The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

The Story of Easter in Afrikaans


Deur Linda Sue Pochodzay Edwards

Text Version | English | Arabic | Greek | Italian

Jesus on the cross Wat ‘n verskriklike hartseer dag was dit vir Jesus se vriende! Hulle het hartseer gestaan en kyk terwyl Jesus aan die kruis gehang het, sterwend. Hulle het nie heeltemal verstaan waarom dit moes gebeur nie.

Hulle het geglo dat Jesus die Seun van God was en hulle het onthou hoe Hy die siekes gesond gemaak en blinde mense laat sien het. Hulle het onthou hoe Hy duisende mense gevoed het met net ‘n paar broodjies en vissies. Hulle het selfs onthou hoe Hy veroorsaak het dat dooie mense weer lewendig geword het. Hy was so 'n goeie, vriendelike man; waarom moes Hy doodgaan?

Joseph and Nicodemus carry Jesus to a tomb to bury Him Net voor die son begin sak het in die weste, het Josef, een van Jesus se vriende, opgelet dat Jesus nie meer asemhaal nie. Hy het vinnig na Pilatus gegaan om hom te vra of hy die liggaam van Jesus kon kry om Hom te begrawe. Toe Pilatus instem, het Josef en Nikodémus (‘n ander vriend) Jesus se liggaam versigtig in skoon doeke toegedraai. Toe het hulle Hom na ‘n graf, wat in rots uitgekap was, geneem om Hom te begrawe.

Die volgende dag, het die Fariseërs begin om aan Jesus te dink. Hulle was die mense wat Jesus wou doodmaak. Hulle het onthou hoe Hy hulle geleer en gesê het dat Hy na drie dae weer sou opstaan. Hulle was bang dat dit dalk waar kon wees! Hulle het ook gedink dat Jesus se dissipels dit sou onthou en dat hulle dalk kon probeer om die liggaam uit die graf te steel, sodat hulle kon sê dat Jesus weer opgestaan het. Hulle het na Pilatus toe gegaan en voorgestel dat die graf toegemaak moes word met ‘n groot steen en dat wagte rondom die graf geplaas moes word.

Net voor daglig die volgende dag, het die wonderlikste ding gebeur! Daar was ‘n GROOT AARDBEWING! ‘n ENGEL van die Here het neergedaal uit die hemel, die reusagtige steen weggerol van die deur van die graf af en daarop gaan sit. Die wagte het van vrees begin bewe! Hulle het op die grond neergeval asof hulle dood was!



spring flowers


Jesus is alive Maria en sommige ander vroue het besluit om baie vroeg die volgende oggend op te staan om die graf te gaan besoek waar Jesus neergelê was. Terwyl hulle met die pad af geloop het, het hulle bespreek hoe hulle by die graf gaan inkom. Hulle het speserye en parfuum saamgebring en wou dit op Jesus se liggaam plaas. Hulle het geweet van die groot steen wat voor die ingang gerol was en hulle het nie ‘n idee gehad hoe hulle dit sou wegrol nie.

Wat ‘n VERRASSING het hulle gekry toe hulle by die graf kom! Die steen was reeds weggerol! En . . . daar was ‘n ENGEL wat op die steen gesit het! Die vroue was nogal bang, maar die engel het baie liefdevol met hulle gepraat:

women at the tomb

“Moenie bang wees nie. Ek weet dat julle gekom het om Jesus te sien. Hy is nie hier nie; want Hy het opgestaan, net soos Hy gesê het. Kom binne en kyk na die plek waar Hy gelê het.”

Die vroue het die graf binnegegaan en dit leeg gevind, net soos die engel gesê het.

Die engel het weer ‘n keer met die vroue gepraat:

“Gaan gou en vertel die ander dissipels dat Jesus uit die dood opgestaan het; en dat Hy na Galiléa gaan waar julle Hom sal sien.”

spring flowers

Peter decided that he needed to find out for himself Die vroue het presies gedoen soos die engel hulle beveel het. Hulle het met ontsag en groot blydskap vinnig van die graf af gehardloop na die ander dissipels toe om die goeie nuus aan hulle te gaan vertel. Maar . . . toe die vroue vir Petrus en die ander vriende die goeie nuus probeer vertel het . . . het niemand hulle geglo nie!

Toe die vroue aanhou, het Petrus besluit dat hy self moes gaan uitvind of dit waar is.

Hy het die hele pad na die graf gehardloop.

Hy het daar ingegaan.

Hy het die doeke, wat om Jesus gedraai was gesien, maar die liggaam was nie daar nie.

Hy het gewonder of dit dalk regtig waar kon wees. Het Jesus regtig uit die dood opgestaan? Was Jesus regtig lewendig?



spring flowers


Twee van Jesus se ander vriende het op reis gegaan na die dorpie genaamd Émmaüs. Terwyl hulle geloop en praat het, het hulle al die dinge wat oor die laaste paar dae plaasgevind het, bespreek. ‘n Man het nader gekom en saam met die groep geloop. Hy het saam met hulle gestap en wou deel hê aan hulle gesprek. Kléopas het die man begin vertel oor hoe Jesus aan die kruis gehang het. Hulle het gepraat oor hoe die vroue die leë graf gekry het.

Soos wat hulle hul reis voortgesit het, het hulle die man binnegenooi om saam met hulle te aandete te geniet. Toe hulle gaan sit het om hulle maaltyd te nuttig, het die man ‘n broodjie opgetel en dit in stukke gebreek. Toe het Hy oor die maaltyd gebid en die brood vir die mans gegee. Op daardie presiese oomblik het hulle besef dat die man JESUS was! Hulle het die hele tyd met Jesus gepraat en dit nie eers geweet nie!

They talked about the wonderful time they had talking with Jesus

Toe . . . het NOG ‘n vreemde ding gebeur. Onmiddellik nadat hulle besef het wie regtig saam met hulle om die tafel gesit het . . . het Jesus verdwyn! Hulle het gepraat oor die wonderlike tyd wat hulle gehad het toe hulle met Jesus gesels het op die pad en hulle kon nie help om te praat oor sy vreemde verdwyning nie. Hulle het van hulle tafel af opgestaan en teruggegaan na Jerusalem waar hulle al die ander dissipels die goeie nuus vertel het, dat Jesus REGTIG uit die dood opgestaan het en met hulle gepraat het.

As they were talking Jesus appeared to them Terwyl hulle nog daarvan vertel het, het Jesus weer aan hulle verskyn. Hulle was bang en het gedink hulle sien ‘n spook, maar Jesus het hulle beveel om nie bang te wees nie. Hy het vir hulle Sy hande en voete gewys waar Hy aan die kruis vasgenael was, sodat hulle kon glo dat dit regtig Hy was.

Toe hulle die spykergate in Sy hande en voete sien, het hulle uiteindelik geglo dat Jesus uit die dood opgestaan het, net soos Hy gesê het Hy sou. Hulle was soooo bly en vol vreugde om hulle vriend weer by hulle te hê. Hulle was soooo opgewonde dat hulle net ALMAL die goeie nuus dat JESUS LEEF wou vertel!

Christ is risen

DINK!

1. Waarom was Jesus se vriende so treurig?
2. Waarom was daar wagte rondom die graf geplaas?
3. Wat het veroorsaak dat die groot steen beweeg het?
4. Wie het die eerste binne-in die graf gekyk?
5. Waarom was Jesus se liggaam nie in die graf nie?
6. Wat het die engel vir Maria en die vroue saam met haar gesê?

ONTHOU:

Jesus Leef!


‘N VERS OM TE LEER

“Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan” (Lukas 24:6).


PRAKTIESE TOEPASSING

Om te weet dat Jesus leef, help my deur vir my hoop te gee. Kan jy aan dinge dink waarom die
wete dat Jesus leef jou help?

[Na bespreking:] Omdat Hy leef, sien ek kans vir more. Omdat Hy leef, verdwyn my vrees.
Omdat Hy leef, ja Hy leef, Hy hou die toekoms. Die lewe is die moeite werd omdat Hy leef.
Om te weet dat Jesus leef, help ons deur vir ons moed, vrede en krag, die hoop op die ewige
lewe en ‘n rede om te lewe te gee.

Beleef jy iets baie moeilik by die huis of by die skool? Jesus leef regtig. Hy het belowe
om jou nooit alleen te laat nie. Hy sal daar wees as jy Hom om hulp roep. Laat ons nou eers
stop en God dank vir alles wat Hy vir ons gedoen het en Hom vra om ons te help om nooit die
gawe van die ewige lewe wat Hy vir ons geskenk het te vergeet nie.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Liewe God, dankie dat U u Seun, Jesus, gestuur
het om vir ons sondes te sterf. Dankie dat Hy
uit die dood opgestaan het en nou leef; en
omdat Hy leef, ons die ewige lewe kan hê.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

Matthéüs 27:55 - 28:10
Markus 15:40 - 16:14
Lukas 23:47 - 24:35
Johannes 19:38 - 20:21

Duck with basket

Click Here for a Whole Page Full of Easter Resources

JUST FOR FUN

crayons

COLOR A PICTURE

He's Alive! (online)
He Is Risen (online)
He Is Not Here (online)
Boy at the Cross (online)
Easter Color and Cut Out Activity Book
Easter Hidden Pictures Activity Book (ages 8 to 10)
Easter--The Greatest Gift Activity Book (ages 8 to 10)
Jesus Lives Easter Coloring Book (ages 2 to 4)
Jesus Loves Me Cross (online)
Jesus on the Cross (online)
Jesus Rose From the Dead (online)
The First Easter Coloring Book (ages 5 to 7)


crafts
DO A CRAFT

Plant an Easter Garden (online)
Easter Crafts (online)
Easter Crafts and Activities
Puppet Crafts For Kids (online)
The Angel Rolled the Stone Away Craft (online)


birds singing

SING A SONG


Alive, Alive, Alive Forevermore - Cedarmont Platinum Collection [Music Download]
Because (online)
The Miracle (online)

Alive, Alive!
Cedarmont Kids Easter Favorites
Donut Man: The Resurrection Celebration (watch online)
Donut Man On Tour & Resurrection DVD (includes Jumping Up & Down)
He Paid a Debt He Did Not Owe (watch online and sing along)

He's alive, He's alive, He's alive for evermore.
Jesus is risen from the dead!
(watch online and sing along)

I've Got No Doubt — Donut Man (online)
Jesus, Thank You for the Cross (MP3) (online)
Jumping Up and Down (online) (The Donut Man)
VeggieTales: The Easter Song (online)
Wounded for Me (watch online)


child reading a book
READ A STORY

Benjamin's Box: The Story of the Resurrection Eggs

Easter Arch Books on CD: The Week That Led To Easter &
Jesus Washes Peter's Feet (2 books and 1 CD)


Jesus Is Alive
Kids Present the Easter Story (watch online)
Ready, Set, Find Easter
My Happy Easter Book (Revised) Easter Arch Books
The Beginner's Bible The Very First Easter
The Story of the Empty Tomb Arch Books


activities
DO A FUN ACTIVITY

Jesus Is Alive Puzzle (online)
Beginner's Bible: Come Celebrate Easter, Sticker & Activity Book
Jesus Saves - Online Game (online)
Resurrection of Jesus - Word Search (online)
Easter - A Time for Rejoicing - Online Word Search (online)


06515X: Resurrection Eggs, 30th Anniversary Edition
Resurrection Eggs

Resurrection Rolls - Snack Activity (online)


CDs and Videos
WATCH OR LISTEN

Ethel Barrett tells the story of Jesus' Death and Resurrection (watch online)
Jesus is Alive! | Easter Message for Kids (watch online)
Jesus Storybook Bible Collector's Edition
An Easter Carol (Re-Issue), DVD (Veggie Tales)
An Easter Carol (watch online)
Resurrection—A Max Lucado Story
The Easter Story (watch online)
'Twas The Night Before Easter (Veggie Tales)
VeggieTales: What is Easter All About? The True Meaning of Easter!


TEACHER RESOURCES

A whole page of Easter resources (online)
Free Bible images to go along with this story (online)
Jesus Is Crucified - Story and Activities (online)
Jesus Is Risen - Story and Activities (online)
Peter and John Visit Jesus' Tomb - Story and Activities (online)
Teach the Easter Story Using Technology (online)

Children's resources

Duck with basket

The Childrens Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2024 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.

Permission is granted to reproduce this page
for ministry purposes only. Not for resale.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated March 25, 2024
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources * Donate