The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids


holly

DIE GROOTSTE GESKENK
Deur Jennifer Leigh Edwards
Text Version | English | Greek | Italian
(Die Storie van die Geboorte van Jesus)

holly


gifts Josephine was so opgewonde dat sy in die kamer rondgespring het van blye verwagting. Sy het gewag en gewag dat hierdie dag moes kom. Dit was haar verjaarsdag en sy gaan partytjie hou saam met al haar vriende. Sy het geweet daar sou speletjies wees om te speel, 'n spesiale koek met haar naam op wat net vir haar gemaak is, roomys en natuurlik, baie geskenke om oop te maak.

Daar was een spesifieke geskenk wat haar die gelukkigste meisie in die hele wêreld sou maak. Sy het haar ouers oor en oor gevra vir hierdie geskenk, maar hulle het altyd gesĂȘ dat sy moes wag totdat sy bietjie ouer was. Wel, vandag sal sy sewe jaar oud wees en sy was seker dat sy oud genoeg was vir hierdie spesiale geskenk. Sy het hoop op hoop gehad dat haar ouers ook gedink het sy was.

girl opening gifts Een vir een het sy die geskenke, wat al haar vriende vir haar gebring het, oopgemaak — 'n POP, 'n SPELETJIE, 'n OPGESTOPTE DIERTJIE, 'n paar BOEKE en selfs KOSTUUMS. Sy was verheug oor al haar geskenke en het almal met blydskap bedank dat hulle so goed was vir haar. Die partytjie was tonne pret en almal het 'n wonderlike tyd gehad.

Teen die einde van die partytjie, het haar ouers vir haar 'n paar geskenke gegee om oop te maak. Toe sy die geskenkpapier van die eerste boks afgeskeur het, het sy twee bakke gekry. “Waarvoor sal ek hierdie goed ooit nodig hê?” het sy teleurgesteld en amper in trane gevra.

Ma het geglimlag en geantwoord, “Moet nog nie te teleurgesteld wees nie. Jy sal nooit weet wat in die volgende pakkie is nie.” Sy kon haarself net indink aan die blydskap wat binnekort haar dogter se hart sou vul.

girl opening gifts Volgende het Josephine 'n pakkie met klein opgestopte diertjies oopgemaak. Sy het van hulle gehou, maar dit was glad nie wat sy wou gehad het nie. Sy het 'n vals glimlag op haar gesig gesit en haarself herinner aan wat haar ma pas gesê het toe sy haar nog 'n geskenk gegee het. Hierdie keer toe sy die pakkie oopmaak, kon sy skaars haar vreugde inhou. “'N HALSBANDJIE!!! Kan dit wees?” Josephine het gewonder. “Kan dit regtig wees dat ek die GROOTSTE GESKENK OOIT gaan kry?

Meer opgewonde as ooit tevore, het sy aangehou geskenke oopmaak. Sy het die KOS, die BED en die selfs die REISMANDJIE gekry. Sy en haar vriende het meer en meer opgewonde geraak met elke geskenk wat sy oopgemaak het, maar steeds was daar geen hondjie nie.” Josephine was 'n bietjie moedeloos nadat sy die heel laaste geskenk oopgemaak het. “Maar, Ma!” het sy gekla. “Waarom het julle vir my al hierdie goed gegee as ek nie eers 'n hondjie het nie?”

Haar Pa het haar teleurstelling gesien en baie vinnig na die motorhuis gegaan. “Verskoon my asseblief,” het hy gesê. “Ek dink ons het vergeet van nog een persent vir Josie.” Toe hy terugkom binnetoe, het Josie 'n sagte tjank gehoor en die getikkeltak van klein pootjies op die kombuisvloer. Skielik was daar in haar skoot die mooiste, sjokolade bondeltjie vreugde wat sy nog ooit gesien het.

girl with dog

Sy het vir 'n paar minute met die hondjie gespeel en het gegiggel toe hy haar gesig met sy growwe, nat tong gelek het. Toe het sy opgespring en haar pa die styfste drukkie gegee wat sy hom nog ooit gegee het. Na al die wag en verwagting, het sy uiteindelik die Grootste Geskenk van almal gekry.

holly

Laat ons nou gesels oor nog 'n Groot Geskenk.

cradle 'n Lang, lang, lang, lang tyd gelede, in 'n dorpie baie ver weg, was daar 'n man met die naam van Josef, wat 'n jong meisie genaamd, Maria, baie liefgehad het. Maria was deur God vertel dat sy die moeder van 'n baie spesiale baba seuntjie sou wees. Sy was so opgewonde! Sy kon nie meer wag om haar baba in haar arms te hou nie. Sy het klere vir die baba gemaak en Josef, wat 'n goeie skrynwerker was, het dinge gemaak wat die baba nodig sou hê, soos 'n wiegie en spesiale, kind-grootte meubels. Hulle het angstig op die geboorte van hulle nuwe seun gewag. Dit gevoel of daardie dag net nie vinnig genoeg kon kom nie.

holly

Eendag, het hulle nuus ontvang dat die koning wou hê almal moes getel word. Hy wou nie net al die mense in een dorp, of twee dorpe, of selfs drie dorpe tel nie. Hy wou al die mense in die hele koninkryk tel. En die koning het nie gedink dit sal goed genoeg wees om eenvoudig van een huis na 'n ander te gaan om te bepaal hoeveel mense daar is nie. Nee, hy wou hê dat elke persoon teruggaan na die dorp waarin hulle gebore is om amptelik getel te word.

Mary and Joseph riding on a donkey Maria en Josef het haastig hulle klere en ander benodigdhede vir die lang reis ingepak. Niemand het karre of enige ander voertuie in daardie dae gehad nie, maar hulle het 'n donkie gehad om hulle te help om hulle vrag te dra. Soms het hulle op die stowwerige paaie geloop en soms sou Maria op die donkie ry om haar seer voete te laat rus. Dag vir dag, nag vir nag, het hulle aanhou beweeg. Wanneer dit nag geword het, het hulle probeer om 'n kamer te kry in 'n herberg, sodat hulle 'n goeie nag se rus kon inkry. Maar soms, omdat daar so baie mense was wat geforseer was om te reis, was dit nie moontlik om 'n kamer te kry nie, omdat al die kamers beset was. bells

Dit was 'n baie lang, baie stowwerige, baie uitputtende reis. Uiteindelik het hulle een aand die klein liggies in die verte gesien. “Ons is amper daar,” het Josef vir Maria vertel. Toe het hulle begin om effens vinniger te beweeg. “Bethlehem is 'n pragtige stad van hier af!” het Maria uitgeroep. “Ek wonder of dit net so mooi van binne is?”

Mary and Joseph at the Inn Toe hulle binne die stad se hekke was, het Josef probeer om 'n kamer in die herberg te kry. Ongelukkig moes die herbergier hom wegwys. “Ek is jammer,” het hy gesê. “Daar is net nie meer kamers nie.”

lamb

“Maar ons reis nou al vir dae en ons is so moeg. Is jy seker daar is nie vir ons plek om te stop en te kan rus nie. Josef het so kalm as wat hy kon, gevra. Dit was al baie laat en hy het baie gefrustreerd geraak, maar hy het probeer om vriendelik en geduldig te wees.

Die herbergier het sy probleem verstaan en het medelye met hom gehad, “Wel, daar is steeds geen kamers nie, maar ek kan julle die stal aanbied.” 'n Stal is eintlik 'n skuur. Dit is 'n plek waar herbergiers die diere, wat saam met sy gaste gereis het, gehou het. Dit was nie 'n baie goeie plek om te slaap nie. Daar was geen beddens nie en dit het sleg geruik weens die verskeidenheid van diere, maar dit was 'n skuiling waar hulle die nag kon slaap.

donkey Josef het die herbergier vir sy vriendelikheid bedank en het die donkie na die stal gelei. Maria het hope strooi bymekaargemaak om 'n soort van gemaklike bed te maak. Hulle het gaan lê vir die nag en was uiteindelik in staat om te slaap.

Mary and Joseph and Baby Jesus Maar, skielik, het Maria wakker geword. Sy het omgedraai om vir Josef wakker te maak. “Wat is dit?” het Josef slaperig gevra. “Ek dink die baba gaan vannag kom!” het Maria opgewonde gesê. Josef het regop gespring en heeltemal vergeet hoe slaperig hy was.

Daardie nag is die spesiale baba wat aan hulle belowe is, gebore. Maria het van blydskap gehuil en hom saggies teen haar vasgedruk. Josef het sy beurt geneem om die baba vas te hou. Hulle het nie lank geneem om te besluit wat om die baba te noem nie, want God het reeds vir hulle die naam gegee. Josef het die baba opgehou en gesê, “Sy naam sal JESUS wees.”

Hulle het hom in sagte doeke toegedraai om hom warm te hou en Maria het 'n bed van strooi in die krip, wat gewoonlik gebruik word vir die strooi wat die koeie vreet, gemaak. Dit was 'n wonderlike nag daar in die klein stal! Baba Jesus, die GROOTSTE GESKENK AAN DIE WÊRELD, was daardie nag gebore.

holly

DINK!

1. Waarom moes Maria en Josef reis?
2. Waarom moes hulle die nag in 'n stal deurbring?
3. Wat is 'n krip?
4. Wat het Maria en Josef die nuwe baba genoem?



ONTHOU!

God het ons die grootste geskenk van almal gegee: JESUS!



'N VERS OM TE LEER

“En sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê” (Lukas 2:7a).



PRAKTIESE TOEPASSING

Wat is van die beste geskenke wat jy al ooit ontvang het? Was jy opgewonde om dit te ontvang? Moes jy vir 'n tydperk soet wees voordat jy die geskenk kon ontvang? Het jy al ooit 'n geskenk geweier of het jy elke geskenk wat aan jou gegee is met 'n blye hart aanvaar? Wat van die mense wat vir jou die geskenk gegee het? Was hulle bly om vir jou die geskenk te gee? Weet jy hoekom Jesus die grootste geskenk is wat God vir jou kan gee?

[Na bespreking:] Jesus is die grootste geskenk wat God vir jou kan gee, want Hy is die enigste manier waarop jy 'n kind van God kan word. God was so bly om sy Seun Jesus vir jou te gee omdat Hy baie lief is vir jou. Dit maak nie saak hoe goed of sleg jy was nie. Jy hoef net sy gawe te aanvaar en in Hom te glo. As jy dit doen, kan jy ook al die ander hemelse seëninge en gawes ontvang wat God vir jou wil gee.

As jy Jesus as God se grootste geskenk aan jou wil ontvang, sê vir God jy aanvaar Jesus en jy glo in Hom. Nou, as jy bly is oor hierdie geskenk van Jesus wat jy ontvang het, gaan vertel die volgende drie mense wat jy teëkom daarvan en nooi hulle om Jesus ook as geskenk te ontvang.


LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Liewe Hemelse Vader, dankie vir hierdie
spesiale tyd van die jaar waarin ons kan pret hê en
tyd deurbring met ons familie, maar, die belangrikste van alles,
dankie dat U u Seun, JESUS, Wie
die Beste Geskenk van Almal is, gestuur het. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Lukas 2:1-7



We found a great source for Christian books, music and supplies in Africa.
Christelike Uitgewersmaatskappy (C.U.M.)



JUST FOR FUN

An Entire Page of Christmas Activities and Resources


crayons

Journey to Bethlehem Coloring Page (online)
Baby Jesus Is Born Coloring Page (online)
Mary, Joseph, and Baby Jesus Coloring Page (online)
The Greatest Gift Coloring Page (online)

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


activities

Jigsaw Puzzle (online)
The Greatest Gift Word Search (online)
The Greatest Gift Crossword Puzzle (online)
Christmas Hidden Pictures Coloring & Activity Book, Ages 6-10
Nativity Playset

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles Sticker Books


crafts

Angel Crafts (online)
Baby Jesus Crafts (online)
Christmas Angels and Shepherds Crafts (online)
Three Wisemen Paper Craft (online)

Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)

The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible


singing birds

A Gift to You (sing along)
Born in a Barn (sing along)
Cedarmont Kids Christmas Favorites
Christmas Makes Me Sing (sing along)
Don't Worry, Mary (sing along)
Gospel Christmas Songs, Compact Disc [CD] by Cedarmont Kids
He Is the Gift (sing along)
Here Is My Life, Lord (sing along)
Jesus Joy of the Highest Heaven (online)
Lord, I Give You My Best Today (sing along)
25 Christmas Songs Kids Love [Music Download]
When We Seek Him (sing along)
With All My Heart (sing along)

100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
Sunday School Song Medley (online)
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music


child reading a book

The Christmas Story for Children by Max Lucado
Small Donkey (online)
One Night in Bethlehem
When Jesus Was Born - Arch Books
The Real Meaning of Christmas - Linus to Charlie Brown (online)

365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)


CDs and Videos

Christmas Carols DVD
Christmas Carols CD
It's A Meaningful Life DVD
The First Christmas: The Birth of Jesus by Superbook
The Savior (animated)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs


For Parents and Teachers

Faith Quest Birth Narrative - Lesson Plan (online)
Welcoming Baby Jesus - Lesson Plan (online)
Journey to Bethlehem - Lesson Plan (online)
One-Rehearsal Christmas Plays: The Easiest Christmas Plays Ever!
More Christmas Christian Resources
The Birth of Jesus Children's Curriculum (online)


Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)

holly
The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated December 11, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources