The children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids



Jakob Word Bedrieg
deur Linda Sue Pochodzay Edwards

Rachel took Jacob home to meet her father Laban

Text Version | English | Italian


           “Ha, ha! Ek het vir jou 'n poets gebak!” het Jake trots aan sy vriend, Michael, gesê toe Michael 'n slukkie van sy sap gevat en dit dadelik uitgespoeg het. Terwyl hy nie gekyk het nie, het Jake sout in sy glas gegooi.

           “JIG! Dit was SLEG!” het Michael hardop uitgeroep. “Ek gaan jou terugkry. Wag en sien!”

           Die twee seuns het altyd vir mekaar poetse gebak. Die meeste van die tyd, was die poetse net vir die pret en was dit skadeloos, maar soms het die seuns 'n bietjie te ver gegaan en vergeet om te dink aan die gevolge van die poetse wat gemeen geraak het.

           Jake se pa het eendag 'n geselsie met met hom gehad en hom 'n storie uit die Bybel vertel oor 'n man met die naam van Jakob, wat 'n slegte poets vir sy pa en broer gebak het, maar nie lank daarna nie, het die gety gedraai en hy was self die slagoffer van 'n gemene poets.

           Nadat hy hierdie storie gehoor het, het Jake altyd probeer om aan die gevolge te dink en nie poetse vir ander mense te bak wat hy nie wil hê hulle moes vir hom bak nie.



flower line


As Jacob entered the land, he noticed a well Jakob het 'n besige nag gehad waar hy op die grond geslaap het, 'n klip vir 'n kussing gebruik, van engele gedroom en die Here direk met hom gepraat het. Hy het baie gehad om aan te dink terwyl hy sy reis na Paddam-Aram voorgesit het om sy Oom Laban te gaan besoek.

Toe hy die land binnegegaan het, het hy 'n put gesien. Rondom die put was daar drie troppe skape en hulle herders. Daar was 'n baie groot klip wat die put bedek het om dit te keer dat daar goed in val.

Jakob het met die herders gaan praat. “Haai! Waar kom julle vandaan?” het hy gevra.

           Jacob went to speak to the shepherds “Ons is van Haran,” het hulle geantwoord.

           “Wel, wat 'n toeval!” het Jakob opgewonde gesê. “Ek is juis nou op pad Haran toe. Ken enige van julle 'n man met die naam van Laban, die seun van Nahor?”

           “Natuurlik ken ons hom,” het hulle geanwoord.

           “Gaan dit goed met hom?” het Jakob gevra.

           “Ja, dit gaan goed met hom en hier kom sy dogter Ragel met haar skape nou-net aan,” het hulle gesê terwyl hulle haar vir hom uitgewys het.

           “Waarom sit julle almal net hier?” het Jakob gevra.

           “Ons wag totdat al die skape en beeste hier is. Dan gee ons vir al die kuddes en troppe vee op dieselfde tyd water,” het hulle verduidelik. “Daardie klip wat die put toemaak is so groot dat dit 'n hele paar mans kos om dit te skuif. Ons moet wag totdat die ander mans kom help.”

With a sudden burst of energy Jacob walked
over to the well mustered up every bit of strength he had and moved the stone off the well
all by himself            Jakob het skaars na die mans geluister. Hy het sy oog gehad op die pragtigste vrou, wat na die put toe aangeloop gekom het met haar skape. Met 'n skielike ontploffing van energie, het hy na die put geloop, elke bietjie krag wat hy gehad het bymekaargeskraap en op sy eie die klip van die put afgeskuif.

           Die ander mans het verstom gestaan en kyk na Jakob se krag. Hulle het nog nooit enigeen gesien doen wat hy gedoen het nie.

           Ragel en haar skape het nader aan die put beweeg. Jakob het na haar gegaan, haar 'n groot drukkie gegee en haar gesoen.

           Ragel was nie heeltemal seker wat om daarvan te dink nie. “Wie is jy?” het sy kwaad gevra. “En wat laat jou dink jy kan sommer so na my toe kom en my soen? Die voorbarigheid!”

Tell me all about your family            Jakob het verduidelik hy was die seun van Isak, wat getrou het met Rebekka, haar vader Laban se suster. Hy het haar vertel dat hy op 'n ver reis gekom het om hulle te besoek. Na Jakob se opregte verduideliking, het Ragel se woede verdwyn en sy was verheug om hom te ontmoet. Sy het vinnig gehardloop om vir haar pa te gaan vertel, terwyl die skape hard probeer het om by te bly soos wat hulle haar gevolg het.

           “PA!” het Ragel opgewonde geskree. “Daar is 'n man hier wat die klip van die put op sy eie afgeskuif het! Hy sê sy naam is Jakob en hy is die seun van jou suster, Rebekka!”

           Sonder 'n oomblik se huiwering, het Laban uitgegaan om Jakob te gaan ontmoet. “Dit so goed om met jou kennis te maak, my seun!” het Oom Laban joviaal gesê. “Natuurlik moet jy by ons bly! Vertel my nou eers van jou familie.”


flower line

           Jakob het vir 'n hele maand lank by Laban gebly, maar hy het nie 'n ontspanne vakansie geneem nie. Jakob het hard gewerk terwyl hy by Laban gebly het en hy het gehelp in die lande en met die diere. Laban het gesien Jakob was 'n goeie werker en het sy hulp waardeer.

I will work seven years for you if you will let me marry Rachel            “Jy werk nou al vir 'n maand lank hard hier by ons,” het Laban eendag vir Jakob gesê. “Ek is dankbaar vir alles wat jy doen en as jy beplan om hier te bly, wil ek jou graag betaal vir jou werk. Laat ons praat oor jou loon.”

           Jakob het nie belangestel in geld of materiële dinge nie. Hy het geweet dat hy eendag sy vader se besittings gaan erf en dan sou hy baie ryk wees. Daar was egter een ding wat Jakob wou hê en dit was nie 'n ding nie—dit was 'n persoon.

           Jakob het verlief geraak op Ragel amper van die eerste dag af wat hy haar by die put gesien het. “Ek sal vir sewe jaar vir jou werk as jy my toelaat om met Ragel te trou,” was Jakob se antwoord.

           “Dan is dit ons ooreenkoms,” het Laban gereageer. “Trouens, dit is vir my beter dat sy met jou trou as met iemand anders.”

Jacob worked seven long, hard years for Laban, but it seemed like just a few
days because of his great love for Rachel            Jakob het vir sewe lang jare hard vir Laban gewerk, maar vir hom het dit gevoel soos net 'n paar dae weens sy groot liefde vir Ragel. Uiteindelik het die groot dag waarvoor hy gewag het aangebreek. Aan die einde van die sewe jaar, na sy laaste dag van harde werk, het Jakob homself gewas en skoon aangetrek en gegaan om met Laban te praat.

           “Ek het my kant van ons ooreenkoms nagekom. Ek het vir sewe volle jare vir jou gewerk. Nou is dit tyd om met Ragel te trou. Ek wil hê jy moet my vrou vir my gee,” het Jakob onomwonde gesê.

           “Oukei, Jakob. Bedaar nou. Jy sal jou vrou kry,” het Laban met 'n skelm glimlag gesê.

The servants prepared a huge feast and people from all around
came to celebrate the joyous occasion            Laban het uitnodigings gestuur na al sy vriende in die gebied. Almal in en om Laban se huis was opgewonde, terwyl hulle voorbereidings getref het vir die troue. Laban het geen moeite of koste ontsien nie. Die dienaars het 'n groot feesmaal voorberei en mense van oral oor het gekom om die heugelike geleentheid te kom vier.

           Jakob was so opgewonde dat hy skaars kon stilsit gedurende die feesmaal. Hy het baie, baie lank vir hierdie dag gewag.

           Uiteindelik was die partytjie verby en al die gaste het teruggegaan huistoe. Dit was baie laat en Jakob het sy bruid na die huis geneem wat hy vir hulle gereed gemaak het.


flower line

The next morning when it was daylight Jacob got the surprise of his life            Die volgende oggend toe dit daglig was, het Jakob die verrassing van sy lewe gekry, maar dit was nie 'n goeie soort verrassing nie. In daardie tyd, het 'n meisie wanneer sy getrou het, 'n sluier oor haar gesig gehad waardeur niemand kon sien nie. Jakob het nog nie die gesig van sy bruid gesien nie.

           Toe Jakob sy bruid vir die heel eerste keer daardie oggend gesien het, was hy geskok om te sien dat Laban hom bedrieg het. In plaas van Ragel wat saam met hom in die kamer gestaan het, was dit Ragel se suster Lea.

           Jakob was woedend het uit sy huis gestorm om Laban te gaan soek.

What have you done to me Laban            “LABAN, WAT HET JY AAN MY GEDOEN? JY HET MY BEDRIEG!” het Jakob geskree. “EK HET AL HIERDIE JARE VIR RAGEL GEWERK, MAAR TOE GEE JY VIR MY LEA! DIT WAS NIE ONS OOREENKOMS NIE!”

           Soos jy kan dink, het Laban hierdie soort reaksie verwag en hy was reg met 'n verduideliking, hoewel dit 'n swak verskoning was.

“In ons land, is dit die gewoonte dat die oudste dogter eerste trou. Lea is die oudste en sy moes getrou het voor Ragel kon trou. Lea het niemand wat met haar wil trou nie. Ek het geen keuse gehad nie.

“Ek moes vir jou Lea gee, maar. . .” het Laban voortgegaan, “Ek sal jou daarvoor vergoed. Dit sal alles op die ou einde reg uitwerk. Spandeer die eerste week met Lea en dan sal ek Ragel vir jou as vrou gee. Maar soos jy weet, ek is 'n goeie besigheidsman. Ek kan jou nie twee vir die prys van een gee nie, so jy sal nog sewe jaar lank vir my moet werk.”

           Sjoe! Wat 'n slegte transaksie het dit nie uitgedraai nie! Maar Jakob het Ragel so liefgehad dat hy gewillig was om te doen wat Laban ook al van hom vereis het, sodat hy met Ragel kon trou.


flower line

DINK!

1. Wat was so besonders aan Jakob dat hy die klip van die put af geskuif het?
2. Wat wou Jakob hê in ruil vir al sy harde werk?
3. Hoeveel jaar het Jakob vir Laban gewerk?
4. Hoe het Laban vir Jakob bedrieg?
5. Hoe het Jakob gevoel om bedrieg te word?
6. Dink jy Jakob het onthou van die kere wat hy sy broer bedrieg het?
7. Dink jy God keur bedrog goed?



ONTHOU:

As jy nie wil hê iemand moet iets aan jou doen nie,
moenie dit aan iemand anders doen nie.



'N VERS OM TE LEER

“...wat vra die HERE van jou anders as
om reg te doen en liefde te betrag
en ootmoedig te wandel met jou God?” (Miga 6:8)



'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER

“En soos julle wil hê die mense moet aan julle moet doen,
so moet julle ook aan hulle doen” (Lukas 6:31).

“Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar
oorwin die kwaad deur die goeie” (Romeine 12:21).



PRAKTIESE TOEPASSING

Was jy al ooit die slagoffer van 'n gemene poets?
Hoe het dit jou laat voel? Was dit moeilik om die
persoon wat dit aan jou gedoen het te vergewe? Wou
jy hulle terugkry?

[Na bespreking:] As jy ooit 'n gemene poets vir
iemand gebak het, probeer om daarvoor op te maak
deur hulle te verras deur iets goeds vir hulle te
doen.

Gaan selfs verder as iemand 'n gemene poets vir
jou gebak het. Vergewe hulle, bid vir hulle en
doen iets goeds vir hulle. Deur dit te doen, kan
God nie net in hulle harte werk nie, maar ook in
joune, om julle albei ten goede te verander.


LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Liewe God,
dankie vir die lesse wat ons leer van
die mense in die Bybel. Help ons om goed te doen
aan ander en eerlik te wees in alles
wat ons doen.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

           Génesis 29:1-30



flower line


crayons

Jacob arguing with Laban - coloring page (online)
Jacob, Rachel, Leah, and Laban (online)
Jacob Worked for Laban (online)
The Golden Rule (online)
Jacob and Esau (online)
My Bible Stories Coloring Book 2

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


child reading a book

Growing with God Student Manual (3rd Grade)
Jacob and Esau Bible story for children (read online)
Jacob and Rachel (online)
Jacob Finds a Wife (read online)
Jacob Lives in Haran (online)
Jacob's Dream : The Story of Jacob's Ladder Arch Book
Kingstone Bible Volume 1
Let's Talk About Cheating (online)
The Birth of a Nation - Abraham to Joseph (online)
The Story of Jacob (online)

365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)


activities

Jigsaw Puzzle (online)
Word Search (online)
Sheep Maze (online)
Story Cards to Keep and Share (online)
Micah 6:8 Cut and Scramble (online)

Fill in the Blanks (online)
Word Search (online)
Crossword Puzzle (online)
Online Jigsaw Puzzle (online)


Discover 4 Yourself, Children's Bible Study Series:
Extreme Adventures with God (Isaac, Esau and Jacob)


Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles Sticker Books


birds singing

G-Double-O-D, Good! (online)
The Golden Rule (online)
Hands Are Made For Working (online)
Treat Others The Way You Want To Treated (online)

100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
Illustrated Songs
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
Sunday School Song Medley (online)
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music


CDs and Videos

Adventures in Odyssey® 272:
Two Brothers and Bernard, Part 2 of 2


Bible Comes Alive, Volume 1 Your Story Hour, CD

Bible on the Go Vol. 04: The Story of Isaac and Rebecca;
The Story of Jacob (Genesis 24-25, 27-29) - Unabridged Audiobook


Greatest Heroes of the Bible, Volume 3
Jacob and Esau: The Stolen Birthright (SuperBook DVD)
Jacob, Leah and Rachel (watch online)
Laban Tricks Jacob (watch online)
Rachel and Leah (online)
The Birth of a Nation - Abraham to Joseph (watch online)
The Story of Jacob and Joseph
VeggieTales: Sheerluck Holmes and The Golden Ruler (online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs


crafts

Easy Flower Ring (online)
Leah and Rachel craft (online)

Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)

The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible


Flower readers

RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

Alleged Discrepancies
(Has an interesting paragraph about Jacob ‘hating’ Leah) (online)

Discover 4 Yourself, Children's Bible Study Series:
Extreme Adventures with God (Isaac, Esau and Jacob)


Genesis 29 (online)
Growing with God Teacher's Manual (3rd Grade)
Israel: A Prince of God-The Story of Jacob Retold - eBook
Jacob and Esau by Charles Spurgeon (online)
Jacob and Esau Game Idea (online free registration)
Jacob Loves Rachel Ideas (online free registration)
Leah and Rachel Activities (online)
Lesson Ideas For Jacob and Esau (online)

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)



flower line


The Childrens Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2024 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated January 15, 2024
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources