DIE EERSTE MENS Text Version | English | Italian
deur Barbara Wilmerton Haas
![]()
Weet jy hoe die eerste mens gemaak is? Luister en jy sal leer.
In vier dae, het God so baie dinge geskep. Daar was dag en daar was nag, en daar was 'n pragtige blou lug, en daar was oseane en riviere en mere, en daar was gras en plante en bome, en daar was die son, maan en sterre. God het gesien dat alles wat Hy gemaak het goed was.
Op die vyfde dag, het God weer gespreek. Hierdie keer het Hy gesê, “Laat voëls van alle soorte uit die waters kom om bokant die aarde te vlieg.”
***En daar WAS!***
Die lug was GEVUL met janfrederikke en mossies en arende en sangvoëls en eende en elke soort voël wat kan vlieg.
En God het groot walvisse gemaak en die waters met alle soorte visse en lewende wesens gevul. En God het hulle geseën en hulle beveel om kleintjies te hê sodat meer voëls en meer visse die lug en die see kon VOL maak.
Dit het alles op die VYFDE dag van die skepping gebeur.
Op die SESDE dag, het God die aarde beveel om alle denkbare soorte beeste en diere voort te bring.
***En die aarde het GEHOORSAAM!***
Daar was tiere en kameelperde en sebra's en perde en ape en koeie en bere en honde en katte en eekhorings. Daar was diere van allerhande soorte!
***En God het gesien dat dit alles GOED was!***
Toe het God weer gespreek. Hierdie keer het Hy gesê, “Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat oor die aarde kruip.” En dit het GEBEUR — net soos Hy gesê het. Hy het die heel eerste MENS gemaak.
En God het die mens geseën en vir hom gesê dat hy van die kruie in die veld en die vrugte in die bome kon eet. Hy het gras vir die diere en voëls gegee om te eet.
God het alles wat Hy gemaak het, gesien en
***dit was BAIE GOED!***
Dit was die einde van die SESDE dag van die skepping. Toe was God klaar met die lug en die aarde en elke lewende wese om die lug en die see en die land te vul. En God het die mens gemaak en hom beveel om te heers oor al die voëls en die visse en die diere.
HOE het God die mens gemaak? O, dit is 'n WONDERLIKE storie! Die Bybel sê dat God baie uit die stof van die aarde geformeer het. Toe het God sy eie asem in daardie eerste mens se neus GEBLAAS en weet jy wat? Net toe, het daardie eerste mens lewendig geword. En God het hierdie eerste man, ADAM genoem.
Daarna op die SEWENDE dag, het God sy werk voltooi en 'n heerlik GERUS. En God het daardie sewende dag geseën en dit HEILIG gemaak.
Die Bybel sê vir ons dat God 'n pragtige tuin geplant het en dat Hy die mens, wat Hy gemaak het, in daardie lieflike tuin geplaas en vir hom gesê het om dit te versorg sodat dit mooi kan bly lyk.
En God het pragtige bome gemaak, wat regop uit die grond groei, bome wat vol goeie vrugte is om te eet.
In die middel van hierdie pratige tuin, het God twee baie spesiale bome geplant. Een het Hy die boom van die lewe genoem en die ander een het Hy die boom van die kennis van goed en kwaad genoem.
God het vir Adam gesê Hy kon eet van die vrugte van al die bome in sy tuin, BEHALWE van die vrugte aan die boom van kennis van goed en kwaad. “As jy van hierdie boom eet,” het God gesê, “sal jy sekerlik STERF!”
DIT het geklink na 'n baie belangrike gebod om te gehoorsaam, het dit nie? Dink jy hierdie Adam het mooi geluister? Wel, kom ons vind uit.
Die Bybel sê vir ons dat God elke dier en elke voël na Adam gebring het om te sien wat hy hulle sou noem, en Adam het elke voël en elke dier 'n naam gegee.
God het gesien dat die mens heeltemal alleen was en dat hy iemand nodig gehad het om hom te help. Daarom het God Adam in 'n diepe slaap laat val en terwyl hy geslaap het, het God een van sy ribbes uit sy sy gehaal, dit weer toegemaak en Adam se rib gebruik om die heel eerste VROU te maak.
Adam het hierdie heel eerste vrou EVA genoem en sy het die moeder van alle lewende dinge geword.
Eendag, tewyl Eva in die tuin gaan stap het, het 'n slang met die vrou gepraat en vir haar gesê, “Het God nie gesê julle kan nie van die vrugte van al die bome in die tuin eet nie?”
Eva het die slang geantwoord en gesê, “Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin, maar God het gesê ons mag nie eet van die boom in die middel van die tuin nie. Ons word nie eers toegelaat om daaraan te RAAK nie, anders sal ons STERF.”
“Julle sal nie sterf nie!” het die slang gesê. “God weet dat die dag wanneer julle van die vrugte van die boom in die middel van die tuin eet, sal julle so slim word soos gode en goed en kwaad ken.”
Eva het na die boom gekyk en gesien dat die vrugte aan die boom mooi en goed was om te eet. Sy het geweet dat as sy van hierdie vrugte eet, sou dit haar WYS maak.
Sy het toe die vrugte van die boom afgepluk en geproe en vir haar man gegee om te eet. Toe Adam ook van die vrugte geëet het, het hulle vir die eerste keer gesien dat hulle kaal was. Hulle het gehardloop en vyeblare van 'n boom afgepluk en het die blare gebruik om iets te maak om hulle te toe te maak en hulle naaktheid te bedek.
Skielik het hulle die stem van God gehoor waar Hy in die tuin gewandel het en Adam en Eva was bang. Toe het hulle hul weggesteek van die Teenwoordigheid van God deur te hurk tussen die bome in die tuin.
En God het Adam geroep en gesê, “Adam, waar is jy?”
Adam het GEWEET hy was uitgevang en daarom het hy geantwoord, “Ek het U stem in die tuin gehoor en ek was bang, omdat ek kaal was. Daarom het ek weggekruip.”
God het GEWEET wat hy gedoen het, maar Hy het steeds gevra, “Wie het vir jou VERTEL dat jy kaal was? Het jy van die boom geëet wat Ek jou beveel het om nie aan te raak nie?”
En Adam het geantwoord, “Die vrou wat U vir my gegee het om saam met my te wees, het vir my die vrugte gegee om te proe en ek het die geëet.”
En God het vir die vrou gevra, “Wat het jy gedoen?”
Eva het geantwoord, “Die slang het my gekul en ek het die vrugte geëet.”
God het na die slang gedraai en gesê, “Omdat jy dit gedoen het, sal jy op jou maag seil en die stof van die grond eet al die dae van jou lewe.”
Hy het na die vrou gedraai en gesê, “Jy sal baie benoudheid en pyn hê wanneer jy kinders kry en jou man sal oor jou heers.”
En aan Adam het God gesê, “Omdat jy na die stem van jou vrou geluister het en geëet het van die boom, wat ek jou verbied het om te eet, sal daar dorings en distels in die grond groei en jou steek en jy sal daarvan eet al die dae van jou lewe. Jy is uit die stof van die grond geneem en jy sal terugkeer na die stof van die grond.”
Toe het God diervelle geneem en spesiale jasse gemaak om die naaktheid van Adam en Eva te bedek. En Hy het hulle uit die tuin gejaag, sodat hulle nie van die boom van die lewe ook eet nie.
En God het engele met vlammende swaarde by die boom van die lewe geplaas om te keer dat Adam en Eva terugkom.
DINK!
1. Wat het God gemaak op die VYFDE dag van die skepping?
2. Op watter dag het God die MENS gemaak?
3. Hoe het God die heel eerste mens gemaak?
4. Wie het al die diere name gegee?
5. Hoe was die eerste vrou gemaak?
ONTHOU
God het jou spesiaal gemaak, net soos jy is, en Hy het 'n baie spesiale plan vir jou lewe.
'N VERS OM TE LEER
“En die HERE God het die mens geformeer uit die stof
van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas.
So het dan die mens 'n lewende siel geword” (Génesis 2:7).
ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER
“Ek loof U omdat ek so vreeslik wonderbaar is…”
(Psalm 139:14).
“…Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor
die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder
gebrek voor Hom in liefde te wees” (Efésiërs 1:4).
PRAKTIESE TOEPASSING
God het jou spesiaal gemaak, net soos jy is, en Hy het 'n baie spesiale plan vir jou lewe.
Gee nou jouself 'n GROOT drukkie en sê: “God het my lief en wil hê ek moet Hom terug liefhê.”
Gaan dan na 'n vriend of vriendin en sê vir hulle: “God het jou lief en wil hê jy moet Hom terug liefhê.”
Sê dan vir God dat jy Hom liefhet en Hom nog meer wil liefhê en gehoorsaam.
LAAT ONS BID
![]()
****************************************************
Liewe God, as ek te trots word, help my om te
onthou dat ek net van stof gemaak is. Leer my om u stem
te GEHOORSAAM en help my om te doen wat reg is.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************
KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
(Génesis 1:20-31; 2-3)
BIBLE STORY ARCHIVE
http://childrenschapel.org/bibstory2.html
![]()
Copyright © 2022 by Barbara Wilmerton Haas
You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.
More Resources To Go Along with the Story
JUST FOR FUN
110 Fun Facts about God's Creation: Is It Animal, Vegetable, or Mineral?
![]()
COLORING PAGES
God Created Man Coloring Page (online)
Memory Verse Coloring Page (online)
Genesis 1:1 (online)
Eve Tempted (online)
Adam and Eve Sent from the Garden (online)
A Is For Adam (online)
Day One (online)
Day Two (online)
Day Three (online)
Day Four (online)
Day Five (online)
Day Six (online)
Day Seven (online)
God Has Power, Color and Learn Coloring Book
Rainbow Colouring Book: Creation
The Garden of Eden (online)
Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books
![]()
Adam and Eve Puzzle (online)
In the Beginning Puzzle (online)
The First Man Word Search Puzzle (online)
Garden of Eden Jigsaw Puzzle (online)
Word Search Puzzle (online)
Days of Creation Bible Bingo Game (online)
God Made Everything Crossword Puzzles [Download]
God Made Everything Mazes [Download]
God's Amazing Creation:
Genesis, Chapters 1 and 2 - eBook
Stickers: God Made Everything
The Beginner's Bible Wild About Creation Sticker and Activity Book
Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles
![]()
Adam and Eve Crafts (online)
Do a Craft (online)
Snake Craft (online)
Tree Craft (online)
Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]
Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes
(Reproducible: Ages 5-10)
Puppet Crafts For Kids (online)
![]()
Barnyard Fun DVD: Learn the Value of God's Creation
Bible Singalong Collection, 3 Cedarmont CDs [Compact Disc]
Creation Song (online)
He Owns the Cattle on a Thousand Hills (online)
He's Still Working on Me (online)
I'm So Wonderfully Made (online)
In the Beginning (online)
In The Beginning Miss PattyCake [Music Download]
In The Beginning Wonder Kids [Music Download]
My God Is So Big100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids
Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (online)
25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music
![]()
A Is For Adam: The Gospel from Genesis
God Created the Animals
God Made Animals
God Made You Nose to Toes Boardbook
God's Creation (read, listen or watch online)
In the Beginning Hardcover
My Creation Bible
The Answers Book for Kids, Volume 1:
25 Questions from Kids on Creation and the Fall of Man
The Battle Begins: The Story of Creation - eBook
The Creation Story for Children
You Are Special
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books
365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year
365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
![]()
The Creation—Beginners Bible (Watch online)
God Made You Special (VeggieTales)
God's Story: Creation (Watch online)
God's Story: The Fall (Watch online)
In the Beginning: The Story of Creation by Superbook
The Story of Adam and Eve (Watch online)
The World's Greatest Stories KJV V3:
Beginnings with George Sarris - Audiobook [Download]
All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs
Teacher Resource
A Is For Adam (Discovery page, teaching notes, coloring page)
Creation Bulletin Board Charts
Creation
The Great Dinosaur Mystery
The Hope
Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)
FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide (online)
52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me
God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs
Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
King James Version Gift & Award Bibles
Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings
Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
My Jumbo Bible Story Coloring Book
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry
Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know
Children's resources (online)
Free Bible Stories!
To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at
You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.
Copyright © 2022 - www.childrenschapel.org
North Central Ohio, U.S.A.Webmaster
Last updated December 5, 2022
Welcome!/
What's Here/
Bible Stories/
E-Mail Us/
Around the Piano/
4 Things
Events/
Children's Chapel/
Adult Chapel/
Missing Link/
Links/
Resources