TE LEER:

"En laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor" (Hebreërs 10:24).



'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER:

"Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus" (Galásiërs 6:2).



PRAKTIESE TOEPASSING

God glimlag wanneer Hy sien jy help iemand. Dit maak Hom so bly omdat Hy jou self op soveel maniere help. Byvoorbeeld, sy Heilige Gees help jou in jou swakhede, lei jou en leer jou hoe om te bid.

God kan selfs mense op jou pad stuur om jou te help. Dink aan al die mense wat jou in jou lewe gehelp het. Kan jy 'n paar mense opnoem wat God gebruik het om jou te help? Kan jy aan maniere dink om vir hulle te wys hoe jy hulle hulp waardeer en hulle goed te laat voel omdat hulle jou gehelp het? Bowenal, sal jy onthou om God te dank vir hulle?

Wat van jou? Het jy iemand hierdie week gehelp of is daar iemand wat jou hulp nodig het?

[Na bespreking:] Maak 'n lys van maniere hoe om hulle te help en gaan doen dit dan. Onthou, jy kan mense ook help deur vir hulle te bid en vir hulle te vertel van hoe God jou lewe geseën het, net soos Moses vir Jetro vertel het van die wonderwerke wat God vir die Israeliete gedoen het. Moses se getuienis het vir Jetro gehelp om in die enigste ware God te glo.

Buig nou jou hoof en neem 'n oomblik in gebed om God te dank vir alles wat Hy vir jou gedoen het. Dank Hom vir die mense wat Hy in jou lewe gestuur het om jou te help. Vra Hom ook om vir jou wysheid en 'n hart, wat met blydskap ander help, te gee.


LAAT ONS BID:

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, dankie dat U altyd daar is vir my
en my help. Dankie ook vir mense wat my help.
Wys my hoe om ander wat in nood is te help en stel
my in staat om dit te doen. In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************



KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

Exodus 17:8-18:27


BIBLE STORY ARCHIVE
www.childrenschapel.org/bibstory2.html


crayons

Moses' Helpers Coloring Page
Moses Coloring Page
Moses Needs Help Coloring Sheet
Bible Heroes: Moses Colouring Book
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle
Word Search
Fill in the Blanks
Crossword Puzzle
Cryptogram
Maze
God Defends Israel Against the Amalekites
I Have Helping Hands activity
Israel Defeated the Amalekites Word Search
Life of Moses Bingo Game
Moses and Exodus Games and Puzzles
Moses and the Ten Plagues Activity Book
Moses and the Ten Plagues activity sheet
Moses and the Plagues Bingo Game
Moses and the Ten Plagues Tales of Glory Play Set
Moses: Connect the Dots
Moses (Exodus) Printable Worksheets
Moses Game Board
Moses Trading Cards
Ten Plagues Games
Ten Plagues of Egypt Activity
Crossing the Red Sea Activities
The Pharaoh Egypt Worksheet
The Story of Moses Reusable Sticker Book
Water from the Rock

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

Hubcap Shield Craft
Moses and the Amalekites Craft
DIY Hand Puppet
Moses and Exodus Crafts
Moses Clothespin Figure with Sandbox Bible Scene Display
Moses and Aaron Finger Puppets
Moses' Snake Staff
Moses' Special Staff Craft for Preschoolers
Moses' Staff (watch online)
Paper Plate Character Masks — Moses
Paper Roll Quail (watch online)
Shepherd Toilet Paper Roll Craft Stick Puppet

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



child reading a book

A People on the Move: Moses, Miriam, Aaron, & the Exodus of the Hebrew People
God Is the One in Charge! (read online)
God Said and Moses Led
Good and Evil: The Bible As Graphic Novel
HOBC Bible Big Book: Moses
Kingstone Bible Series: Moses Comic Book
Let's Talk About Complaining (online)
Moses and the King (I Can Read)
Moses and the Long Walk
Moses' Big Adventure: Lift-the-Flap
Moses' Dry Feet
Moses/John Flip-Over Book
Moses God's Brave Servant
Moses Leads the People
Moses the Shepherd: Chosen by God
Moses the Traveler: Guided by God

Power Bible: Bible Stories to Impart Wisdom
# 2 - Moses, Leader of the Israelites


Read-Aloud Bible Stories, Volume 3
The Story of Passover Board Book

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and DVDs

Aaron Helped Moses (watch online)
Bible Comes Alive, Volume 1 Your Story Hour, CD
Bible Stories: Moses
God Provides Food and Water (watch online)
God's Story: Wilderness (watch online)
God vs. Pharaoh Kids' Bible Theatre (watch online)
Greatest Heroes: The Story of Moses (watch online)
Helping Hands (watch online)
Israelites in the Desert (watch online)
Moses, Aaron and Hur (watch online)
Moses, Aaron and Hur lesson (watch online)
Moses and the Amalekites (watch online)
Moses Defeats the Amalekites (watch online)
Moses: Miracles in the Wilderness (watch online)
Moses Raises Arms & Joshua Fights (watch online)
The Greatest Adventure Stories from the Bible: Moses (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



birds singing

A Helper I Will Be
Helping Hands
Hidden Treasures: Helping Hands (watch and sing along)
I Am a Helping Hand (watch and sing along)
Little Feet Be Careful
Moses Songs
The Amalekites Defeated (watch and sing along)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

Amalek Defeated
God Is the Deliverer
Help Each Other Pray
LIFEPAC: The Story of Moses
Moses and His Two Helpers lesson and activities
Moses Needs Help
The Story of Moses for Kids

801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Children's Ministry
Bible Memory Games
Bible Story Coloring Pages Vol. 2
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon
Church Nanny Sos: Teaching Discipline Essentials for Preschool Ministry Volunteers
Church Supplies
Closing Prayer
FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries, churches, missionaries & individuals worldwide
52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me
God's Wisdom for Little Boys: Character-Building Fun from Proverbs
Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles
Leading Little Ones to God: A Child's Book of Bible Teachings
Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Ideas
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Big Book of Bible Skits
Things To Make Craft Activities
Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources


striped bar



Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe... " at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 - Children's Chapel
North Central Ohio, U.S.A.

Pictures Courtesy of Sweet Publishing at FreeBibleimages.org

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated November 15, 2021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources