The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Murpel die Purper Flurpel se
Avontuur in Kapérnaüm

deur Linda Sue Edwards Pochodzay

Text Version | English

Murple

“O, Jippie! . . . Jippie! . . . Jippie! Dit gaan so 'n wonderlike dag wees! Ek weet dit net! Ek weet. Ek weet. EK WEET!” het Murpel uitgeroep toe Jimmy sy jassie uit die kas haal en aantrek om dit die dag te dra. “Ek is sooo bly om uit daardie donker kas te wees! Maar ten minste was dit nie naastenby so erg as om in die sak te wees nie,” het Murpel vir haarself gesê, omdat niemand haar sagte stemmetjie kon hoor nie.

“Jy bedoel jy moes ook tyd in daardie sak deurbring?” Murpel het skoon geskrik toe sy iemand met haar hoor praat. “Ek hoor seker dinge! Ek dog ek het 'n ander sagte stemmetjie gehoor,” het Murpel hardop gesê, maar nie naastenby hard genoeg vir 'n mens om te hoor nie.

“Hie, hie, hie . . .” Murpel het twee stemmetjies gehoor lag.

“Haai! Wie is julle? En waar is julle? En waarom kan julle my hoor? En hoekom het julle sulke sagte stemmetjies soos ek?” Die vrae het amper vinniger uit Murpel se mondjie gekom, as wat sy daaraan kon dink.

Murple and Twins

Die gelag het aangehou. “Ons is flurpels net soos jy en ons sit ook vas aan hierdie jas se mou. Dit is sekerlik taaierig, en dit is sekerlik klewerig,” het die stemmetjies in harmonie gerym. Murpel het haar knop geknik om saam te stem, al kon sy nie sien wie met haar gepraat het nie.

Toe Jimmy buitentoe in die sonskyn ingeloop het, het Murpel haar oë op skrefies getrek en mooi gekyk. Nadat haar oë aan die sonlig gewoond geraak het, het sy tot haar groot vreugde, twee klein, blou wollerige balletjies, wat baie soos sy gelyk het, raakgesien. Hulle het verduidelik dat hulle tot op die jas gestamp is toe die seun se pa sy hoed in die kas gesit het en nou sit hulle saam met haar daar vas.

“Dit gaan tonne pret wees! Dit gaan! Dit gaan! DIT GAAN!” het Murpel vol blydskap uitgeroep. “Nou hoef ek nie met myself te praat nie, en dit maak my gelukkig . . . gelukkig . . . gelukkig . . . GELUKKIG!” het sy gelag.


flower line

“Waar dink jy gaan ons heen?” het die klein blou tweeling vir Murpel gevra.

Boy and Flurples “Waarheen Jimmy ons ook al neem,” het Murpel met 'n glimlag geantwoord. Dit het nie regtig saakgemaak waarheen hulle gaan nie. Wat saakgemaak het, was dat sy uit daardie donker kas, buite in die sonlig was, en sy was so gelukkig soos 'n klein pers wollerige balletjie kon wees.

Die klein blou tweeling het net betyds opgekyk om 'n paar geboue, wat hulle herken het, te sien. Hulle het dieselfde geboue gesien eendag toe hulle op die top van die die man se hoed gereis het. “O GOEISTE! Ek dink ons gaan na Kapérnaüm,” het een van hulle gesê.

“Kap. . . Kap . . . KAP . . . wat?” het Murpel gevra.

“Kap-ér-na-üm,” het die tweeling saam gesê. “Jy bedoel, jy het nog nooit van Kapérnaüm gehoor nie?” het hulle gevra. Toe het hulle voortgegaan om opgewonde te gesels. “Kapérnaüm is waar Jesus bly. Hy het van Násaret af soontoe getrek. Allerhande soorte dinge gebeur in Kapérnaüm!”

“Jy bedoel, ons kan dalk vir JESUS sien?” het Murpel hardop geroep. “Ooo, Ooo, OOO! Ek is lief vir JESUS! Ek was vir 'n rukkie in sy skrynwerkerswinkel en later het ek gesien hoe Hy water in wyn verander!” Sy was so opgewonde dat sy amper nie kon stil sit nie. “Ons gaan na Ka-pér-na-üm. Ons gaan na Ka-pér-na-üm, het sy begin sing en die blou tweeling het begin saamsing. “Ons gaan na Ka-pér-na-üm. Ons gaan na . . .”

Jesus will you please come to my house a man begged “Luister . . . luister . . . LUISTER!” het Murpel geskree. “Ek dink dit is HY! . . . EK dink dit is Hy! . . . EK DINK REGTIG DIT IS HY!”

Hulle het almal hulle oortjies gespits en mooi geluister. “Jesus, asseblief . . . Jesus, sal U asseblief na my huis toe kom?” het hulle 'n man hoor smeek.

“Dit IS Jesus!” het al drie flurpels terselftertyd uitgeroep. “En daardie man is Jaïrus. Hy is 'n belangrike leier by die sinagoge,” het die blou tweeling vir Murpel verduidelik . . . Toe het hulle aangehou om mooi te luister, omdat hulle niks wou mis wat Jesus sou sê of doen nie.


flower line

“Asseblief, Jesus. Ek het nodig dat U na my huis te kom. My dogter is baie, baie siek. Daar is nie meer hoop vir haar nie. As U nie kom nie, sal sy sekerlik sterf,” het Jaïrus gesmeek.

Jesus was vol medelye vir mense wat groot nood gehad het en Hy het dadelik begin om Jaïrus na sy huis te volg. Maar terwyl hulle op pad was, was daar 'n onderbreking.

A woman pushed her way into the crowd and tried to touch Jesus 'n Ander vrou, wat baie siek was, het ook vir Jesus nodig gehad. Sy het haar weg deur die skare gebaan en probeer om Jesus aan te raak. Ander mense was rondom Jesus en het amper op haar getrap, maar sy het nie moed verloor nie. “O, as ek maar net sy klere kon aanraak,” het sy oor en oor vir haarself gesê. Uiteindelik het sy bietjie vir bietjie 'n pad deur die skare gedring, net genoeg om te kon uitreik en die soom van sy kleed aan te raak.

“Wie het aan My geraak?” het Jesus gevra. Murpel het daardie vraag glad nie verstaan nie.

“‘Wie het aan My geraak?’ Wat bedoel Hy daarmee?” het sy gewonder. “Almal raak aan Hom! Die hele skare raak aan Hom!” Murpel en die blou tweeling was oorbluf deur hierdie vreemde woorde van Jesus, maar hulle het bly kyk.

Die siek vrou in die skare wat haar pad deur hulle gedring het om Jesus aan te raak, het presies geweet wat Hy bedoel het en sy het bang geword.

She bowed on the street at Jesus feet and told Him her story about being sick for 12 years and how none of the doctors could help her. She confessed that she was the one that had touched Him In daardie dae was dit teen die wet vir siek mense om aan ander mense te raak, omdat daar nie baie medisynes was nie en siektes het maklik versprei. Sy het op die straat voor Jesus se voete neergebuig en vir Hom haar storie vertel dat sy vir 12 jaar siek lank was en hoe nie een van die dokters haar kon help nie. Sy het bely dat sy die een was wat aan Hom geraak het.

Jesus het na haar gedraai en vriendelik vir haar gesê, “Gaan heen en moenie bang wees nie. Jy sal nie meer siek wees nie.”

“SJOE! Ons het nou-net nog 'n wonderwerk gesien!“ het die flurpels uitgeroep toe hulle die vrou jubelend met die pad sien afloop het. “Dit is sekerlik 'n vrou vol blydskap!”

Toe kry Murpel 'n skramse kykie van Jaïrus, wat haar hartseer gemaak het. “Daardie man Jaïrus is nie baie gelukkig nie,” het sy gesê. “Kyk net na sy hartseer gesig. Ek hoop Jesus gaan na sy huis toe. Ek hoop. Ek hoop. EK HOOP!” het sy gesê. Maar toe sy die groot skare, wat rondom Jesus bymekaargekom het, sien, het sy getwyfel dat Hy daar sou uitkom. Sy het net nie 'n manier gesien hoe Hy deur daardie groot groep mense sou kon kom nie.


flower line

It is too late Net toe het Murpel iets gehoor wat haar baie, baie hartseer gemaak het. “Daar is geen rede meer om Jesus langer te pla nie,” het 'n dienskneg vir die leier gesê. “U dogter het gesterf.”

“Nee! Nee! NEE!” het Murpel gesê. “DIT kan nie gebeur! Jesus was veronderstel om hierdie dogtertjie te gaan help. Nou is dit te laat . . . Dit is heeltemal te, te, te, laat.” Groot trane het in Murpel se klein ogies opgewel. Hoewel hulle baie bly was dat hulle gesien het hoe Jesus die siek vrou genees, het die flurpels hartseer en teleurgesteld gevoel omdat die dogtertjie gesterf het.

“Dit is nog nie verby nie! . . . Luister!” het die blou tweeling vir Murpel gesê. Jesus het gehoor wat die dienskneg vir Jaïrus gesê het. “Vrees nie, glo net en sy sal gered word,” het hulle gehoor toe Jesus Jaïrus getroos het. Toe het hulle Hom hoor praat met sy vriende. “Petrus, Jakobus, Johannes,” het Hy gesê. “Maak seker niemand volg ons nie. Ons gaan na Jaïrus se huis toe.”

Murple the Purple Flurple

Skielik het Murpel se hartseer en teleurstelling verdwyn. “Ja! Ja! Ja!”  het sy op die toppunt van haar stemmetjie geskree. “Jesus gaan die dogtertjie help. Hy kan . . . hy kan . . . Ek weet hy kan!  Ek hoop ons kan sien wat gebeur. Ek hoop Jimmy volg vir Jesus. Ek wil sien!”

“Ons wil ook sien!” het die blou tweeling saamgestem.

Gelukkig vir die flurpels, wou Jimmy ook sien. Selfs toe Jesus gesê het Hy wil nie hê dat iemand Hom volg nie, kon Jimmy homself net nie keer nie. Hy het geweet waar die sinagoge was en hy het geweet waar Jaïrus gebly het en hy het 'n spesiale plek geken waar hy kon gaan kyk, sonder om in die pad te wees.

Toe Jesus en Jaïrus naby die huis gekom het, het harde, treurige klanke hulle begroet. Mense het oral rondgestaan en geween en gehuil oor die dogterjie wat net 'n paar minute tevore gesterf het.


flower line

Why are you crying and making all this noise “Waarom huil julle en maak julle al die geraas?” het Jesus vir hulle gevra. “Die dogtertjie is nie dood nie. Sy slaap net,” het Hy voortgegaan.

Die skare rouklaers het baie kwaad geword vir Jesus en het Hom begin spot. “Ons was die hele tyd hier en ons weet sy is dood!” het hulle geskreeu. “Jy het nou net hier aangekom en was nog nie eers binne-in die huis nie. Jy weet nie waarvan Jy praat nie!”

“Ô-ô . . . Ô-ô . . . Ô-ô!”  het Murpel uitgeroep. “Dit kan grooooooot mmmmmmoeilikheid wees! Daardie skare is kwaad, kwaad, kwaad!”

Maar daar was nie regtig moeilikheid nie. Jesus het nie toegelaat dat die woedende mense Hom pla nie. Hy was al voorheen tussen woedende skares en het geweet hoe om hulle te hanteer. Die flurpels het gekyk hoe Jesus, Petrus, Jakobus en Johannes hulle weg deur die skare gebaan het en binne-in die huis gegaan het.

“Wat gaan Hy doen? WAT gaan Hy doen?” het al die flurpels gewonder, terwyl hulle gekyk het hoe die deur van die huis toegaan.

“Dit is onmoontlik. Dit is net onmoontlik!” het Murpel met groot teleurstelling gesê. “Die deur is toe en nou sal ons nie kan sien nie. Ons sal nooit . . . nooit . . . nooit die einde van hierdie storie ken nie,” het sy gekerm.

Net toe hulle alle hoop laat vaar het om te kan sien wat gebeur, het Jimmy 'n kleinerig boompie reg buitekant die huis gesien. Hy was soos blits op in daardie boom en hierdie keer was die flurpels bly dat hulle soos gom vasgeplak was aan Jimmy se mou en nie afgeval het nie.

Terwyl hulle deur die venster geloer het, het hulle almal gekyk toe Jesus die dogtertjie aan die hand gevat het en gesê het, “Talíta, koemi,” wat beteken, “Dogtertjie, staan op.”

Jesus took the little girl by
the handImmediately the little girl opened her eyes

Onmiddellik, het die dogtertjie haar oë oopgemaak . . . Sy het oorgeskuif na die kant van haar bed . . . Sy het haar voete op die vloer neergesit . . . En . . . die flurpels het met grootoë gekyk toe die dogtertjie, wat dood daar gelê het, opgestaan en geloop het!

Give her something to eat Almal het gespring en gesing en handegeklap van vreugde, omdat Jesus lewe teruggegee het aan die jong meisietjie. Maar in hulle blydskap, het dit gelyk of hulle skoon van haar vergeet het. Jesus het vir die dogtertjie se ouers gesê om vir haar iets te ete te gee. Toe het Hy iets gesê wat 'n bietjie vreemd was. “Moet vir niemand hiervan vertel nie,” het Hy gesê.

“Moet vir niemand vertel nie?” het Murpel gevra. “Hoe kan hulle nie iemand vertel nie? Dit is die blyste wonderwerk wat hierdie familie ooit gesien het!” het sy vol opwinding uitgroep. “Hoe kan Jesus van hulle verwag om niemand te vertel nie? Ek sê vir julle een ding,” het sy aangehou gesels. “Ek sou sekerlik nie vir baie lank iets soos hierdie 'n geheim kon hou nie!” Die blou tweeling het saamgestem.

Hulle almal het gekyk hoe Jesus sy liefdevolle arms om die dogtertjie geslaan het en haar 'n groot drukkie gegee het. Toe het hulle gekyk hoe Hy en Sy drie vriende stil met die straat afgeloop het. Hulle kon skaars glo wat 'n avontuurlike dag dit was. Hulle het gesien hoe Jesus nie net een nie, maar twee wonderwerke daardie dag gedoen het en Murpel het geweet sy sou dit vir altyd . . . en altyd . . . en altyd onthou!


flower line

DINK!

1. Waar het Jesus gewoon?
2. Waar het hierdie storie plaasgevind?
3. Wat was die eerste wonderwerk?
4. Wat het Jesus vir die dogtertjie, wat dood was, gesê?
5. Wat was die tweede wonderwerk?



ONTHOU!

Jesus het almal lief en het groot medelye vir alle mense.



'N VERS OM TE LEER:

“Moenie vrees nie. Glo net en sy sal gered word” (Lukas 8:50b).



PRAKTIESE TOEPASSING

Hoe dink jy het Jesus gevoel toe die siek vrou deur die skare gedruk het om Hom aan te raak? Dink jy Hy was kwaad of bly? Wanneer jy 'n probleem het of iets van Jesus nodig het, dink jy Hy sal bly wees as jy na Hom gaan in gebed met groot geloof in sy wonderwerkende krag en sy liefde vir jou?

Dink jy Jaïrus het moedeloos geraak en hoop verloor toe hy hoor sy dogter is dood en hy aangesê is om Jesus nie meer te pla nie? Wat van jou? Sal jy ophou om Jesus se hulp te vra as mense vir jou sê om nie die moeite te doen om Hom te vra nie of dat dit te laat is en dit nie meer sal help nie?

[Na bespreking:] Jesus is bly wanneer jy met groot geloof na Hom toe gaan in gebed. In Hebreërs 4:16 sê Hy om na Hom te gaan vir hulp in jou tyd van nood. Hy hou baie daarvan as jy nie toelaat dat iemand jou verhinder om Hom om hulp te vra nie.

Het jy nou Jesus se hulp nodig? Of is daar iemand wat jy ken wat van God se liefde en krag moet weet? Buig jou hoof en neem nou 'n oomblik om Jesus om hulp te vra



LAAT ONS BID:

****************************************************
Liewe Jesus, dankie dat U na die aarde toe gekom het
en wonderwerke gedoen het wat my help om te leer van
U groot liefde vir my. Help my om te glo in U liefde
en in U groot krag. In U Naam bid ek dit. Amen.
****************************************************



KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

Markus 5:22-43; Luke 8:40-56


BIBLE STORY ARCHIVE
www.childrenschapel.org/bibstory2.html


crayons

Beginner Coloring Page
Little Maid, get up!
Jesus Restoring Jairus' Daughter to Life
Immediately She Opened Her Eyes
Jairus' Daughter
Miracles of Jesus (Bible Colour and Learn)
17 People in The Life of Jesus (Bible Colour and Learn)

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books



activities

Crossword Puzzle (online)
Jigsaw Puzzle (online)
Jairus' Daughter Jigsaw Puzzle (printable)
Word Search (online)
Abeka: Jesus Heals and Helps Flash-a-Card Set
Activity Wheel
Decoder
The Daughter of Jairus activities

5 Minute Sunday School Activities:
Jesus' Miracles and Messages


Word Scramble

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

Story Cards to Print and Share
Easy Bookmark Craft (online)

5 Minute Sunday School Activities:
Jesus' Miracles and Messages


Jairus & Daughter Craft (online)
Jairus' Daughter Craft (online)

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



child reading a book

Amazing Miracles of Jesus
HOBC Bible Big Book: Jesus' Miracles

Jesus Is Bigger Than Me:
True Stories of His Miracles


Jesus Raises Jairus' Daughter From the Dead (read online)
Jesus Wakes the Little Girl (Arch Books)
Miracles of Jesus (I Can Read)
Miracles of Jesus (Little Golden Book)
My First Story of Jesus
One Big Story: Jesus' Miracles (board book)
The Daughter of Jairus

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and DVDs

Animated Bible Stories: Miracles of Jesus (watch online)

Bible on the Go Vol. 35:
Baptism, Temptation, Disciples, and Miracles of Jesus


Children's Sermon Lesson: Faith and Healing - Jesus Raises Jairus Daughter (online)
Greatest Heroes & Legends: Miracles of Jesus (online)
I'm a daughter of GOD! (online)
Jairus' Daughter (listen online)
Jesus Heals Jairus' Daughter (online)
Jesus Raises The Daughter Of Jairus (online)
Jesus Storybook Bible Animated DVD Vol. 3
Miracles of Jesus Superbook DVD
Virtual Sunday School: Jairus' Daughter (online)

What's in the Bible: What Is the Bible?
Jesus Is the Good News


All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



birds singing

Fear Not, Only Believe - Sheet Music (online)
He Came to Show the Father's Love (online)
He's Able to Carry Me Through (online)
Jesus Heals Songs (online)
Jesus Is the Healer (online)
Little Girl Arise (online)
Walk Tall, You're a Daughter of God (online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

All the Miracles of the Bible
Capernaum Photographs (online)
Capernaum Photos and Information (online)
Eikon Bible Art: Jairus' Daughter

5 Minute Sunday School Activities:
Jesus' Miracles and Messages


Jairus' Daughter Drama (online)
Lesson Ideas (online)
The Daughter of Jairus Activities (online)
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Miracle - Definition and List (online)
The Lord's Loving Response to Grief (online)
Who Was Jairus in the Bible (online)

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources


flower line


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe...” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2022 - Linda Sue Edwards Pochodzay

Pictures Courtesy of Free Bible Images

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated June 6, 2022

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources