The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Leuens, Bedrog, en Kullery
deur Linda Sue Pochodzay Edwards

Jacob deceitfully came near for his father to bless him

Text Version | English | Italian


(Vervolg van Deel 2)

           Terwyl Will ná skool gewag het vir die bus, het hy 'n sak uit sy rugsak gehaal. Hy het 'n paar CDs en 'n klein afstandbeheerkarretjie uitgehaal om dit vir sy vriende te wys. Die seuns was altyd beïndruk met die goeters wat Will skooltoe gebring het en sommige van hulle was selfs jaloers.

boy with backpack

           Trevor het nadergekom net toe Will die goed teruggesit het in sy rugsak. “Dit is sekerlik 'n paar oulike goed wat jy daar het!” het Trevor uitgeroep. “Ek wens ek het die goed gehad wat jy het.”

           “So jy hou van my goed, nê?” het Will met 'n slinkse grynslag gevra. “Ek sê jou wat. Ek is in 'n goeie bui vandag. Ek sal alles in daardie sak vir jou gee vir tien rand.”

           “SJOE!” het al die seuns uitgeroep. Hulle het almal geweet dit was 'n winskopie en nie een van hulle sou dit weggewys het nie.

           Trevor het sy hand in sy sak gesteek en 'n nuwe tien rand noot uitgehaal en dit vir Will gegee. Will het op sy beurt sy hand in sy rugsak gesteek, die sak uitgehaal en dit vir Trevor gegee.

           Met groot opwinding het Trevor die sak oopgemaak. Sy opwinding het dadelik in woede verander. “JY HET MY BEDRIEG!” het hy geskree. “DAAR IS NIKS IN HIERDIE SAK NIE! EK WIL MY TIEN RAND TERUGHÊ!”

           Nie een van die seuns het gesien dat Will doodeenvoudig die goed in sy rugsak laat val het, in plaas daarvan om dit in die sak te sit. Enigeen van hulle kon die slagoffer van sy gemene plan gewees het.

           “Nee! Ek sal nie jou tien rand teruggee nie!” het Will snedig gesê. “Jy het 'n ooreenkoms gemaak om alles in die sak vir tien rand te koop. Jy hou die sak; ek hou die tien rand.”

boy getting on a bus

           Will en sommige van die ander seuns het hardop begin lag. Hulle het gedink dit was 'n uitstekende truuk, maar dit was nie vir Trevor snaaks nie. Nie net is hy gekul en het hy sy tien rand verloor nie, maar hy was ook verneder voor al sy vriende. Dit was vir hom moeilik om die trane te keer terwyl hy op die bus geklim het, maar hy wou sekerlik nie hê hulle moet sien dat hy huil nie.



flower line


Isaac called his
oldest son Esau to his side            Isak was oud en amper blind en hy het geweet dat hy binnekort sou sterf. Hy het sy oudste seun Esau nader geroep. “Gaan kry jou jaggereedskap en gaan kry vir my 'n bietjie wildsvleis, asseblief. Kook dan vir my van daardie heerlike wildsvleis wat ek so geniet. Nadat ek geëet het, sal ek vir jou my laaste seën gee. Dan kan ek in vrede sterf.”

           Esau het sy vader baie liefgehad en wou hom graag behaag. Jag was waarvan Esau die meeste gehou het en daarom het hy geen tyd verspil om sy boog en pyle bymekaar te kry en gou was hy buite in die veld.

Rebekah just happened to be standing nearby and heard
Isaacs request            Jakob en Esau se moeder, Rebekka, het toevallig daar naby gestaan en Isak se versoek gehoor. Jakob was haar gunsteling seun en sy wou hê hy moes die laaste seën ontvang, hoewel dit wettiglik Esau s'n was omdat hy die oudste seun was.

           Gou het sy vir Jakob gaan haal. “Jou pa het pas vir Esau gevra om wildsvleis huistoe te bring en sy spesiale maaltyd te kook. Dan gaan hy die laaste seën oor hom uitspreek,” het sy verduidelik. “Doen soos ek sê en doen dit góú voor Esau terugkom.”

           Sy het Jakob beveel om na die kudde te gaan en twee jong bokke te gaan haal. Sy het toe voortgegaan om die vleis te kook en dit op die spesiale manier te geur, soos sy geweet het Isak daarvan sou hou. Sy het vir Jakob gesê, dat wanneer die vleis en brood klaar gekook was, moes hy dit na sy vader neem en maak of hy Esau is. “Hy is amper blind en dit is donker in daardie tent. Hy sal nooit weet nie,” het sy gesê.

Put on these clothes and then put the animal fur around your neck and
on your arms and hands            Jakob het beswaar gemaak, “Maar Ma, Esau is rof en harig en nadat hy teruggekeer het van 'n dag van jag in die veld, gaan hy sleg ruik. Ons vader sal sekerlik weet dat ek nie Esau is nie en in plaas van 'n seën, sal hy 'n vloek oor my uitspreek!”

           “Moet jy oor niks bekommerd wees nie,” het Rebekka geantwoord. “Ek het reeds daaraan gedink.” Sy het haar hand agter haar uitgesteek en van Esau se klere opgetel. Sy het ook diervelle daar naby gehad. “Trek hierdie klere aan en sit dan daardie pelse om jou nek en op jou arms en hande. Die klere is nog nie gewas nie en ruik soos Esau en as jou pa uitreik om jou aan te raak, sal die pels jou soos Esau laat voel.”

           Jakob het gedoen soos sy moeder gesê het. “JIG! Hierdie klere stink regtig erg!” het jy uitgeroep toe hy dit aantrek. “En hierdie pels krap my! Ek is baie bly ek hoef dit nie die hele tyd te dra nie!”

           Toe die vleis lekker sag en net reg gekook en die brood klaar gebak was, het Rebekka die maaltyd aan Jakob oorhandig. “Hier, neem dit vir jou pa,” het sy gesê.


flower line

Jacob took the meal and went to the tent where his father was resting            Jakob het die maaltyd geneem en na die tent gegaan waar sy vader gerus het. “Pa,” het Jakob gesê en gemaak of hy Esau is.

           “Hier is ek,” het Isak gesê, “maar wie is jy? Is jy my seun Esau?”

           “Ja, Pa. Ek is Pa se eersgebore seun. Ek is Esau. Ek het alles gedoen wat Pa vir my gevra het om te doen,” het Jakob gejok en die bord kos aan Isak oorhandig. “Hier, sit regop en eet die wildsvleis wat ek vir Pa gemaak het. Seën my dan.”

           Isak was egter nie iemand wat so maklik gebluf kon word nie. “Hoe het jy dan so gou gaan jag, die vleis gekook en so gou teruggekeer?” het hy gevra.

Come closer to me I want to feel
you to make sure you are my son Esau            “Omdat die Here die dier na my toe gebring het,” het Jakob geantwoord.

           Isak was steeds nie oortuig nie. “Kom nader na my toe,” het hy gevra. “Ek wil jou voel om seker te maak jy is my seun Esau.”

           Jakob het nader na Isak gegaan en aan hom gevoel. Hy het die klere geruik. Hy het sy hande en sy nek gevoel. “Is jy regtig Esau?” het hy gevra. “Jy voel soos Esau en jy ruik soos Esau, maar jou stem klink soos Jakob s'n”

           “Ja, ek is hy,” het Jakob gelieg.

Then Isaac pulled Jacob closer and pronounced the blessing            Isak het toe die maaltyd, wat Jakob vir hom gebring het, geëet. Toe hy klaar geëet het, het hy Jakob nader getrek en hom gesoen. Hy het toe die seën oor hom uitgespreek:

           “Mag God jou gee van die dou van die hemel en van die vet grond van die aarde en oorvloed van koring en mos. Volke sal jou dien en nasies voor jou neerbuig. Wees 'n heerser oor jou broers; en die seuns van moeder moet hulle voor jou neerbuig. Vervloek is hulle wat jou vloek en geseënd is hulle wat jou seën.”

           Dit was 'n baie belangrike seën, omdat dit beteken het dat Isak pas vir Jakob heerser oor die hele huishouding gemaak het. Saam met die seën het die erfdeel ook gekom. Dit het beteken dat Esau en enige ander kinders net 'n klein deel sou ontvang, maar dat Jakob 'n groot deel van sy vader se eiendom en besittings sou kry.

           Net toe die seën klaar was en Jakob Isak se tent verlaat het, het Esau teruggekom van sy jagtog af. Hy het 'n heerlike maaltyd gemaak van die wildsvleis wat hy gevang het, gereed vir sy vader om te eet.


flower line

Father I am back Esau called out            “Pa, ek is terug,” het Esau uitgeroep. “Ek het die maaltyd, wat Pa my gevra het om voor te berei, gebring.”

           Isak was verward. Hy het gedink hy het pas klaar vir Esau geseën. “Wie is jy?” het hy gevra.

          " Ek is Pa se oudste seun Esau. Ek het pas teruggekeer van my jagtog af. Ek het Pa se maaltyd gereed vir Pa,” het Esau geantwoord terwyl hy nie verstaan het waarom sy vader verward was nie.

           “Maar ek het pas vir Esau geseën,” het Isak bewend gesê. “As jy regtig Esau is, wie was dan nou net hier? Ek het pas my maaltyd geëet en my laaste seën uitgespreek oor die persoon wat pas my tent verlaat het. Ek kan nie daardie seën terugtrek nie. Ek het hom geseën en hy sal geseën bly.”

Esau was deeply distraught            Esau was baie afgehaal. Hy het presies geweet wat gebeur het. Sy broer Jakob, aan wie hy jare gelede sy eersgeboortereg verkoop het vir 'n pot sop, het 'n manier gekry om die laaste seën ook te kry. Hy was ontsteld en kwaad vir Jakob, maar dit moes wag. Hy het gehuil en sy vader gesmeek, “Seën my asseblief ook! Ek is die oudste. Jakob het my seën gesteel. Het Pa nie eers een klein seën vir my oor nie?”

           Isak het nadenkend geantwoord, “Ek het hom pas heerser gemaak oor alles wat ek het en ek het hom heerser gemaak oor al sy broers, wat jou insluit.” Esau het onbedaarlik gehuil, omdat om die vader se seën te ontvang, die belangrikste ding in die wêreld was vir die oudste seun.

Esau left his father very sorrowful that he had missed the blessing and carried
with hima deep hatred for his brother Jacob            Isak het uiteindelik sy hande uitgesteek en oor hom gebid. Dit was 'n baie klein seën, maar hy moes maar daarmee tevrede wees:

           “Jou woning sal die vettigheid van die aarde wees en die dou van die hemel daarbo; en deur jou swaard sal jy lewe en jou broer sal jy dien; Maar as jy jou kragte inspan, sal jy sy juk van jou nek afruk.”

           Dit het beteken dat hoewel Jakob oor hom sou heers, hy uiteindelik sterker sou word.

           Esau het sy vader verlaat, baie hartseer dat hy uitgemis het op die seën en hy het in homself 'n diep haat vir sy broer Jakob gehad. Hy was vasbeslote dat hy ná sy vader se dood vir Jakob sou doodmaak.


flower line

           Rebekka het gehoor van die dreigemente wat Esau teenoor Jakob gemaak het en sy haat was so groot, dat sy geen twyfel gehad het, dat hy dit sou probeer uitvoer nie. Sy het met Jakob gepraat. “Jou broer is smoorkwaad dat hy nie die belangrike seën gekry het nie. Hy het gedreig om jou dood te maak. Jy moet weggaan totdat jou broer bedaar het.”

           Rebekka het toe met Isak gepraat. “Stuur asseblief vir Jakob om my broer Laban te besoek. Esau het vrouens van hierdie land getrou en ek hou nie van hulle nie. Ek wil nie hê Jakob moet 'n vrou van hier rond trou nie. Stuur hom asseblief na Laban toe om 'n vrou te gaan haal.”

           Dit het vir Isak na 'n goeie plan geklink. Buitendien, dit is waar Eliëser sy geliefde vrou, Rebekka gekry het. Isak het Jakob na sy bed geroep en vir hom instruksies gegee hoe om by die land Paddan-Aram uit te kom waar sy Oom Laban gewoon het. Hy het nog 'n keer oor Jakob gebid:

           “Mag God, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy 'n menigte van volke word. En mag Hy jou gee die seën van Abraham, aan jou en aan jou nageslag saam met jou, dat jy die land van jou vreemdelingskap in besit kan neem wat God aan Abraham gegee het.”

Jacob was not happy about leaving his home and his family but he knew that his life
was in danger if he stayed            In daardie gebed, het Isak vir God gevra om Jakob te seën en vir hom 'n groot nageslag te gee, net soos God vir Jakob se oupa, Abraham, belowe het. Hy het ook gebid dat die land van sy Oom syne sou word.

           Jakob was nie gelukkig om sy huis en familie te verlaat nie, maar hy het geweet sy lewe was in gevaar indien hy gebly het. Hy het die goed wat hy gedink het hy gaan nodig kry geneem, 'n paar kamele opgesaal en het sy reis na Paddan-Aram begin om sy Oom Laban te besoek.

           Ongelukkig het hierdie deel van Jakob se storie nie 'n gelukkige einde nie. Hy het 'n hoë prys betaal vir sy bedrog. Die dag waarop Jakob sy huis verlaat het, was die laaste dag wat hy sy moeder, wat hy so liefgehad het, gesien het.

Word verlog in Deel 4


flower line

DINK!

1. Waarom het Isak vir Esau gestuur om te gaan jag?
2. Hoe het Jakob homself vermom?
3. Het die truuk gewerk?
4. Watter broer het die belangrikste seën gekry?
5. Wat het Esau gedreig om te doen?
6. Waarom moes Jakob die huis verlaat?



ONTHOU:

Leuens, bedrog en kullery is skadelik en bring op die ou end net moeilikheid.



'N VERS OM TE LEER

“Lieg nie vir mekaar nie” (Kolossense 3:9a).



ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER:

“Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg
nie, en julle mag die een die ander nie bedrieg
nie” (Levitikus 18:11).

“Ek was baie bly toe ek van u kinders gevind het
wat in die waarheid wandel, soos ons 'n gebod
van die Vader ontvang het” (2 Johannes 4).

“Daarom, lê die leuen af en spreek die
waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar
se lede” (Efésiërs 4:25).



PRAKTIESE TOEPASSING

Het jy al ooit iemand uitgevang dat hulle vir jou
jok? Hoe het dit jou laat voel?

Was jy al ooit in die versoeking om te jok? Was jy
bang jy word uitgevang?

Hoe kan jy leer om die versoeking om te jok te
weerstaan?

[Na bespreking:] Jok maak hulle vir wie gelieg
word, sowel as die een wat jok seer. Jou vrees om
uitgevang te word, is jou gewete wat vir jou sê
om dit nie te doen nie.

Volgende keer wat jy voel jy wil jok, onthou wat
met Jakob gebeur het en doen die regte ding, praat
die waarheid.


LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Liewe God, dankie dat U altyd daar is
wanneer ons U nodig het. Help ons om die versoeking te
weerstaan om te lieg en oneerlik te wees. Maar wanneer ons
sondig en hierdie dinge doen, help ons om te onthou
om U en ander te vra om ons te vergewe.
Ek bid dit in Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

           Génesis 27:1 - 28:5



flower line


crayons

Isaac tells Jacob to come near - coloring page (online)
Coloring Page with Bible Verse (online)
Jacob (online)
Jacob and Esau (online)
Pottage (online)
Esau Trades His Birthright (online)
My Bible Stories Coloring Book 2

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


child reading a book

God, I Need to Talk to You about Lying
Growing with God Student Manual (3rd Grade)
Isaac Blesses Jacob (online)
Jacob (read online)
Jacob and Esau Bible story for children (read online)
Jacob and Esau Booklet (printable)
Jacob Steals the Blessing (read online)
Kingstone Bible Volume 1
Let's Talk About Lying (online)
Telling the Truth: A Book about Lying
The Birth of a Nation - Abraham to Joseph (online)
Two Brothers, Jacob and Esau (online)

365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)


activities

Jigsaw Puzzle (online)
Word Search (online)
Help Esau Maze and Cryptogram (online)
Story Cards To Keep And Share (online)
Jacob and Esau Word Search (online)
Jacob and Esau Matching Activity (online)
Hidden Picture Activity (online)
Esau and Jacob Worksheet (online)
Jacob & Esau Activities (online)
Fill in the Blanks (online)
Skit (online)
Spot the Differences (online)
Word Search (online)
Crossword Puzzle (online)
Jacob and Esau: Put the events in correct order (online)

Discover 4 Yourself, Children's Bible Study Series:
Extreme Adventures with God (Isaac, Esau and Jacob)


Word Tiles (online)
Worksheets (online)

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles Sticker Books



singing birds

Be Careful Little Eyes What You See [Music Download]
Be Careful Little Eyes What You See (watch online)
Change My Heart, Oh God (watch online)
Jesus, Look Inside My Heart (watch online)
Shake the Devil Off (watch online)

100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
Sunday School Song Medley (online)
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



CDs DVDs and Videos

Adventures in Odyssey ® Life Lessons Series #7: Honesty

Adventures in Odyssey® 272:
Two Brothers and Bernard, Part 1 of 2 [Download]


Bible Comes Alive, Volume 1 Your Story Hour, CD

Bible on the Go Vol. 04: The Story of Isaac and Rebecca;
The Story of Jacob (Genesis 24-25, 27-29) - Unabridged Audiobook [Download]


Don't Tell Lies (watch online)
Funny Skit: Big Hairy Arms (watch online)
Greatest Heroes of the Bible, Volume 3
How Jacob Stole a Blessing (watch online)
Jacob and Esau (watch online)
Jacob and Esau: The Stolen Birthright (SuperBook DVD)
Jacob Steals the Blessing (watch online)
The Story of Jacob and Joseph
VeggieTales: Consequences of Lying! (watch online)
VeggieTales: Don't Get Stuck in a Lie! A Lesson in Honesty (watch online)
VeggieTales: Junior Tells A Lie and Fib Gets Bigger (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs


crafts

Mask Disguise

Jacob's Hairy Arms Craft (online)
Jacob's Bowl Clay Craft (online)
Jacob and Esau crafts (online)
Jacob and Esau painting craft (online)
Soup Pot Name Tags (online)

Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)

The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible


Flower readers

RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

Games Big Kids Can Play with Younger Siblings (online)
Growing with God Teacher's Manual (3rd Grade)
Isaac Blesses Jacob (online)
Jacob and Esau (online)
Jacob and Esau Game Idea (online)
Lesson Ideas For Jacob and Esau (online)
Genesis 27 (online)
Jacob and Esau by Charles Spurgeon (online)
Israel: A Prince of God-The Story of Jacob Retold - eBook

Different Children, Different Needs:
Understanding the Unique Personality of Your Child ebook


Five Love Languages Of Children

Discover 4 Yourself, Children's Bible Study Series:
Extreme Adventures with God (Isaac, Esau and Jacob)


Bringing Up Boys DVD (James Dobson)

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)



flower line


The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2024 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated January 1, 2024
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources