Haai, Egipte! Hier Kom Ons!
deur Linda Sue Pochodzay Edwards en Jennifer Leigh Edwards
Text Version | English | Italian
Een, nie so 'n pragtige namiddig nie, terwyl Dawid in die middel van die vloer gesit en speel het met sy speelgoed, het hy Tommie se nuwe speelgoedambulans raakgesien. Dit was so oulik, omdat dit die geluide van die sirenes en die toeter gemaak het en selfs die bande gespin het!
![]()
In die tussentyd, was Tommie besig om 'n blokkiesgebou waaraan hy gewerk het, klaar te maak en het nie gesien Dawid tel die ambulans op nie. Dawid het een knoppie na die ander gedruk. “BROEM! BROEM! TOET! TOET! LOEI! LOEI!” het die geluide aangehou. Net 'n paar minute later, het Tommie 'n verskriklike geluid gehoor.
“DOEF! SKREEU! KNARS!” Hy het dadelik na Dawid gekyk. Hy het op die toppunt van sy stem geskree, “JY HET MY GUNSTELING SPEELDING GEBREEK!!! Waarom het jy dit gedoen? Dit was my grootste gunsteling omdat dit splinternuut is. Hoe gaan ek ooit 'n ander een kry?”
Dawid het probeer verduidelik, “Dit was net 'n ongeluk. Ek het nie bedoel om dit te breek nie; Ek het net daarmee gespeel. Ek is jammer.”
Tommie het kwaad geantwoord, “Jammer is net nie goed genoeg nie! Jammer gee nie vir my 'n nuwe ambulans met al die oulike knoppies en geluide nie, nê?”
Dawid het nie geweet wat om te sê nie. Hy kon dit sekerlik nie vervang nie. Hy kon nie sy ma vra om vir sy vriend 'n speelding te koop nie. Dawid het gedink en gedink, maar hy kon nie aan 'n goeie plan dink nie. Hy wou net regmaak, maar Tommie wou nie luister nie.
![]()
Toe Dawid sy sakgeld 'n paar dae later kry, het hy sy ma gesmeek om hom na die winkel te neem. Nadat sy klaar was met haar inkopies, het hy gesê, “Mammie, Mammie! Ek wil 'n speelding gaan koop.”
Sy het geantwoord, “Jy was so 'n goeie seun hierdie week. Ek veronderstel ons kan gou gaan kyk vir 'n paar minute.”
“Ek weet presies wat ek wil hê. Dit sal glad nie lank neem nie,” het hy beslis gesê. “Ek moet by die karretjies gaan kyk.”
Sy ma het gefrons en geantwoord, “Dink jy nie jy het genoeg karretjies nie? Miskien moet jy dink aan 'n speletjie om met jou broer te deel.”
Dawid het daarop aangedring, “Ek het 'n nuwe ambulans nodig! Ma weet, die een wat al die geluide maak en al die knoppies het. Dit is die een wat ek nodig het.”
Sy ma het gevra, “Wil jy dit nie net hê, omdat Tommie ook een het nie?”
“NEE!” het Dawid beslis gesê. Hy het stil voortgegaan en amper gefluister, “Ek moet syne vervang.”
![]()
“Wat het gebeur?” het Mammie gevra.
Dawid het skaam die hele storie begin vertel. “Ek het by sy huis daarmee gespeel 'n paar dae gelede, en ek . . ..” Hy het gestop om sy keel skoon te maak. Hy was so ontsteld, dat hy nou gesnik het en amper in trane was.
“Gaan aan, Dawid,” het sy mammie aangemoedig. “Dit is oukei. Vertel net vir my wat gebeur het.”
“Wel, ek. . . ek . . ek het al die knoppies begin druk so vinnig as wat ek kon en toe het ek . . . uh . . . ek het dit gebreek! Ek het Tommie se speelding gebreek! Ek het sy gunsteling ambulans gebreek.”
“Het jy gesê dat jy jammer was?” het Mammie gevra.
“Ja, maar....” Hy was so hartseer dat hy nie verder kon praat nie..
“Maar wat?” het sy gevra.
“Hy was nog steeds kwaad en daarom het ek gedink dat as ek vir hom 'n nuwe een koop, sal hy weer met my speel en my vriend wees,” het Dawid geantwoord.
“Wel, dit is 'n goeie idee. Jy dink as jy goed doen aan Tommie sal hy jou vergewe omdat jy sy speelding gebreek het,” het sy gesê.
“Is dit wat dit is?” het Dawid verward gevra.
“Ja,” het Mammie gesê. “As ons iets verkeerd doen en ons sê ons is jammer, is die ander persoon veronderstel om ons te vergewe.”
“Wel, ek hoop sekerlik dat Tommie my sal vergewe!” het Dawid uitgeroep.
Die volgende dag, toe Dawid vir Tommie die nuwe ambulans gee, het Tommie van oor tot oor geglimlag. Toe het hy 'n baie verbasende ding gedoen. Hy het dit vir Dawid teruggegee en gesê, “Hou jy dit. Ek wil vriende wees al het jy my speelding gebreek. Ek weet dit was net 'n ongeluk en ek vergewe jou.” Hy het voortgegaan, “Sal jy my vergewe dat ek so ontsteld was gister?”
“Ja, natuurlik vergewe ek jou! Dit is wat ons veronderstel is om te doen wanneer iemand iets verkeerd aan ons doen. Selfs al voel ons nie lus daarvoor nie, moet ons altyd mekaar vergewe,” het Dawid afgesluit. Hulle was albei gelukkig dat alles so goed uitgewerk het.
![]()
Josef se broers het amper sonder ophou gesels die hele pad terug Kanaän toe. Hulle was so vasgevang in hulle opgewondenheid, dat hulle skaars die warm, droë, ellendige woestyn opgemerk het. Hulle kon nie hulle goeie geluk glo nie.... Hulle kon nie glo dat hulle broertjie 'n belangrike heerser in die Egipteland geword het nie. Trouens hulle kon skaars glo dat hy steeds lewendig was.
“Is julle seker dit was regtig Josef?” het een van hulle ongelowig gevra.
“Dit moes hy gewees het,” Ruben het geantwoord. “Hoe anders sou hy geweet het wie ons was van die oudste af na die jongste?”
“Buitendien,” het Dan gesê, “wie anders sou vir ons soveel kos en soveel geskenke gegee het om terug te bring huistoe?”
“Onthou, ek is die een wat in die tronk vir e-w-i-g vir julle moes sit en wag om terug te kom en my te kon haal,” het Simeon ook sy sê gesê. “Sy dienaars het my baie goed behandel . . . uhmmm . . . baie goed vir 'n tronk, bedoel ek,” het hy bygevoeg.
Terwyl die gesprek aan en aan gegaan het, was daar geen ander gevolgtrekking wat hulle kon maak nie, behalwe dat dit Josef moes gewees het.
![]()
Toe hulle nader aan die huis gekom het, het hulle opgewondenheid nog groter geword. Hulle stemme het 'n skril toonhoogte bereik soos hulle gestry het oor wie die eerste gaan wees om vir hulle vader te vertel van die feesmaal en van die silwer beker, en . . . dat hulle broer Josef lewendig en perdfris was.
Jakob het angstig gewag vir die terugkeer van sy seuns. Sy hoop dat Simeon sou kon terugkeer was gemeng met vrees dat iets verskriklik dalk met Benjamin gebeur het.
Toe hy gehoor het wat soos harde, kwaai stemme geklink het, het hy so vinnig beweeg as wat sy bejaarde liggaam hom toegelaat het, terwyl sy vrees die hoogte ingeskiet het. Hy het 'n sug van verligting gegee toe hy getel en besef het dat sy elf seuns almal na hom teruggekeer het. “Ten minste is hulle veilig,” het hy gedink. “Waaroor hulle ook al stry, is nie belangrik nie.”
“PA! PA!,” het hulle geskree toe hulle hom na hulle sien aankom. “ONS HET DIE WONDERLIKSTE NUUS!” Toe Jakob dit hoor, het hy 'n bietjie meer ontspan, maar nuuskierig gewonder waaroor hulle gepraat het. Al die broers het geskree en terselftertyd gepraat en nie een van hulle het sin gemaak nie.
“Bedaar . . . ALMAL VAN JULLE!” Hy moes skree om gehoor te word. Die broers was so opgewonde, dat hulle dit nie kon inhou nie. Toe hulle uiteindelik 'n bietjie bedaar het, het Jakob gevra, “Nou wat is al die goeie nuus waaroor julle so te kere gaan?”
![]()
![]()
Die broers het aalmal aangehou om op dieselfde tyd te praat en Jakob het iets gehoor oor 'n feesmaal en iets oor 'n silwer beker, maar die ding wat hom in sy spore laat vries het, was die naam van sy dierbare, geliefde seun, Josef. “VERGEET AL DIE ANDER DINGE,” het hy geskree. “Wat is dit wat julle van Josef sê?”
Die broers het probeer om vir hom te vertel dat Josef lewendig was en dat hulle met hom gepraat het.
Dit was sulke skokkende nuus vir 'n ou man, dat hy amper sy balans verloor het en opgehelp moes word tot by nabygeleë rots om te gaan sit. “WAAROM MAAK JULLE GRAPPIES OOR SULKE DINGE?” het hy kwaad uitgeroep. “JULLE SELF HET MY JARE GELEDE VERTEL DAT JOSEF DEUR 'N WILDE DIER DOODGEMAAK IS!”
Hulle opgewondenheid was gedemp toe die broers geforseer was om die verskriklike dinge wat hulle gedoen het, te bely, hoe hulle Josef verkoop het om 'n slaaf te wees en al die leuens wat hulle oor die jare moes vertel het om dit weg te steek. Jakob was verstom en verstyf. Hy het nie geweet wat om te glo nie....
. . . Maar net 'n bietjie verder in die pad af, net 'n entjie agter hulle, het hy iets gesien wat hom alle twyfel laat vaar het. “DIE WAENS KOM!” het hy geskree. “EN KYK AL DAARDIE DONKIES IS GELAAI MET VRAGTE GOEDERE! DIT IS NET SOOS JULLE GESÊ HET! NET JOSEF SOU DIT DOEN EN SO BAIE GESKENKE STUUR! HY MOET LEWENDIG WEES! EK MOET HOM GAAN ONTMOET.” Dit was alles so ongelooflik. Jakob was oorstelp van blydskap.
![]()
Jakob het sy seuns beveel om al hulle kuddes en troppe bymekaar te maak en die waens met hulle vroue, hulle kinders en hulle kos vir die reis op te pak. Altesaam 66 afstammelinge van Jakob, sonder die vroue, sou op die l-a-n-g reis na Egipte vertrek. Die broers het gehoorsaam alles gedoen wat hulle beveel is en het ook 'n heel gemaklike plek op een van hulle waens gemaak vir hulle vader.
Hulle het gereis op dieselfde warm, droë, stowwerige paaie, wat hulle geneem het op hulle twee vorige reise na Egipte. Hulle het gestop om oornag te kampeer by 'n plek genaamd Berséba en Jakob het daar offers gebring en God aanbid. Gedurende die nag, het God met Jakob gespreek.
“Hier is ek,” het Jakob geantwoord.
“Ek is die God van jou vader Isak en van sy vader Abraham. Moenie bang wees om na Egipte te gaan nie. Ek sal met jou wees en Ek sal jou kinders en kleinkinders 'n groot nasie maak. Josef is lewendig en jy sal by hom wees,” het God vir Jakob gesê.
Jakob was dankbaar dat God met hom gepraat het en hom gerusgestel het dat alles reg was en dat hy die regte ding gedoen het. Hy het rustig geslaap die res van die nag.
![]()
Jakob en al sy seuns en hulle gesinne het vroeg in die oggend opgestaan om hulle reis na Egipte voort te sit. Jakob het Juda aangestel om voor die groep uit te gaan en om Josef te gaan ontmoet en vir hom te sê dat hulle daar aangekom het. Josef het sy strydwa gereed gemaak en feitlik gevlieg om sy pa te sien. Nadat hy homself voorgestel het, het hy sy arms rondom sy pa geslaan en hom omhels en vir 'n hele ruk gehuil. Jakob was oortuig dat dit waarlik sy seun Josef was en hy was nou tevrede en sonder vrees.
Josef het die groep vertel dat hulle almal Koning Farao sou ontmoet. Hy het vir hulle verduidelik wat die gepaste hoflikheidsvorme was en wat hulle moes sê om die Farao se vrae te beantwoord. Josef het die groep na die paleis gelei om hulle aan die Koning voor te stel en die Koning was oorstelp van blydskap om uiteindelik Josef se familie te ontmoet. Farao kon nie direk met hulle praat nie, omdat hulle verskillende tale gepraat het en daarom het hy deur middel van Josef met hulle gekommunikeer.
“Sê vir jou vader dat die hele Egipte oop is vir hulle. Maak seker hulle gaan woon op 'n plek met goeie grond en water.” Toe het Farao na Jakob gedraai en deur Josef gepraat en gevra hoe oud hy is.
Jakob het geantwoord dat hy 130 jaar oud was. Toe het Jakob gebid en 'n seën oor Farao uitgespreek en toe het hulle uitgegaan om te gaan woon in die land Gosen.
Jakob, wat ook bekend was as Israel, en sy seuns, wat ook bekend was as die kinders van Israel, het baie voorspoedig geword in Egipte. Jakob het nog 17 jaar geleef en ouer en swakker geword. Hy het al sy seuns om hom bymekaargeroep en 'n seën oor elkeen gebid, terwyl hy hulle elkeen afsonderlik genoem het. Hy het ook 'n seën oor Josef se twee seuns, Manasse en Efraim gebid.
Nadat al die seëninge gebid was en bevele gegee is, het Jakob stil aan die slaap geraak en 'n vredevolle dood gesterf. Josef, sy familie en selfs Farao en die hele Egipteland het vir 40 dae getreur oor Jakob.
![]()
Nadat hulle vader Jakob gesterf het, het die broers aan die verlede gedink en het baie bekommerd geraak. Hulle was bang dat Josef net goedhartig teenoor hulle was ter wille van hulle vader. Hulle het 'n plan saamgeflans en 'n leuen uitgedink. Toe het hulle 'n boodskapper gehuur om voor hulle uit te gaan en met Josef te praat.
“Jou pa het 'n vir jou 'n opdrag gegee voor hy dood is,” het die boodskapper gesê. “Hy wil hê jy moet jou broers vergewe vir die bose dinge wat hulle aan jou gedoen het.” Die broers het toe op die vloer voor Josef gebuig en hom om vergifnis gesmeek.
Josef het hartseer en baie ontsteld na hulle gekyk. Met trane in sy oë het hy gevra, “Dink julle regtig ek wil julle kwaad vir kwaad vergeld? Ek het geen wrok teen julle nie. Hoe kan julle ooit so 'n ding dink? Ek het geen begeerte om enigiets sleg aan julle te doen nie,” het hy voortgegaan.
“Julle dink julle het verkeerd aan my gedoen en julle gewetens pla julle, maar God het 'n plan gehad. God wou my hier in Egipte hê om julle, julle families en baie, baie ander mense van hongersnood te red en Hy het julle gebruik om my hier te kry. Daar is geen rede vir julle om my te vrees nie. Wat julle vir kwaad bedoel het, het God vir goed bedoel. Ek sal vir julle en julle families sorg,” het hy vriendelik teenoor hulle gesê.
Josef en sy broers het die res van hulle lewens voorspoedig in die Egipteland gewoon.
![]()
DINK!
1. Watter goeie nuus het die broers vir hulle vader gehad?
2. Waarom het hulle vader gesukkel om hulle te glo?
3. Wat het Jakob gedoen toe hulle by Berséba gestop het?
4. Waarom het Koning Farao nie direk met Jakob gepraat nie?
5. Hoeveel seuns het Josef gehad?
6. Waarom het die broers bang geword vir Josef?
7. Wat was Josef se gesindheid teenoor sy broers?
ONTHOU:
God kan selfs slegte dinge in goed verander.
'N VERS OM TE LEER
“Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink” (Génesis 50:20).
PRAKTIESE TOEPASSING
Laat ons dink aan die goeie dinge wat met Josef gebeur het toe hy slegte tye beleef het. Wat was die goeie ding wat gebeur het toe hy 'n slaaf was?
[Na bespreking:] Ja, hy het geleer om 'n hele huishouding te bestuur. Wat was die goeie dinge wat met hom in die tronk gebeur het?
[Na bespreking:] Ja, hy het geleer om 'n hele gevangenis te bestuur en het selfs die geleentheid gehad om die skinker en die bakker te bedien en hulle van God te vertel. Deur hierdie hele slegte situasie, het God Josef soveel geleer en hom wysheid gegee wat hy in die toekoms kon gebruik. Op die ou end, kon hy 'n hele land bestuur in goeie en in slegte tye, hy kon voorsiening maak en baie mense red, nie net die Egiptenare nie, maar ook sy eie familie. Deur dit alles, het Josef geleer om God te gehoorsaam, ander te vergewe en selfs goed te doen aan hulle wat teen hom gesondig het.
Nou, dit is nie 'n skande om 'n slegte situasie te beleef nie. Ken jy iemand wat tans 'n slegte situasie beleef? Miskien beleef jy self 'n slegte situasie en het hulp nodig of moet iemand vergewe. Onthou, as ons God liefhet, sal ons doen wat Hy sê, en as ons doen wat Hy sê, sal Hy alles ten goede laat meewerk al mag dit nie goed lyk op die oomblik nie (Romeine 8:28).
Kan jy dink aan 'n paar dinge wat God sê ons moet doen?
[Na bespreking:] Hy sê ons moet vergewe, lief wees, doen goed, bemoedig, vertroos en bid vir ander. Hy sê ons moet Hom aanhou vertrou en ander van sy liefde vertel.
Beleef jy 'n slegte situasie? Het jy vandag gebed nodig of weet jy van iemand wat swaarkry en gebed nodig het? Laat ons 'n oomblik neem en bid vir alle slegte situasies ons of ander mag beleef. Laat ons God vra om ons te help om Hom te vertrou en te gehoorsaam in alles, en ons te help om die goeie in elke situasie raak te sien. Laat ons God glo en Hom loof en dank vir 'n goeie uitkoms.
LAAT ONS BID
![]()
****************************************************
Liewe God, baie dankie dat U vir altyd in beheer is en
weet wat die beste vir ons is. Help ons om te onthou om goedhartig
te wees en ander te vergewe. In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************
KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Génesis 44:24 - 50:22
![]()
![]()
Joseph Reunites with His Father Coloring Page (online)
Memory Verse Coloring Page (online)
Forgiving Others (online)
Egypt Coloring Pages (online)
Joseph and His Family (online)
Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
God Cares for Me Coloring Book by Shirley Dobson
God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Favorite Bible Stories Coloring Book (reproducible)
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books
![]()
Adventure Bible: Joseph The Dreamer (I Can Read)
Beginner's Bible: Joseph & His Brothers (I Can Read)
Benjamin Goes To Egypt With His Brothers (online)
Genesis 45 (online)
Joseph (read online)
Joseph and the Hidden Sacks of Silver (online)
Joseph—God's Superhero
(Discover 4 Yourself Inductive Bible Studies for Kids)
Joseph, Jacob's Favorite Son (Arch Books)
Joseph Rules (online)
Joseph Saves His People (online)
Joseph's Ten Brothers Go to Egypt (online)
Joseph the Dreamer (read online)
The Birth of a Nation: Abraham to Joseph
(listen and read online)
The Great Famine
365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)
![]()
Jigsaw Puzzle (online)
Genesis 50:20 Color, Cut, and Scramble (online)
Crossword Puzzle (online)
Word Search (online)
5 Band-Aid Games (online)
Word Scramble (online)
Word Tiles (online)
Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles Sticker Books
![]()
Genesis 50:20 Cut and Scramble (online)
Joseph and Jacob Embrace Jigsaw Puzzle (online)
Egyptian Crafts (online)
Jacob Moves To Egypt (online)
Joseph Activities and Games (online)
Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]
Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)
The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible
![]()
Bugtime Adventures: Blessing in Disguise - The Joseph Story (watch online)
Gideon Films: Joseph (watch online)
Greatest Heroes of the Bible: Joseph & the Coat of Many Colors (online)
Joseph: Beloved Son, Rejected Slave, Exalted Ruler DVD
Joseph: Beloved Son, Rejected Slave, Exalted Ruler (watch online)
Joseph: Genesis (watch online)
Joseph: King of Dreams — I Am Your Brother (watch online)
Joseph: King of Dreams — You Know Better Than I ending scene (watch online)
Joseph: The Young Man (watch online)
Superbook: Joseph's Revelation to His Brothers (watch online)
The Beginner's Bible, Volume 4 (watch online)
The Story of Jacob and Joseph
VeggieTales: Following God's Directions (watch online)
VeggieTales: Joseph and his Coat of Veggie Colors (watch online)
All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
![]()
A Heart That Forgives (online)
Romans 8:28 - Sheet Music (online)
God Will Take Care of Us All by Helen McAlerney Barth (listen online)
In His Dreams - Sheet Music (online)
Joseph's Coat Of Many Colors [Music Download]
You Can't Stop God from Loving You (listen online)
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
Illustrated Songs
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids
Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
Sunday School Song Medley (online)
The Bible in a Minute (online)
25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music
RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS
Genesis 47-50 Bible Study (online)
Children's Sermon (online)
Joseph and His Family Take Home Paper (online)
Joseph by F B Meyer
Joseph - A Very Colorful Story (online)
Jacob Moves To Egypt (online)
Joseph (online Jewish Virtual Library)
Power of Forgiveness - Drama (online)
Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)
FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide (online)
52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me
God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs
Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles
Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings
Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry
Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know
Children's resources (online)
![]()
Copyright © 2024 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.Permission is granted to reproduce this page
for ministry purposes only. Not for resale.
Free Bible Stories!
To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at
You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.
AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html
Webmaster
Last updated May 20, 2024
Pictures Courtesy of Free Bible Images
Welcome! *
What's Here *
Bible Stories
E-Mail Us *
Around the Piano *
4 Things
Events *
Children's Chapel *
Adult Chapel
Missing Link *
Links *
Resources *
Donate