Dis In Die Sak!
deur Linda Sue Pochodzay Edwards
Text Version | English | Italian
Shanika het die deur oopgemaak, haar rugsak op die vloer laat val en reguit in haar kamer ingehardloop sonder om 'n woord vir iemand te sê. Sy het op die bed geklim, die komberse oor haar kop getrek en begin huil, “Dit is nie regverdig nie! Dit is net nie regverdig nie!” het sy gehuil. “Ek weet net nie hoekom ek altyd vir alles die skuld kry nie!”
![]()
Haar broer, Markus, was in sy kamer waar hy probeer het om sy huiswerk te doen en hy het gehoor hoe sy huil. Hy het aan haar deur geklop en mooi gevra om of hy kan inkom. Shanika het toe tussen die snikke deur die hele storie vertel.
Daardie dag in die kunsklas, het een van die seuns die onderwyseres se voorradekas oopgemaak. Hy het 'n blik verf uitgehaal en dit per ongeluk laat val sodat dit op die vloer en op Shanika se lessenaar, wat reg langs die kas was, gemors het. Hy het vinnig weggeloop en die gemors net so gelos. Mev. Johnson het by die klaskamer ingekom en Shanika daar gesien staan en wonder wat om te doen. Omdat Shanika op daardie oomblik die enigste een in die klas was, het Mrs. Johnson valslik aangeneem dat sy die gemors gemaak het en het haar dit laat skoonmaak.
Markus het jammer gevoel vir sy suster. Omdat hy ouer was, het hy geweet hoe dit voel om geblameer te word vir iets wat hy nie gedoen het nie. Hy het sy arm om haar gesit om haar te probeer troos. Toe het hy vir haar gesê hy sal die volgende saam met haar gaan om met Mev. Johnson te gaan praat.
Shanika het opgehou huil en het sommer baie beter begin voel. Sy was bly dat sy 'n ouer broer gehad het en sy was bly om te weet dat hy vir haar sal opstaan.
![]()
Josef en sy broers het die heerlike maaltyd saam geëet. Hulle het gepraat en gelag en mekaar se geselskap geniet, selfs al het die broers nie 'n idee gehad dat dit hulle eie broer, Josef, was nie. Hulle was steeds baie verbaas oor die goeie behandeling wat hulle ontvang het. Stel jou voor hulle verbasing toe hulle, nadat die feesmaal verby was, genooi is om die nag oor te slaap daar in die huis van die man wat in beheer was van die hele Egipte!
Josef het sy dienaars beveel om hulle sakke vol te maak met soveel kos as wat hulle kon dra. Hy het ook beveel dat die geld weer in elkeen se sak teruggesit moes word. Toe het hy beveel dat sy eie silwer beker in Benjamin se sak geplaas moes word.
Vroeg die volgende oggend met sonsopkoms, het die broers al die sakke op hulle donkies gelaai en huistoe vertrek. Hulle kon nie help om te gesels oor die vreemde nadraai van sake nie en hulle was bly dat die tog hierdie keer 'n blye een was.
![]()
Josef het een van sy dienaars hulle laat dophou toe hulle vertrek het. Hy het die dienaar beveel, “Wanneer hulle net buite die stad is, jaag hulle agterna. Praat dan hard met hulle en vra waarom hulle my goedheid met boosheid terugbetaal. Vra hulle waarom hulle my spesiale silwer beker gesteel het.”
Die dienaar het presies gedoen soos hy beveel was. Omdat hy gery het op 'n strydwa, wat nie gelaai was met swaar bondels kos en voorrade nie, het hy hulle maklik ingehaal. “Waarom het julle kwaad gedoen nadat ons julle so goed behandel het?” het hy die broers kwaai gevra. “Waarom het julle die spesiale silwer beker, wat aan die heerser behoort, gesteel?”
Die broers was sprakeloos. Hulle het nie geweet wat om daarvan te dink of wat om te sê nie.
“Wat bedoel jy?” het hulle gevra. “Ons het die geld wat ons in ons sakke gekry het, teruggebring en ons het geen idee waarvan jy praat insake 'n silwer beker nie. Nie een van ons sou waag om iets van die heerser te steel nie, veral nie na die goedhartigheid wat hy aan ons bewys het nie! As jy die beker tussen enige van ons voorrade kry, dan sal ons almal slawe wees in die heerser se huis.” Al die broers het instemmend geknik, omdat hulle heeltemal seker was, dat niemand van hulle die heerser se silwer beker gesteel het nie.
![]()
“Reg so,” het die dienaar gesê. “Dit sal wees soos julle sê, behalwe dat net die persoon wat die silwer beker het, na die heerser se huis sal terugkeer en sy slaaf word. Die res van julle sal toegelaat word om huistoe te gaan.”
Dit was nogal groot werk om al die donkies af te laai. Die sakke was tot oorlopens toe vol en dit was baie swaar. Die dienaar het deur al hulle voorrade gesoek. Toe het hy al die sakke kos oopgemaak en hy het dit deursoek en begin met die sakke wat aan die oudste behoort het af tot by die jongste. Die broers was seker van hulself en het verlig gevoel soos een sak na die ander deursoek was en die silwer beker nie gevind is nie . . . . Maar toe . . .
. . . Was hulle getref met vrees en ongeloof toe die dienaar deur Benjamin se besittings gesoek het. Toe hulle die laaste sak kos oopmaak, het hulle almal gesien dat die silwer beker net daar oop en bloot in die boonste sak gelê het. Terwyl hulle hul koppe in skaamte laat sak het en gebewe het van vrees, het hulle dadelik alles op hulle donkies gelaai. Hulle het die dienaar huiwerig begin volg op die gevreesde tog terug na die huis van die man in beheer.
![]()
“Nou is dit sekerlik klaarpraat met ons,” het hulle met ontsteltenis gesê. “Hoe het daardie beker in die sak beland?” het hulle gevra.
Benjamin het sy bes probeer om homself te verdedig. “Ek het dit nie gevat nie! Ek het dit nie daar gesit nie!” het hy uitgeroep. “Ek weet nie hoe dit in my sak beland het nie! Regtig, ek vertel die waarheid!”
Die nare werklikheid was dat die silwer beker in Benjamin se sak gevind is, en dit het nie saak gemaak hoe dit daar gekom het nie, hulle was in G-R-O-O-O-O-T MOEILIKHEID! Verder het hulle met die dienaar saamgestem, dat die persoon in wie se sak die beker gevind sou word, in Egipte sou agterbly as 'n slaaf. HOE sou hulle DIT ooit aan hulle vader kon verduidelik wanneer hulle moes teruggaan huistoe sonder Benajmin?
![]()
![]()
Toe die broers teruggekeer het na die heerser se huis, het hulle voor hom op die grond gebuig.
“Wat het julle gedoen?” het die heerser skerp gevra. “Julle moet sekerlik weet, dat iemand so belangrik soos ek die vermoë het om die waarheid te weet! Het julle regtig gedink hulle kon my spesiale silwer beker steel en nie uitgevang word nie?”
Juda het sterk maar bang gepraat. “O, Mnr. Heerser! Wat kan ons doen om op te maak vir wat gebeur het? As ons jou slawe word, sou dit genoeg wees om op te maak vir hierdie groot verkeerde daad?”
Toe hy geen reaksie kry nie, het Juda apos;n bietjie nader aan die heerser gestaan. “Mag ek 'n woord met u alleen spreek?” het hy gevra.
“Ek weet dat u tweede in bevel is en dat niemand groter is as u nie, behalwe Koning Farao. Moet asseblief nie kwaad wees vir ons nie.” Juda het voortgegaan, “Onthou u toe ons die eerste keer gekom het, het u oor ons vader uitgevra, en toe het u gevra of ons nog 'n broer gehad het, en u het ons gedwing om hom na u toe te bring? Ons het vir u gesê dat sy vader baie bedroef sou wees as iets met hom sou gebeur. Maar u wou ons nie laat kos koop tensy ons hom gebring het nie.”
“Wel, ons het gedoen soos u gevra het,” het Juda voortgegaan om te verduidelik. “Ons het hom saamgebring om u te ontmoet en nou het hierdie moeilikheid oor ons gekom. As ons huistoe gaan sonder hom, sal ons vader, wat baie oud is en Benjamin baie liefhet, sekerlik sterf van droefheid. Asseblief, asseblief, vir ons vader se onthalwe, neem my as jou slaaf in plaas van Benjamin,” het Juda gepleit.
![]()
Josef was oorweldig met emosie en kon nie homself meer inhou nie. Hy het gesien hoe die broers oor die jare verander het en nie meer haatdraend was nie. Hy het gesien hoe lief hulle vir sy vader en vir sy jonger broer was. Hy het toe openlik begin huil.
“Verlaat asseblief almal die kamer,” het hy sy dienaars beveel. “Laat my alleen met hierdie manne.” Die dienaars het gedoen soos hulle gevra is en die kamer verlaat, maar Josef het so hard gehuil, dat hulle hom in die kamer langsaan kon hoor.
Toe het Josef in trane met sy broers gepraat. “Ek is Josef,” het hy gesê. “Leef my vader nog?” het hy gevra.
![]()
Die broers was so stomgeslaan en kon nie praat nie. Dit het hulle 'n tydjie geneem om te verstaan wat hy gesê het.
“Kom nader,” het Josef gesê. “Ek is julle broer Josef wat julle in slawerny verkoop het. Maar moenie vrees of kwaad wees vir julself nie. God het julle dade gebruik om my na Egipte te bring, sodat ek julle lewens kon red.”
Josef het verder vir hulle vertel dat hoewel daar reeds twee jaar van hongersnood was, daar nog vyf jaar sou wees. “Dit was nie julle wat my hierheen gestuur het nie, maar God. God het my voorspoedig gemaak en my 'n belangrike raadgewer van Farao gemaak en het my die heerser oor sy hele huis, sy grond en die hele land van Egipte gemaak.”
Die broers het stilgestaan in stomgeslane verwondering. Hulle kon nie glo wat hulle gehoor het nie. Na al hierdie baie jare waarin hulle geglo het dat Josef dood was, was dit vir hulle moeilik om te besef dat hy lewendig was en hier reg voor hulle gestaan het. Dit was selfs nog moeiliker vir hulle hom te glo dat hulle klein broertjie, die een wat hulle geterg het, 'n dromer genoem het en in slawerny verkoop het, nou die tweede belangrikste persoon in die hele Egipte was.
![]()
“Dit is was ek wil hê julle moet doen,” het Josef voortgegaan. “Gaan terug na Kanaän en vertel vir my vader dat ek lewe. Vertel vir hom dat julle my gesien het en dat ek 'n heerser in Egipte is. Maak al julle troppe diere bymekaar en bring julle families om hier in Egipte naby my te kom woon. Daar is baie kos hier en julle families sal nooit weer honger wees nie. Maak gou! Moenie lank vat om terug te keer nie. Ek wil my vader sien!”
![]()
Josef het toe na Benjamin uitgereik. Hy het hom omhels, gesoen en trane van blydskap gehuil. Toe het hy elkeen van sy broers omhels en gesoen. Hy was bly dat hy uiteindelik in staat was om met hulle as broers te praat, in plaas daarvan om voor te gee dat hy hulle nie ken nie.
Josef se dienaars het steeds in 'n ander kamer gestaan en luister en hulle het die woord versprei dat Josef se broers gekom het. Dit het nie lank geneem vir die nuus om Koning Farao te bereik nie. Hy was bly, omdat Josef gelukkig was en het vir Josef geroep. “Neem waens na Kanaän om die kinders en jou vader te bring, sodat hulle nie ongemaklik sal wees om te loop en donkies te ry nie.”
Die Koning het toe gesê, “Sê vir hulle om hulle kuddes te bring, maar nie oor die ander besittings bekommerd te wees nie. Stuur vir hulle voorrade vir die reis en sê vir hulle ek sal vir hulle alles gee wat hulle nodig het wanneer hulle hier aankom. Ek sal ook vir hulle die land Gosen, wat naby 'n rivier is, gee om in te woon, sodat hulle kuddes en troppe water sal hê om te drink.”
Josef het gedoen volgens alles wat Farao gesê het. Hy het vir die broers waens, voorrade en nuwe klere gegee, en hy het vir Benjamin driehonderd stukke silwer gegee. Vir sy vader het hy tien donkies, gelaai met die beste goedere van Egipte saamgestuur, saam met nog tien donkies gelaai met kos en vleis vir die tog na Egipte.
![]()
Die broers het so vinnig gemaak as wat hulle kon oor die warm, droë, stowwerige pad terug Kanaän toe. Hulle was te opgewonde om te kla oor die droë, warm, stowwerige reistoestande. Hulle het die hele pad gepraat oor alles wat in Egipte gebeur het. Hulle het steeds nie mooi geweet wat om van Josef, hulle eie broer, die man in beheer, te dink nie!
Hulle was haastig om by die huis, by hulle gesinne en by hulle vader uit te kom en te vertel van hulle goeie geluk en die belangrikste van alles, dat Josef lewendig was!
![]()
DINK!
1. Wat is in Benjamin se sak gevind?
2. Hoe het die silwer beker in die sak beland?
3. Waarop het hulle ooreengekom sou met die persoon gebeur by wie die beker gevind sou word?
4. Watter broer het na vore gekom en gesmeek om met Benjamin omgeruil te word?
5. Wou Josef sy broers terugkry omdat hulle hom in 'n put gegooi het en hom as 'n slaaf verkoop het?
6. Het Josef gehuil omdat hy hartseer was of omdat hy bly was?
7. Wat was die geskenke wat hy teruggestuur het na sy vader toe?
8. Hoe het Koning Farao gereageer toe hy hoor dat Josef se broers gekom het?
ONTHOU:
Probeer altyd om te vergewe wanneer kwaad aan jou gedoen is.
'N VERS OM TE LEER
“Julle het my dan nou nie hierheen gestuur nie, maar God” (Génesis 45:8a).
PRAKTIESE TOEPASSING
Wat van 'n vinnige kompetisie? Kom ons kyk wie kan die onskuldigste gesig trek. En die wenner is....? Nou, wat as jy skuldig was aan iets en voorgegee het dat jy onskuldig was? Hoe lank dink jy sou jy kan aanhou om 'n onskuldige gesig op te sit?
Josef se broers het dit vir baie jare gedoen, maar hulle nare geheim was bekend aan God en aan Josef. Hulle was jammer vir wat hulle aan Josef gedoen het omdat hulle gesien het hoe hartseer dit hulle geliefde vader gemaak het. Die probleem was egter dat hulle hulleself nie so ver kon kry om die waarheid te praat dat hulle Josef aan die slawehandelaars verkoop het nie. Dink jy dat dit maklik is om jarelank voor te gee dat jy onskuldig is en probeer om jou gewete stil te maak, terwyl jy eintlik skuldig is? Ten spyte daarvan, het God Josef se broers so lief gehad dat Hy 'n plan in werking gestel het vir hulle om hulle saak reg te stel.
Nou, is dit nie baie makliker om 'n onskuldige gesig te hê as jy regtig onskuldig is nie? Dit sal glad nie nodig wees om voor te gee nie. Hoewel Josef se broers onskuldig was oor die beker wat gesteel was, was hulle steeds daarvan beskuldig. Was jy al ooit beskuldig of gestraf vir iets wat jy nie gedoen het nie omdat niemand wou glo dat jy onskuldig was nie? Hoe het dit jou laat voel? Was jy hartseer en kwaad?
[Na bespreking:] Die Woord van God sê dat ons ontslae moet raak van alle wrokke en dat ons diegene wat ons valslik beskuldig, moet vergewe. Laat ons 'n oomblik neem om te dink aan die kere wat ons voorgegee het om onskuldig te wees, terwyl ons eintlik skuldig was. Dink nou aan die kere toe jy beskuldig of gestraf was vir iemand anders se foute terwyl jy heeltemal onskuldig was.
Laat ons God om vergifnis vra, en bid dat Hy ons sal help om altyd die regte ding te doen en eerlik te wees oor ons foute. Laat ons God vra om ons te help om ander wat ons valslik beskuldig, blameer of gestraf het toe ons niks verkeerd gedoen het nie, te vergewe. Laat jou lig in hierdie donker wêreld skyn, want die Bybel leer ons dat dit beter is om onregverdig te ly as ons reg doen, as wanneer ons regverdig ly as ons verkeerd doen (1 Petrus 3:17).
LAAT ONS BID
![]()
****************************************************
Liewe God, baie dankie dat U altyd in beheer is
en weet wat die beste is vir ons. Help ons om te onthou
om goedhartig te wees en ander te vergewe.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************
KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Génesis 44:1 - 45:24
![]()
![]()
Joseph Forgives His Brothers (online)
Joseph's Brothers (online)
Joseph and His Family (online)
Forgiving Others (online)
Egypt Coloring Pages (online)
Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
God Cares for Me Coloring Book by Shirley Dobson
God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Favorite Bible Stories Coloring Book (reproducible)
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books
![]()
Adventure Bible: Joseph The Dreamer (I Can Read)
Beginner's Bible: Joseph & His Brothers (I Can Read)
Benjamin Goes To Egypt With His Brothers (online)
Genesis 44 (online)
Joseph (read online)
Joseph and the Hidden Sacks of Silver (online)
Joseph—God's Superhero
(Discover 4 Yourself Inductive Bible Studies for Kids)
Joseph, Jacob's Favorite Son (Arch Books)
Joseph Rules (online)
Joseph Saves His People (online)
Joseph's Ten Brothers Go to Egypt (online)
Joseph the Dreamer (read online)
Kingstone Comics: Joseph
The Birth of a Nation: Abraham to Joseph
(listen and read online)
The Great Famine (online)
365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)
![]()
Jigsaw Puzzle (online)
Color, Cut, and Scramble (online)
Joseph Word Search (online)
The Big Feast Multiple Choice Worksheet (online)
Joseph Reveals Himself Jigsaw Puzzle (online)
Joseph and His Brothers Word Search (online)
Joseph and His Family Word Search (online)
Matching Game (online)
Multiple Choice (online)
Joseph Reveals Himself to His Brothers (online)
Joseph Tests His Brothers (online)
Word Scramble (online)
Word Tiles (online)
Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles Sticker Books
![]()
Egyptian Crafts (online)
Joseph and His Family Bible Craft (online)
Joseph Reveals Himself (online)
Joseph Tests His Brothers (online)
Joseph Activities and Games (online)
Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]
Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)
The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible
![]()
Bugtime Adventures: Blessing in Disguise - The Joseph Story (watch online)
Gideon Films: Joseph (watch online)
Greatest Heroes of the Bible: Joseph & the Coat of Many Colors (online)
Joseph: Beloved Son, Rejected Slave, Exalted Ruler DVD
Joseph: Beloved Son, Rejected Slave, Exalted Ruler (watch online)
Joseph: Genesis (watch online)
Joseph: The Young Man (watch online)
The Beginner's Bible, Volume 4 (watch online)
The Story of Jacob and Joseph
VeggieTales: Following God's Directions (watch online)
VeggieTales: Joseph and his Coat of Veggie Colors (watch online)
All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
![]()
A Heart That Forgives (online)
God Will Take Care of Us All by Helen McAlerney Barth (listen online)
In His Dreams (online)
Keep Me True, Lord Jesus (listen online)
Joseph's Coat Of Many Colors [Music Download]
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
Illustrated Songs
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids
Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
Sunday School Song Medley (online)
The Bible in a Minute (online)
25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music
RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS
Children's Sermon (online)
Joseph and His Family Take Home Paper (online)
Joseph by F B Meyer
Joseph - A Very Colorful Story (online)
Joseph Reveals Himself to His Brothers (online)
Joseph Tests His Brothers (online)
Joseph (online Jewish Virtual Library)
Power of Forgiveness - Drama (online)
Take-Home Paper (online)
Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)
FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide (online)
52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me
God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs
Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles
Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings
Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry
Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know
Children's resources (online)
![]()
Copyright © 2024 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.Permission is granted to reproduce this page
for ministry purposes only. Not for resale.
Free Bible Stories!
To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at
You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.
AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html
Webmaster
Last updated May 13, 2024
Pictures Courtesy of Free Bible Images
Welcome! *
What's Here *
Bible Stories
E-Mail Us *
Around the Piano *
4 Things
Events *
Children's Chapel *
Adult Chapel
Missing Link *
Links *
Resources *
Donate