DIE GROOT STRYD
Elia en die Baälprofete
deur Linda Sue Pochodzay Edwards
Text Version | English | Arabic | Italian
Die droogtetoestand het voortgeduur en het erger geword. Daar was skaars enige water ÊRENS te vinde. Die spruite het LANKAL opgedroog en die riviere het kol-kol modderige poele geword. Kos was skaars vir mens en dier. Trouens, baie van die diere het reeds GEVREK weens die gebrek aan gras.
Koning Agab het begin bekommerd raak oor sy EIE kuddes beeste en troppe skape. Hy het Obádja, een van sy diensknegte, geroep.
“Obádja,” het hy gesê, “iets moet gedoen word voor al die diere doodgaan. Ons moet gras en water vind. Gaan jy in een rigting en ek sal in die rigting ander gaan. Daar moet iewers gras wees.”
Toe het Koning Agab en Obádja verskillende rigtings ingeslaan op soek na gras en water.
![]()
Terwyl Obádja hier en daar gekyk en probeer het om modderpoele en gras te kry, het hy 'n man na hom sien aankom. “Ek wonder wie dit kan wees,” het hy gedink. Toe die man nader kom, het Obádja hom herken. “Dit is Elia!” het hy hardop uitgeroep en nader gehardloop om by hom uit te kom.
“Elia! Elia! Is dit regtig JY?” het hy opgewonde gevra.
“Ja, dit is ek, Elia, en ek wil hê dat jy vir my 'n groot guns doen.”
“Wat is dit, meneer?” het Obádja hoflik gevra.
“Ek wil hê jy moet vir Koning Agab gaan vertel dat ek hier is en hom wil sien,” het Elia verduidelik.
Obádja het dadelik baie bang geword. Dit was NIE iets wat hy graag wou doen nie. “Hoe kan jy selfs daaraan dink om so iets vir my te vra?” het Obádja verstom gevra. “Weet jy nie dat Koning Agab jou HAAT nie? Weet jy nie dat die Koning JOU blameer omdat daar geen reën vir al hierdie jare was nie? Buiten dit, soek die Koning jou. Elke keer as hy dink hy weet waar jy is, dan gaan jy weg en niemand kan jou kry nie. As ek vir hom vertel jy is hier, dan sal jy weer weggaan; hy sal JOU en MY wil doodmaak. Ek is jammer, Elia, Ek kan dit net nie doen nie!”
Elia het na Obádja gekyk en geduldig verduidelik, “Dit sal alles goed gaan, Obadja. Ek belowe jou dat ek hier sal wees. Ek belowe jou ek SAL die Koning ontmoet. Gaan nou asseblief en vertel vir hom ek wil graag met hom praat.”;
![]()
“JY! JY! JY is die een wat moeilikheid vir Israel veroorsaak!” het Koning Agab woedend geskree. “JY is die rede waarom ons geen reën gehad het nie!”
“Nee, Koning,” het Elia geantwoord. “JY is die oorsaak van al hierdie probleme. Jy het van Jehova, die enigste ware God, af weggedwaal. Jy aanbid die vals god, Baäl. Jy het die volk Israel laat sondig om afgode te dien. JY het al hierdie moeilikheid vir Israel veroorsaak.”
Elia het voortgegaan met sy toespraak. “Ek wil hê jy moet 450 profete van Baäl en 400 profete van Asjéra bymekaar maak en hulle almal stuur om my te kom ontmoet by die Berg Karmel.”
Koning Agab het gedoen soos Elia gesê het en die profete byeen laat kom. 'n Groot skare van mense het ook saamgekom om te sien wat sou gebeur.
![]()
Elia het voor die skare gaan staan. “Hoe lank gaan julle probeer om Baäl en Jehova te dien? Julle kan nie meer as een god dien nie. As Baäl God is, aanbid hom! As Jehova God is, aanbid Hom! Julle MOET 'n besluit neem. Julle moet die een of die ander kies.”
Toe het Elia gesê, “Ons gaan meeding in 'n stryd om te sien wie die WARE God is.” Hy het hulle beveel om genoeg hout te bring om twee altare te bou — een vir Jehova en een vir Baäl. Hy het hulle beveel om diere vir die offer te bring — een vir Jehova en een vir Baäl.
Die 450 profete van Baäl het hulle altaar gebou. Hulle het die dier vir die offer voorberei. Toe het hulle begin bid: “O Baäl, hoor ons! O Baäl, hoor ons!” Van die oggend tot die middag het hulle aangehou skree.
Elia het hulle gespot en met hulle die draak gesteek: “Wat is verkeerd? Kan julle god julle nie HOOR nie? Het hy op reis gegaan? Waarom antwoord hy julle nie? Miskien gesels hy met iemand anders. Miskien moet julle HARDER skree.”
Middag het verbygegaan en nou het dit laat in die aand geword en die Baälprofete het steeds geskree en geroep op die toppunt van hulle stemme. Baäl het hulle steeds nie gehoor nie.
Elia het die mense wat daarna gekyk het, beveel om rondom hom bymekaar te kom. Hy het 12 klippe geneem vir sy altaar, die hout gebruik wat daarheen gebring was en die dier vir die offer voorberei. Toe het hy inderdaad 'n baie vreemde ding gedoen!
Hy het die mense beveel om vir hom vier kruike water te bring. Dit het vir hulle baie vreemd geklink, maar hulle HET die water gebring. Hy het die water oor die altaar en oor die offer uitgegiet.
Hy het hulle beveel om nog vier kruike water te bring. “Wat is verkeerd met hierdie ou? Weet hy nie daar is 'n waterskaarste nie?” het hulle onder mekaar gemompel. Maar gehoorsaam het hulle die water gebring. Hy het die water op die altaar en oor die offer uitgegiet.
Dit was nie genoeg vir Elia nie. Hy het hulle beveel om NOG VIER kruike water te bring. “Hoeveel water gaan hy nog mors?” het iemand gefluister. Weereens het hulle gedoen wat hulle beveel was en die water gebring. Hy het daardie water ook oor die altaar en die offer uitgegiet. Die offer was deurweek met water. Water het van die hout afgeloop, oor die klippe en tot op die grond. Hy het 'n sloot rondom die altaar gegrawe en dit ook vol water gemaak.
![]()
Toe het hy 'n eenvoudige gebed begin bid:
“Here God, laat die mense weet dat U die ware God van Israel is en dat ek u dienaar is. Laat hulle weet dat ek hierdie dinge gedoen het, omdat U my beveel het om dit te doen. Hoor my, O Here, sodat hierdie mense sal weet dat U die Here God is en dan sal hulle U weer dien.”
SKIELIK, het vuur uit die hemel neergedaal! Dit het die offer verbrand! Dit het die HOUT verbrand! Dit het die KLIPPE verbrand! Dit het selfs al die water wat in die sloot rondom die altaar was opgelek!
Toe die mense dit sien, het hulle van vrees op die grond neergeval en uitgeroep, “Die Here, Hy is God; DIE HERE, HY IS GOD!”
Toe het Elia omgedraai en vir Koning Agab gesê, “Staan op! Eet en drink! Daar sal oorvloed van reën wees!”
Toe het Koning Agab iets te ete en te drinke gehad en Elia het sy dienaar saam met hom na die top van Berg Karmel geneem om tot God te bid en te wag vir die reën. “Kyk na die see en sê vir my of jy enige reën sien kom,” het Elia vir sy dienaar gesê. Die dienaar het in die verte ingestaar, maar geen reën gesien nie.
Elia het aangehou bid.
“Kyk weer,” het Elia hom beveel. Hy het weer gekyk, maar steeds was daar geen reën nie.
Elia het aangehou bid.
Hy het ses keer gekyk en elke keer was daar geen reën nie. Nie eers 'n wolkie was in sig nie.
Elia het nog een keer gebid…
…en die dienaar gevra om weer te kyk.
Hierdie keer het die dienaar 'n klein wolkie ver in die verte oor die see gesien aankom. “Hardloop vinnig!” het Elia beveel. “Gaan sê vir Koning Agab om sy wa gereed te kry en van die berg af te kom voor dit begin reën.”
![]()
Dit was net 'n rukkie voor die lug donker van die wolke geword het.
Die wind het begin waai.
Daar was 'n druppel reën…
…toe nog een.
…en nog een.
Toe was daar 'n groot stortbui.
DIE DROOGTE WAS UITEINDELIK VERBY.
Almal in Israel het verseker geweet dat Jehova die WARE God was en dat Baäl net 'n kamma-god was.
![]()
ONTHOU: Almal moet kies tussen goed en sleg. Dit is onmoontlik om God en die duiwel te dien.
DINK!
1. Hoe lank het die droogte geduur?
2. Waarom was daar geen reën vir so 'n lang tyd nie?
3. Hoeveel profete van God was daar in die stryd?
4. Hoeveel profete van Baäl?
5. Wie het die stryd gewen?
6. Wie is die een ware God?
'N VERS OM TE LEER
“…kies hierdie dag wie julle sal dien…” (Josua 24:15).
ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER:
“Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle
harte nie” (Hebreërs 3:15).
“Nader tot God, en Hy sal tot julle nader”
(Jakobus 4:8).
“Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is Hy
wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my
Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom
openbaar” (Johannes 14:21).
“Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My
liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal
hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom
woning maak” (Johannes 14:23).
“Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en
Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie”
(Johannes 6:37).
PRAKTIESE TOEPASSING
Wie gaan jy vandag kies om te dien en hoekom? Is
dit ander mense of dinge, jouself of die een ware
God?
[Na bespreking:] Die Bybel belowe dat as jy kies
om die een ware God met geloof lief te hê, te
gehoorsaam en dien, sal Hy Homself aan jou
openbaar. Hy sal selfs kom om in jou hart te woon
om altyd by jou te wees.
LAAT ONS BID
****************************************************
Liewe God, dankie dat U my liefhet al maak
ek soms verkeerde keuses. Help my om
U altyd meer as enigiets anders lief te hê en
U te wil dien met my hele hart.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
1 Konings 18:17-46
![]()
![]()
Color the Bible Verse(online)
God Sent Fire from Heaven(online)
Bible Heroes Coloring Book
Elijah on Mount Carmel (online)
Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books
![]()
Arch Books Bible Stories: Elijah Helps the Widow
Arch Books Bible Stories: God's Fire for Elijah
Elijah (online)
Elijah and the Big Showdown
Elijah and the Miraculous Jar of Oil (online)
Elijah Fed by the Ravens and the Widow's son (read online)
Elijah God's Mighty Prophet
Elijah Kingstone Comic Book
Elijah The Hungry Prophet (online)
Elijah/John the Baptist Flip-Over Book
Elijah: Obedience in a Threatening World Fisherman Bibles Studies
Elijah's Prayer (online)
God's Miracle: The Story of Elijah, Bible Wise Series
The God Contest
365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)
![]()
Jigsaw Puzzle (online)
Elijah Crafts and Activities (online)
Elijah And The Prophets Of Baal Quiz (online)
Elijah Fill-In-The-Blanks Test (online)
Elijah Defeats The Prophets of Baal (online)
Elijah Multiple Choice Quiz (online)
Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles
![]()
Days of Elijah (online)
Elijah and the Priests of Baal [Music Download]
He Is Lord (online)
My God Is So Big [Music Download]
We Bow Down (online)
You Are God Alone (online)
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids
Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (online)
25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music
![]()
Crackers, Candy Corn or gummy candy, Chocolate Hazelnut Spread altar (online)
Elijah Crafts and Activities (online)
Fiery Cupcakes (online)
Popsicle Sticks Altar (online)
Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]
Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)
The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible
![]()
1 Kings 18 - Eljah audio drama (listen online)
Elijah and the Prophets of Baal (watch online)
Elijah the Prophet (watch online)
Little Big Heroes: Elijah (watch online)
Superbook: Elijah and the Prophets of Baal (online)
The Choice Between God And Baal Audio Story (online)
The World's Greatest Stories KJV V1: The Prophets - Audiobook [Download]
All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs
RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS
Elijah And The False Prophets Of Baal (online)
Elijah and the Secret of His Power
Elijah Crafts and Activities (online)
Elijah: Obedience in a Threatening World Fisherman Bibles Studies
Elijah On Mount Carmel (online)
Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)
FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide (online)
52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me
God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs
Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles
Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings
Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry
Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know
Children's resources (online)
![]()
Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.
Free Bible Stories!
To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at
You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.
AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html
Webmaster
Last updated July 8, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images
Welcome! *
What's Here *
Bible Stories
E-Mail Us *
Around the Piano *
4 Things
Events *
Children's Chapel *
Adult Chapel
Missing Link *
Links *
Resources