The children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids



Stippels, Strepe, en Bont

deur Linda Sue Pochodzay Edwards

Text Version | English | Italian


           “Maar Ma,” het Chara gekerm. “Sy kry altyd meer as ek.” En dit was waar. As Jewel sjokolademelk in die glase gegooi het, het sy altyd meer in haar eie glas gegooi en minder in Chara s'n. As hulle pizza vir aandete gehad het, het Jewel altyd die grootste stuk gevat.

chocolate cake

           Hierdie keer was daar net een stuk koek en Jewel het 'n mes opgetel om dit te deel. Hulle ma het in die kamer ingekom toe sy hoor Chara kla.

           “Ek het 'n idee,” het hulle ma met 'n glimlag gesê. “Jewel kan die koek sny, maar Chara kan eerste kies.”

           Jewel was baie noukeurig om die koek in twee stukke, wat presies ewe groot was, te sny. Toe Chara moes kies watter stuk sy wou hê, het sy gelag, want altwee stukke was dieselfde. Die twee meisies het gegiggel en toe ewe gelukkig aan hulle koek gesmul.



graphic bar


Jacobs twelve children            Nadat Josef, die twaalfde kind in Jakob se familie gebore is, het Jakob besluit dit was te beknop om by Oom Laban te bly. Nou het hy so 'n groot familie gehad om voor te sorg, dat hy gevoel het dat hy sy eie grond, sy eie kuddes beeste en troppe skape en bokke moes hê.

           Jakob het die situasie met Laban bespreek. “Oom Laban, ek het vir jou vir veertien jaar gewerk. Ek het twaalf kinders en ek het 'n plek van my eie nodig. Ek wil my vrouens en my kinders terugneem na my ou huis in Kanaän, waar ek op my eie grond kan woon.”

Tell me what I can do to
change your mind so that you will stay with me            “O WEE, my seun,” het Laban hartlik gereageer. “Moenie so vinnig wees om weg te gaan nie! Die Here het my geseën om jou onthalwe. Bly 'n bietjie langer. Vertel vir my wat ek kan doen om jou van plan te laat verander, sodat jy by my sal bly. Watter soort transaksie kan ek met jou aangaan?”

           Jakob het vir 'n oomblik gedink. Dit sou nogal moeilik wees om daardie groot familie van hom te laat trek en as hy Laban so ver kon kry om 'n goeie transaksie met hom te maak, sal dit dalk net die moeite werd wees om te bly. “Ek wil nie jou geld hê of enigiets wat aan jou behoort nie,” het Jakob verduidelik. “Ek sal by jou bly op een voorwaarde.”

           “Dit is reg so, my seun. Vertel vir my wat jy in gedagte het,” het Laban hom aangemoedig.

           “Jy weet dat jy baie min beeste gehad het voor ek gekom het en nou het jy 'n groot kudde,” het Jakob hom herinner. “Ek sal aanbly en voortgaan om vir jou diere te sorg as jy my sal toelaat om hulle te skei. Ek sal vir jou al die enkelkleur beeste en bokke gee en ek sal die gestippeldes en bontes neem. Ek sal ook al die bruin skape neem en jou die res gee. Die diere wat ek neem, sal my loon wees in ruil vir my verblyf hier en om jou te help om voorspoedig te word.”

           Oom Laban was 'n uitgeslape besigheidsman en kon nie sommer enige transaksie by hom laat verbygaan nie. Maar hy was nie so 'n goeie boer nie. In daardie dae, het hulle gedink bont diere en diere met stippels of strepe was nie so goed soos enkelkleur diere nie. Laban het gedink hy het 'n goeie transaksie gekry en het vinnig ingestem tot Jakob se plan.

Jacob and Laban separated all the animals and took the two groups to different
pastures three whole days journey apart            Jakob en Laban het al die diere geskei en die diere na verskillende weivelde geneem, drie hele dae uitmekaar. Die gestreepte, bont en gestippelde diere het nou aan Jakob behoort en die enkelkleur diere het aan Laban behoort. Jakob het baie goed vir Laban se diere en vir sy eie diere gesorg. Jakob het takke van populier- en amandelbome geneem en dit in die water wat die diere gedrink het, gesit. Hy het geglo dit was 'n towerkuns, wat sou veroorsaak dat die babadiere gebore word met strepe en stippels, en bont.

           Later, toe die diere kleintjies gekry het, was die kleintjies gebore met strepe en stippels, en bont! Ons glo egter dat dit God was wat veroorsaak het dat die diere gebore is met strepe en stippels, en bont, sodat Jakob voorspoedig sou wees. Dit was nie towerkuns wat dit veroorsaak het nie. Aangesien meer gestippelde, gestreeptes en bont diere gebore is as enkelkleur diere, het Jakob se kuddes en troppe groter en groter geword. Na verskeie jare, het hy baie meer diere as Laban gehad.


graphic bar

           Laban se seuns het glad nie daarvan gehou, dat Jakob soveel sukses gehad het om die diere te teël en groot te maak nie. Hulle het kwaad geword vir Jakob en teenoor hulle pa gekla. “Hy vat al Pa se diere! Pa beter iets doen om hom te keer voordat hy alles wat ons het, steel!”

           Jakob het die klagtes en beskuldigings teen hom gehoor en klaarblyklik het hy oor die situasie gebid. Die Here het vir Jakob beveel om Laban te verlaat en sy familie na Kanaän te neem.

           Jakob het 'n gesprek met Lea en Ragel gehad. “Julle broers en julle vader is kwaad vir my. Julle weet ek het vir julle vader vir al hierdie jare lank gewerk en ek het niks verkeerds gedoen nie, selfs al het julle pa aangehou om sy transaksies te verander en bedrieglik teenoor my op te tree. God het my beveel om hierdie plek te verlaat en julle terug te neem Kanaän toe. Wat dink julle moet ons doen?”

           Ragel en Lea hoef nie baie hard te gedink het om vir Jakob 'n antwoord te gee nie. “Ons pa het ons ook sleg behandel. Selfs al is ons sy dogters, het hy ons soos slawe behandel deur ons aan jou te verkoop asof ons niks beter is as beeste nie. Hy gee nie vir ons om nie en omdat ons broers het, sal ons nie eers 'n erfdeel van hom ontvang nie. Hy sal alles vir sy seuns gee. As God jou beveel het om te gaan, dan is ons gewillig om saam met jou te gaan.”

While Laban was out in the field shearing sheep Jacob set his wives and children
on camels and they formed a large caravan heading toward Jacobs old home in Canaan            Terwyl Laban buite in die veld besig was om skape te skeer, het Jakob sy vrouens en kinders op kamele gelaai en nadat hy al sy kuddes en troppe bymekaar gemaak het, het hulle een groot karavaan gevorm en vertrek na Jakob se ou huis in Kanaän.

           Drie dae later, het Laban nog nie eers agtergekom dat Jakob en sy hele familie weg was nie. Iemand het vir Laban vertel dat Jakob vertrek het en sy familie en diere saamgeneem het. Laban was glad nie gelukkig om daardie nuus te hoor nie. Hy het 'n groep mans bymekaargemaak om hom te gaan help om Jakob te vind. Hulle het vir sewe dae gereis en uiteindelik binne sigafstand van Jakob se karavaan gekom.

           Omdat dit al begin donker word het, het hulle besluit om kamp op te slaan en die volgende oggend tot by Jakob te gaan, wetend dat hy ook sou moes stop en kamp opslaan. Gedurende die nag, in sy droom, het Laban die stem van God gehoor wat vir hom sê, “Laban, moenie eers goed en dan kwaad met Jakob praat nie. Moenie hom skade aandoen nie.”

Why did you leave without telling me            Laban was goed bekend daarvoor om mense te kul en allerhande transaksies wat homself bevoordeel te maak, maar hy het van beter geweet as om met God te probeer onderhandel. Toe hy uiteindelik vir Jakob ingehaal het, was hy so vriendelik as wat hy kon wees. “Waarom het jy vertrek sonder om vir my daarvan te sê?” het hy sagkens gevra. “Ek sou daarvan gehou het om ten minste totsiens te sê en vir die kinders drukkies te gee.” Toe het hy bygevoeg, “Ek kon jou ingehaal het en jou skade aangedoen het gedurende die nag, maar God het my beveel om jou nie skade aan te doen nie.”

           Laban het verder met Jakob gepraat: “Ek weet jy mis jou ou huis en wil daarheen teruggaan. Ek kan dit verstaan, maar waarom het jy my afgode gesteel?”

           Jakob het Laban geantwoord, “Ek het gou vertrek, omdat ek bang was jy sou my probeer keer deur jou dogters van my af weg te neem, maar ek weet niks van jou afgode af nie. Ek het geen nut vir hulle nie en ek het hulle nie gevat nie. As jy my nie glo nie, gaan voort en soek al ons goed deur. As jy jou afgode kry, dan kan jy die persoon by wie jy die afgode kry, swaar straf.”


graphic bar

Laban and his men searched through all of Jacobs sacks and packs            Laban en sy manne het deur al Jakob se sakke en pakke gesoek. Daarna het hulle alles wat aan al die ander in die familie behoort het, deurgesoek. Laban was seker die afgode was gesteel, maar Jakob, sonder om te weet dat Ragel hulle gevat het, het aangehou om dit te ontken.

           Ragel het geweet sy sou in groot moeilikheid wees as haar pa die afgode by haar sou kry. Terwyl die manne deur die sakke en pakke gesoek het, het sy in die geheim die afgode by haar besittings uitgehaal, dit op haar klein sitplek op die kameel neergesit en daarop gaan sit. Toe Laban deur haar goed gesoek het, het hy nie die afgode gekry nie.

Jacob was becoming more and more angry with Laban            Jakob het kwater en kwater vir Laban geword. “Wat het ek aan jou gedoen?” het hy gevra. “Waarom het jy hierheen gekom? Waarom deursoek jy al ons goed? Het jy enigiets gevind wat nie aan my behoort nie? Ek het vir twintig jaar lank vir jou gewerk en was altyd eerlik, al het jy heeltyd ons ooreenkomste verander.

           " Ek het net die lelike diere, wat gestippel en bont was, geneem. Ek het al die mooi enkelkleur diere vir jou gelos. As iets met een van jou diere gebeur het, het ek dit vir jou vervang. Dit is God wat my geseën het. As God my nie geseën het nie, sou jy niks gehad het nie en ek sou jou verlaat het met niks om my eie te noem nie.”

           Laban wou nie saamstem met wat Jakob gesê het nie, maar hy het geweet Jakob was reg. Nogtans het hy daarop aangedring dat Jakob van hom probeer steel het. “Alles wat jy het behoort aan my,” het Laban gestry. “Dit is my dogters en dit is my kleinkinders. Al die troppe en kuddes wat jy het, kom van my troppe en kuddes af. Maar omdat God met my gepraat het, sal ek 'n belofte aan jou maak, dat ek jou nie verder sal volg nie en ek sal jou ook nie skade aandoen nie.”

Jacob took a large stone and set it up as a pillar            Jakob het 'n groot klip geneem en dit opgerig as 'n gedenksteen. Jakob het vir Laban se manne gesê om nog klippe op te stapel by die klip, wat hy opgerig het. Elke man het 'n klip geneem.

           “Hierdie hoop klippe sal ons herinner aan ons ooreenkoms,” het Laban gesê. Jakob het die klippe Gal-ed genoem en Laban het dit Mispa genoem en dit beteken “Die Here hou wag tussen my en jou as ons mekaar nie weer sien nie.” Toe het hulle aan mekaar 'n belofte gemaak dat nie een van hulle verby die klippe na die ander een se gebied sou trek nie.

Laban got up and hugged and kissed his daughters and
his grandchildren            Nadat al die beloftes gemaak is, het Jakob 'n offer aan God gebring en al die mense van albei groepe het saam geëet en die nag saam deurgebring.

           Vroeg die volgende môre, het Laban opgestaan en sy dogters en sy kleinkinders omhels en gesoen. Toe het beide groepe in hulle eie rigting vertrek. Laban en sy manne het teruggegaan na hulle huis in Paddan-Aram en Jakob en sy familie het hulle reis na Kanaän voortgesit.



graphic bar


DINK!

1. Hoeveel jaar het Jakob vir Laban gewerk toe hy hom die eerste keer wou verlaat?
2. Hoeveel jaar het Jakob vir Laban gewerk toe hy hom die tweede keer wou verlaat?
3. Was Jakob eerlik met Laban?
4. Was Laban eerlik met Jakob?
5. Wie het die afgode gevat?
6. Waarom het Jakob en Laban klippe opmekaargestapel?



ONTHOU:

Harde werk en God se seën het Jakob voorspoedig gemaak;
nie bedrog, oneerlikheid of towerkuns nie.



'N VERS OM TE LEER

“Mag die HERE wag hou tussen my en jou
as ons mekaar nie meer sien nie” (Génesis 31:49).


'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER

“Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” (Miga 6:8).

“Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly — dit is genade by God”
(1 Petrus 2:20b).



PRAKTIESE TOEPASSING

Het jy al ooit gevoel dat jy verkeerd behandel
word as jy dit sekerlik nie verdien het nie? Hoe
het jy daarop gereageer? Het jy enigiets
daaromtrent gedoen? Het jy geskree: “Dis nie
regverdig nie”?

Wat die die beste manier om op te tree as jy
jouself in so 'n situasie bevind?

[Na bespreking:] Toe Jakob onregverdig en onbillik
behandel was, kon hy probeer het om Laban terug te
kry, maar in plaas daarvan het hy weggeloop toe hy
dit nie meer langer kon verdra nie. Het jy opgelet
wat God gedoen het toe Hy sien hoe Jakob gereageer
het? Hy het gesorg dat hulle wat Jakob nie reg
behandel het nie gekom het om hom te seën. Ons
kan ook weet dat God bly is oor ons as ons ons
beste doen om reg en regverdig op te tree, genade
betoon en in vrede met ander lewe.


LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Liewe God, dankie vir al die goeie dinge
wat U vir ons voorsien. Help ons om te onthou
dat U ons liefhet en dat U vir ons sal sorg
In Jesus Naam bid ek. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

           Génesis 30:25 - 31:55



graphic bar


crayons

Genesis 31:49 Coloring Page (online)
Jacob Separated The Goats (online)
Jacob separates the flocks - coloring page
Laban Confronts Jacob (online)
Shepherd and Sheep (online)
My Bible Stories Coloring Book 2

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


child reading a book

The Game of Solids and Stripes (read online)
Jacob Lives In Haran (online)
Growing with God Student Manual (3rd Grade)
Jacob Runs from Laban (read online)
Kingstone Bible Volume 1
Jacob's Dream : The Story of Jacob's Ladder Arch Book
The Birth of a Nation - Abraham to Joseph (online)

365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)


activities

Jigsaw Puzzle (online)
Sheep Maze (online)
Story Cards to Collect and Share (online)
Word Search (online)
Speckled Sheep Activity Sheet (online)
Standing Firm Self-Control Character Activity (online)

Discover 4 Yourself, Children's Bible Study Series:
Extreme Adventures with God (Isaac, Esau and Jacob)


Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles Sticker Books


birds singing

Donut Man: Little Lambs (online)
G-Double-O-D, Good! (online)
Hands Are Made For Working (online)

100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
Illustrated Songs
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
Sunday School Song Medley (online)
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music


CDs and Videos

Bible Comes Alive, Volume 1 Your Story Hour, CD

Bible on the Go Vol. 04: The Story of Isaac and Rebecca;
The Story of Jacob (Genesis 24-25, 27-29) - Unabridged Audiobook [Download]


Greatest Heroes of the Bible, Volume 3
Jacob and Esau: The Stolen Birthright (SuperBook DVD)
Jacob and His Family (online)
Jacob Escapes from Laban (online)
Jacob Leaves Haran (online)
Jacob Returns Home (online)
Laban Chases Jacob (online)
Rachel Steals from Her Father (online)
The Birth of a Nation - Abraham to Joseph (watch online)
The Story of Jacob and Joseph
Treaty with Laban (online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs



crafts

Make a Shepherd with a Crook

Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)

The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible



RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

Alleged Discrepancies
(read online about Jacob ‘hating’ Leah)

Did Jacob placing branches in front of his flock really
result in the offspring being speckled and spotted?
(online)

Discover 4 Yourself, Children's Bible Study Series:
Extreme Adventures with God (Isaac, Esau and Jacob)


Genesis 30 (online)
Genesis 31 (online)
Growing with God Teacher's Manual (3rd Grade)
Jacob (online)
Jacob and Esau by Charles Spurgeon (online)
Jacob and Esau Game Idea (online)
Jacob Flees from Laban Preschool Lesson (online)
Jacob Loves Rachel Ideas (online)

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)



graphic bar


The Childrens Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2024 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated January 29, 2024
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources