The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids Van die Here Gebid deur Sophia Prinsloo *Text Version* | *English* Flower readers graphic Samuel het van die skool af gekom met 'n donderwolk wat oor hom gehang het. Hy het sonder om sy ma te groet in sy kamer ingemarsjeer en die deur toegeklap. Tok-tok-tok. Het sy ma aan die deur geklop en dit suutjies oopgemaak, "Samuel, wat makeer? Wat het gebeur?" Samuel het op die mat gesit met sy rug teen die muur en sy kop op sy arms. "Wat is fout, my kind?" Hy wou eers niks sê nie, maar toe hy dit nie meer kon inhou nie, het Samuel dit uitgeblaker, "Ma, hoe kon julle my naam verkeerd gespel het op my geboortesertifikaat? Nou moet ek vir die res van my lewe met die skande van 'n verkeerd gespelde naam rondloop. Die mense sal dink ek kan nie spel nie en my terg en spot!" Sy ma het merkbaar verlig gelyk en 'n deernisvolle glimlag het oor haar gesig versprei, "My liewe kind, jou naam is nie verkeerd gespel nie." Sy tel sy Bybel van sy bedkassie af op en sê vir hom, "Kom kyk, ek wys vir jou dit is net so gespel soos dit in die Bybel staan." Samuel het dadelik nuuskierig nader gestaan, terwyl sy ma geblaai het tot by 1 Samuel 1 in die Ou Testament en met haar vinger vir hom gewys het. "Sien jy nou daar, jou naam is nie verkeerd gespel nie, maar kom ek vertel vir jou wat jou naam beteken. Die 'Samu' beteken 'het gehoor' en die 'el' beteken 'God' en daarom beteken Samuel 'God het gehoor.' Kom ek vertel jou van Samuel in die Bybel en hoe hy sy naam gekry het." flower line graphic "Daar was 'n man met die naam Elkana. Hy het twee vrouens gehad soos baie mans in daardie ou tyd. Die een vrou se naam was Hanna en die ander een s'n Peninna. Hoewel Elkana baie lief was vir Hanna, het sy nie kinders gehad nie, maar Peninna het seuns en dogters gehad. "Elke jaar het Elkana en sy hele gesin uit hulle stad in die Efraimsgebergte na die stad Silo gegaan waar die tempel was om God te aanbid en offers aan Hom te bring. "Nadat Elkana die offers gebring het, het hy vir Peninna en al haar kinders hulle deel van die offervleis gegee. Vir Hanna kon hy net een deel gee, maar dit was 'n dubbele deel, omdat hy haar liefgehad het. Peninna het haar egter gespot en bitterlik geterg omdat sy nie kinders gehad het nie. Dit het Hanna so ontstel dat sy glad nie wou eet nie. Selfs Elkana kon haar nie troos nie. "Na die offermaaltyd het Hanna by die tempel gaan bid. Sy was so hartseer dat sy onbedaarlik gehuil het, terwyl sy in haar hart tot die Here gebid het. Sy het 'n gelofte voor die Here afgelê: 'Here, Almagtige God, as U tog my ellende raaksien en dink aan my, u dienares, en my nie vergeet nie, maar vir my 'n seun gee, sal ek hom vir U gee so lank as wat hy leef en as teken daarvan, sal sy hare nooit afgesny word nie.' "Eli, die priester, wat op sy stoel langs die deur van die tempel gesit het, het haar gesien. Hy kon haar lippe sien beweeg, maar kon nie hoor wat sy sê nie en daarom het hy gedink dat sy dronk was. Hy sê toe vir haar, 'Hoe lank wil jy aanhou drink en jou soos 'n dronk mens gedra? Moenie meer drink nie!' "Hanna het egter vir hom gesê, 'Meneer, ek het nie drank gedrink nie en ek is nie sleg nie! Ek is net 'n vrou wat baie hartseer is en ek het my hart voor die Here uitgestort.' "Eli het toe vir haar gesê, 'Gaan in vrede en mag die God van Israel vir jou gee wat jy van Hom afgesmeek het.' Hanna is toe daar weg met blydskap op haar gesig en sy het met vrede in haar hart gaan eet, omdat sy geglo het dat God haar gebed verhoor het. "Terug by die huis, het Hanna swanger geword en 'n seuntjie is vir haar gebore. Sy het hom Samuel genoem, want sy het gesê, ek het hom van die Here gebid. Toe Elkana-hulle weer na Silo toe gegaan het, het sy nie saamgegaan nie, want sy wou eers vir Samuel speen voor sy hom vir altyd by die tempel laat bly het. Voor hy vertrek het, het Elkana vir haar gesê, 'Mag die Here net sy woord bevestig.' "Nadat sy Samuel gespeen het, het hulle weer na die tempel in Silo vertrek om offers te bring. Daar het Hanna vir Samuel, toe hy nog 'n klein seuntjie was, vir Eli gewys en gesê, 'Meneer, ek is die vrou wat hier voor u gestaan het om tot die Here te bid. Ek het hierdie seuntjie van die Here afgesmeek en Hy het my gebed verhoor. Nou het ek die seuntjie gebring sodat hy sy hele lewe lank die Here toegewyd hier in die tempel kan dien.' "Toe het groot blydskap Hanna se hart oorweldig en sy het met gejubel die Here hardop geloof en geprys vir sy grootheid, sy geregtigheid en sy wonderwerke. Daarna het Elkana en sy gesin huistoe gegaan, terwyl Samuel in die tempel in Silo gebly het en die Here gedien het onder toesig van Eli, die priester." "Baie dankie vir die storie, Ma. Vergewe my asseblief dat ek ongeskik was," het Samuel gesê terwyl hy sy arms na sy ma uitgesteek het. "Dis 'n plesier en ek vergewe jou, my liewe seun," het sy ma geantwoord terwyl hulle mekaar 'n drukkie gegee het. Samuel het 'n vraag gehad om te vra, "Ma, as ek mag vra, het Ma my ook van die Here afgesmeek soos Hanna?" Samuel se ma het geglimlag, "Ek was nou nie kinderloos soos Hanna nie, maar ek het wel die Here vir jou gevra en ek bid nog steeds dat Hy met jou sal wees en dat jy Hom ook jou hele lewe lank sal dien." flower line graphic DINK! Wat was Elkana se vrouens se name? Waarom was Hanna so hartseer en wou sy nie eet nie? Wat het sy by tempel gaan doen? Wie het haar gesien bid? Waarom het haar hartseer verander in blydskap, sodat sy weer kon eet? Wat beteken Samuel? ONTHOU: Die Here verhoor ons gebede as ons uit ons hart uit bid, selfs al bid ons nie hardop nie. 'N VERS OM TE LEER "Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag" (Jakobus 5:16b) LAAT ONS BID **************************************************** Liewe God, baie dankie dat ons tot U kan bid wanneer ons hartseer is. Baie dankie dat U ons gebede verhoor as ons uit ons hart uit bid, al is dit nie hardop nie, want U ken ons harte. In Jesus se Naam. Amen. **************************************************** KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND? 1 Samuel 1 — 2:11 flower line graphic BIBLE STORY ARCHIVE childrenschapel.org/bibstory2.html Add/update a Bible story resource Copyright © 2016 by Sophia Prinsloo. You may NOT re-post this Bible story. However, you may freely link to it, provided visitors can see our web address when they click on the link. Free Bible Stories! To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe... " at tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request. IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list. Copyright © 2016 www.childrenschapel.org North Central Ohio, U.S.A. Pictures Courtesy of Free Bible Images TOP OF THE PAGE Webmaster Last updated December 27, 2016. Next page Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources